Replies

  • ñ Groot week van afwagting is verby, want my boek het gearriveer en dit is met groot opgewondenheid dat ek dit oopmaak. Ek kan net sê baie geluk aan Josef en Hennie vir ñ puik stuk werk. Die boek bespreek alles wat fotografie aanbetref, van die mees basiese tot die mees gevorderde tegnieke en word deur pragtige foto's visueel ondersteun. Om so ñ boek aan te pak en suksesvol deur te voer verg groot kennis en ervaring, wat beslis nie by die twee meester fotograwe kortskiet nie. Ek kan maar net sê dat elke Fotoskoler baat kan vind deur die boek aan te skaf en te verseker dat jy jou fotografie daardeur kan bevorder. Nogmaals baie dankie en weer ñ GROOT GELUKWENSING van my af. Groetnis. Willie

  • Hierdie boek volg op die vorige suksesvolle boek van Josef Steyn en Hennie Cronje, getitel Digitale Fotografie wat handel oor die basiese beginsels van fotografie.

    Josef en Hennie se nuwe boek handel oor Komposisie en Ontwerp. Dit is 'n omvattende handleiding met baie mooi voorbeelde en is aanvullend tot die eerste boek.

    Hierdie boek het 'n goed gedetaileerde indeks van 4 bladsye. Enige van die omvattende besprekings kan maklik nageslaan word deur eenvoudig op die bladsy nommer te klik.

    Ek het beide digitale weergawes aangeskaf en beveel die nuwe boek sterk aan vir diegene wat fotografie as 'n stokperdjie beoefen en dit na 'n hoër vlak wil neem.  

  • My gedrukte boek het gister gekom en ek is super opgewonde daaroor. Ek kan dit nie beter stel as wat Rika dit reeds gedoen het nie. Baie geluk aan Josef en Hennie met hierdie meesterstuk. 'n Nuwe denkrigting het vir my oop gegaan tov komposisie en ontwerp

    Aan die lede wat nog nie die 2 boeke aangeskaf het nie.......julle mis geweldig uit. Maak 'n geskenk "van my, aan my" en kry die boeke. Julle sal nie spyt wees nie

  • Josef, ek kry binnekort 'n nuwe Windows-pakket vir my rekenaar;  sodra alles nuut terug is by my vanaf die tegnikus, sal ek finaal besluit of ek die e-boek of die oorspronklike boek wil bestel.

    Groete, Tina

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html