Dankie Anita vir al die tema idees

Nou ja julle oulike maters,hier is ons boom bang binne in 2016.Baie voorspoed van my en Huey af en mag die nuwe jaar vir elkeen van julle net mooi wees en mag Christus se genade en liefde elke dag saam met julle wees

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om vir Anita baie,baie,baie dankie te se vir al die tema idees wat sy so getrou elke maand vir ons gee.Ek haal my hoed vir haar af.Soveel idees soveel fotos.......baie dankie Anita.Ek glo elkeen van ons,wat aan die temas deelneem,stem met my saam

Ek wil n GROOT versoek rig aan elkeen wat 'n aktiewe lid van fotoskool is en gereeld die tema ding doen........kom ons help vir Anita met idees en tema voorstelle.As elkeen van ons met net 3 idees, hierdie forum antwoord,gaan daar sommer 'n hele klomp wees waarmee Anita kan werk.Ek dink ons kan help.........wat dink julle??????

My drie is :

1.Krane (huis,tuin of industrieel)

2.Grond paaie of Strate

3. Skryfbehoeftes (penne,potlode,kryte ens)

Groete

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Ai julle is darem oulik en aan kreatiwiteit ontbreek dit nie. Dankie Elna en Anita en Dorothea. Vida ek stem saam met jou, kon nog altyd die argief besoek vir die temas. Sal bietjie dink en weer van my laat hoor. Mooi loop!!

  • Baie dankie vir al die lekker idees, nou het ons weer 'n vars briesie gekry vir die tema's! Hou die bostaandes in gedagte wanneer julle weer foto's neem.

  • Goeie voorstel Elna en dankie Anita. Die temas is lekker en ek geniet dit.

    My drie is:

    Dramatiese foto's

    Aand/Nag foto's

    Meubels en of Vertrekke.

  • ek hou sommer baie van jou 3 voorstelle, elna! as elke fotoskoolmaatjie 3 idees gee, hoef anita vir die volgende klompie jare nie meer self  tema's uit te dink nie ... die temafoto's laat my altyd na my argiewe teruggaan, en bring soms aangename verrassings na vore OF laat my met nuwe ywer soek na iets om by die tema te pas! dankie anita!!

  • Dankie vir julle oulike idees.  Ek neem ongelukkig net foto's waar ek kom en gaan nie spesiaal op plekke ry om foto's te soek nie.

  • Baie dankie Elna, ek waardeer jou skrywe en die idee's sal welkom wees. Dis 'n plesier om die tema's te doen en lekker om te sien as Fotoskolers deelneem.  Ek dink ons gaan sommer die Grondpaaie / Strate gebruik vir die laaste 2 weke van Jan. 

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html