Ek groet Fotoskool

Goeie môre al my FS vriende. Ek het op ñ punt gekom waar ek nie verder kan aangaan by FS nie. Ek is nou ñ week terug van my wegbreek en ek kon nog geen foto's gelaai kry nie. Ek het nou al my E-pos adres en Password ook verander sonder sukses. Ek het ñ vermoede dat iemand met my profiel gepeuter het. So ek groet vanoggend en ek wil net graag baie dankie sê vir die pragtige vriende wat ek by FS ontmoet het, al is daar van julle wat ek nie persoonlik ontmoet het nie, voel dit tog vir my of ek julle al baie jare ken. Dit was goed om deel van FS te wees en wie weet, dalk sal ek weer eendag terugkeer. Mag jul paaie met vrede en voorspoed besaai wees. Groete en mooi loop!!! Willie.

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Nee Willie, ons gaan jou mis. Ek hoop regtig jy gaan regkom en terug kom 'skool' toe. Probeer weer. Ek maak ook my foto's op Windows Life Photo gallery kleiner.  Sterkte ek weet ons gaan jou weer terug verwelkom.  Sterkte.  Gerrie.

  • ai Willie, so jammer om diè  "sad"  nuus te hoor .... baie dankie vir al jou pragtige foto's, goeie raad, mooi gedagtes  en vriendskap op fotoskool - gaan jou beslis mis!! seën en vrede vir jou vorentoe!

  • Middag, Willie, ek wag nog die hele tyd vir jou om terug te kom, want ek wil 'n paar "kuns-foto's" aflaai en sal ook graag jou mening wil hê.

    Ek noem graag vir jou die volgende; ek het ook baie gesukkel om foto's af te laai. 

    Onlangs moes ek opgraderings kry op my Tafel-rekenaar. Onder andere is Windows10 afgelaai wat nou die program het met die naam "Photos".  Op dié program het ek 'n opsie gekry:  "resize".

    Ek gebruik nou hierdie opsie gereeld en plaas elke keer met vinnige spoed my foto op Fotoskool.  As jy meer inligting wil weet, stuur gerus op my eie Fotoskool-blad se 'inbox" vir my 'n boodskap.

    Ek wil baie graag hê jy moet lid bly van Fotoskool en help dus graag.  Baie groete Tina

  • Ai nee toggie.............dis nou glad nie lekker om te hoor/lees nie. Ek wens ons kan 'n oplossing kry. Ek glo nog steeds die probleem is die Ning Server. Ons gaan jou kreatiweteit so mis Willie

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html