Fyn Kuns Fotografie.

Nou ja soos beloof gaan ek bietjie ñ paar gedagtes deel oor die veel beproke genre waar elke fotograaf omtrent ñ ander siening of mening gaan hê en heelwaarskynlik nie verkeerd gaan wees nie. Daar bestaan nie ñ spesifieke, afgebakende formule vir die besonderse genre nie.  Vir my gaan dit oor ongemanipuleerde fotografie; moet my asb nie verkeerd verstaan nie daar is wel ñ plek vir gemanipuleerde fotografie en ek beskou die persone wat dit doen as hoog kunstig in die gebruik van sagteware. Daar is reeds ñ paar uitblinkers by FS. Manipulasie is waar jy sekere inhoud van die foto verander deur dinge te verwyder en te vervang met iets anders of net by te sit om dit ñ ander dimensie te gee. Ek glo natuurlik dat die kamera maar die werk moet doen en glo my met vandag se digitale kameras kan jy toor as jy wil. Ek gaan sommer wegspring deur te sê Fyn kuns fotografie gaan nie soseer oor kuns nie, hoewel daar baie daarvan daarin opgesluit lê. Die kuns is om jou kamera se funsies te gebruik om effekte te skep waarin jy as fotograaf jou gevoelens en dit wat jy ervaar en sien weer te gee. Kom ek gebruik die eenvoudige voorbeeld: By ñ kunstenaar wat skilder is sy kwas, verf op die palet en ñ doek die verlengstuk van sy arm om homself uit te druk in wat hy skilder ( ek spreek beide geslagte aan ) by fotografie is die kamera en lens die verlengstuk van die fotograaf se arm om weer te gee wat hy sien en hoe hy dit wil uitbeeld. Vir my gaan dit oor die gebruikmaak van die kamera se verskillende modusse om sekere effekte te skep, soos: SS, f-stoppe, WB, ISO ens ens. Dan is eenvoud ook belangrik, maw ñ gefokusde eidproduk wat aan die kyker gebied word. As jy van jou "Auto modus " gebruik wil maak goed en wel, maar dan neem jy net kiekies en daar is sekerlik ook plek daarvoor, maar as jy meer uit jou fotografie wil haal as net die normale, gaan oor tot aksie om jou kamera daarvoor in te span. Ek gaan ñ baie eenvoudige voorbeeld gebruik. Landskap fotografie is fantasties en jy neem die foto om ñ geheelbeeld weer te gee van die totale omgewing soos jy dit sien, maar zoom byvoorbeeld in op net een klip en jou totale konsep verander na ñ ander genre. Jy sien nou net die gefokusde klip en nie meer die geheelbeeld nie, nou is dit nie meer ñ landskap nie, maar dalk iets besonders wat jy nie in die totale landskap sou gesien het nie. So kan daar baie voorbeelde wees in elke ander genre. Fotografie is op sigself ñ Fyn kuns wat be-oefen word, gaan kyk maar wat Ansel Adams oor fotografie te sê gehad het, daar is baie aspekte wat in ag geneem moet word wanneer jy suksesvol wil wees nl. lig, beligting, komposisie, velddiepte ens ens. so dit verg oefening en nogmaals oefening. Glo my hoe meer jy speel en dinge toets, buite die normale veld,  hoe meer genot put jy daaruit.

Nou ja ek dink dit is sekerlik genoeg, laat die kamera die werk doen en jy kan terugsit en kyk wat het jy met jou poging vermag.  Onthou Fyn kuns fotografie gaan oor die KUNS om jou kamera te laat werk!! Ek sal baie graag ook ander menings wil sien, so neem asb deel. 

Ek groet tot ñ volgende keer.....mooi loop ou Grote!!!! Willie.     

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Ek sê baie dankie vir julle insette, want dit wat gesê is, is waar. Gerrie ek dink jy het my nie reg gelees oor die kiekies nie, dit was maar net om my vergelyking te versterk. Sover my kennis strek en ek het dit al by verskeie geleenthede gesê, dat oor die algemeen is die foto's wat by FS geplaas word van goeie gehalte tot uitstekend. Ek kan nie dink dat ek al kiekies hier gesien het nie. Dit is elke fotograaf se eie besluit oor hoe hy/sy foto's wil neem, maar ek sal altyd mense probeer aanmoedig om iets anders te probeer, werk dit nie, hou by wat jy goed vind. Sagteware het sy plek om kleinere verstellings te doen, want baie min foto's word perfek geneem, selfs die professionele fotograwe gebruik dit. Die belangrike is egter om nie op te hou nie!!!!  

  • Willie, baie dankie vir die nuwe genres wat jy aan ons bekendstel. Dit is baie leersaam en verbreed ons kennis.  Ek geniet ook elkeen se mening en siening oor fotografie. Fotografie, is vir my daar om geniet te word, watse metode mens ookal volg. Niemand sal ook iets leer as daar slegs perfekte foto's geplaas word en opinies sal altyd verskil.  Dink tog elke persoon streef daarna om hom-/haarself te verbeter. Ons leer bymekaar en dit is al wat vir my saakmaak.

    Wat jul ookal doen, geniet dit net.

  • Dankie vir jou inset Willie.  Toe ek by FotoSkool begin het, het ek ook nie gedink dat mens aan jou foto se 'voorkoms' moet vernader nie. Eendag het Hennie egter gesê dat die dae met die rolletjie films het hulle in die donker kamer ook die, kontras van die film, foto's versterk.  Ek hoop ek sê nou reg. Ek is nou seker een van die wat jy noem as fotograaf wat net kiekies neem want ek stel nie aan my kamera nie.  Bietjie stupid.  Ek is heel tevrede met my kiekies. Ek bewonder julle wat die verstelligs ken en doen,  Julle foto's is puik. Dankie vir FotoSkool wat my kiekie fotografie al baie verbeter het.  Groete  Gerrie.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html