Igno se Potgooie

Ek het vandag lank op Fotoskool spandeer......langer as gewoonlik en daar is n paar redes voor.Ek het foto gelaai en na ander se fotos gaan kyk en ook my "krits" op datum gebring  (ek raak sommer gou-gou agter daarmee as ek nie elke dag daaraan aandag gee nie.)

Maar die langste tyd was om na al Igno se potgooie te gaan luister......ja julle lees reg,na elkeen van hulle.Daar is nie een langer as 5 min nie maar n wereld vol inligting gaan met dit oop.Dinge wat n mens dalk van vergeet het,dinge waaraan ons nie dink nie,dinge wat ons kan verbeter......noem dit maar en Igno het n potgooi daaroor

Ek wil vir hom baie,baie dankie se vir die tyd wat hy aan ons by Fotoskool spandeer met die tipe van raad en inligting en die moeite wat hy doen met die potgooie. Daar is meer as 2000 lede en ons fototal is nie ver van       60 000 af nie.......dis onmoontlik vir Igno om na elkeen van ons probleme en vrae te luister, en antwoorde te gee. Die potgooie is n briljante idee en daarmee dek hy n wye fotografie veld met baie kosbare inligting

Ek wil  elkeen van die Fotoskolers, wat gereeld fotos laai, en gereeld na ander se fotos kyk,en krit,uitdaag om te gaan kyk en luister na die potgooie. Ek se nie luister na almal nie (baie van julle werk mos nou bedags.......) maar gaan daar deur en kyk wat van die onderwerpe het op jou van toepassing en luister daarna

Vir al die nuwe skolers wat in die laaste jaar by ons aangesluit het,en dalk nog met sekere aspekte sukkel of sekere kamera stellings ens. nie verstaan nie,maak tyd en gaan luister. Julle kan net leer daarby.

Igno.......ek saluut jou met hierdie briljante idee van jou. Ek het n paar dinge gehoor wat ek nog nie van weet nie,of van weet,maar nog te bang was om t doen

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Hallo Julle,

    Ek loer gou na wat die beste gaan werk en laat weet dan :-)

    Groete

    Igno

  • Bennie,ek het vir Igno gevra om te help met die probleem

    Ek sal jou laat weet wat hy se of hou maar die forums dop,ek weet nie hoe hy gaan antwoord nie

    Groete

  • Hallo Elna,

    Baie dankie, ek waardeer die terugvoer baie!

    Groete

    Igno

  • Baie dankie Elna vir hierdie motiverende briefie aan ons.

    Ek gaan beslis in die toekoms tyd maak vir die Potgooie.

    Van my kant af, ook weer eens baie dankie aan Hennie en Igno vir ons Fotoskool.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html