Interessante webwerf: Weeklyfifty.com

Weeklyfifty.com  Exploring the wonders of creation through a 50mm lens

Ek het hierdie interessante webwerf raakgeloop, waarin julle dalk sal belangstel, aangesien ek dink dat die etos van die webwerf nogal goed pas by ons manier van doen by Fotoskool.  Simon Ringsmuth is ‘n opvoedkundige tegnologie spesialis by Oklahoma State University en hy plaas weekliks ‘n foto met ‘n beskrywing en agtergrond daarby. Die interessante is dat hy al die foto’s  slegs met ‘n 50mm lens neem. Soos ons almal werk hy maar ook op ‘n begroting en hy het onlangs begin om die 50mm lens te kombineer met “close up filters”.  Hy besef die beperkings van hierdie filters maar te goed, maar dit sal moet doen totdat hy ‘n spesialis makro lens kan bekostig. Sy beskrywings is soms bietjie langdradig (too much information), maar ek hoop julle sal die weeklikse bydraes geniet. Ek het maar net gedink om dit met julle te deel.

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Baie dankie Johan vir die inligting.

  • Ek het gaan kyk Johan en dankie, want dit is baie interessant. Ek stem saam dat die ou net te langdradig is met sy beskrywings. 

  • Dankie vir die inligting Johan, sal beslis gaan loer.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html