Kamerategnici in Bloemfontein

Ek het teruggegaan na die bespreking Kameras gediens of herstel in Bloemfontein om Koeta Fourie se besonderhede te kry. Ek het vir hom 'n e-pos gestuur, maar nog geen respons gekry nie. Weet enigiemand dalk of hy nog sake doen?

Ek benodig 'n kundige om my Tamron 90mm-makrolens (vir Sony) skoon te maak voordat ek hom verkoop. Die lens is soos nuut en nie baie gebruik nie, maar dit lyk vir my asof daar bietjie stof binne-in gekom het (ek kan dit sien teen die agterste lenselement).

'n Vriendin van my benodig ook iemand wat haar kan help om 'n filter wat vassit op haar kamera se lens, te verwyder. Het iemand dalk raad hiervoor, of is hier iemand anders in Bloemfontein wat hierdie tipe werk doen? Ek het al rondgevra, en dit lyk my ons arme Bloemfonteiners moet ons kameras en lense wegstuur JHB toe, want kamerategnici is hier rond so skaars soos hoendertande...

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Baie dankie, Jan - ek sal bietjie uitvind of hulle my sal kan help.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html