Kinderfoto's Uitdagings

Hallo Almal,

Ek berei tans voor vir die kinderfotografie kursus wat ek eerskomende naweek (4 Junie) aanbied. Sal graag wil hoor watter uitdagings julle ervaar met die afneem van kinders. Of, laat week ook gerus as julle wenke het wat julle dink handig sal wees om te deel. Ek hoor graag van julle.

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Hi Igno, ek het al heelwat kinders in die studio af geneem, maar nog min buite.  Wat vir my baie goed werk om kinders se aandag te hou is bubbels, of jy kry iemand wat blaas en hulle moet dit vang of jy gee vir hulle elk 'n botteltjie en hulle moet self blaas. Of jy gee net vir elke kind 'n beurt om te blaas en die ander moet vang. Dis lekker pret.  Iets wat ook lekker werk is - Meisies hou van vere en sambrele en son brille. En seuntjies kry ek altyd met kleur balle lekker aan die gang. Ek het ook 'n verskeidenheid van hoede wat ek gebruik.  Wat ek nogal agter gekom het is dat die kinders eers met 'n lekker lokmiddel "mak" moet raak. Dan sit ek net die ander props naby hulle neer en die res gebeur gewoonlik vanself.  MAAR nou moet ek byvoeg dat ek nog nooit met meer as 3 kinders op 'n slag gewerk het nie. EN dit is al klaar dan redelik 'n besige sessie.  Hoop dit help so bietjie
This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html