Krits op fotos

Liewe Maters van Fotoskool

 Ons is tans 2671 lede en vanoggend se foto telling was 71 196 gelaai. Dit klink na ‘n “WOW” situasie maar as daar gekyk word na die aktiewe lede, wat elke dag, of baie gereeld fotos laai, dan is dit maar ‘n baie klein persentasie van die 2671 lede. Dit op sigself is nie ‘n kardinale probleem nie maar hoekom met lede sit wat aansluit, en dan niks verder doen nie? Hulle laai nie fotos nie, hulle krit nie en daar is net geen aksie van hulle kant af  nie.

 Die ander faktor wat grensloos pla, en dalk ook soms irriteer, is die foto's wat ooglopend baie foute het en daar kan duidelik gesien word dat die plaser hulp en raad nodig het, maar word as skitterend, briljant, mooi ens  bestempel. Ek persoonlik voel dat sulke krits glad nie die skoler help om te verbeter of om hulle bewus te maak van die boustene en elemente wat so belangrik is om van fotografie ‘n sukses te maak nie.Dis immers ‘n FOTOSKOOL waar ons wil leer om ons gehalte fotografie te verbeter. Ek weet dat almal op fotoskool nie ervare in die tipe van dinge is nie, maar ek voel net as ons nie ‘n daadwerklike poging gaan aanwend om reg te krit nie (dis nou die wat weet hoe…..) dan gee ons as FOTOSKOOL nie regtig hulp nie.Vir die van julle wat voel, dat julle nie genoeg kennis het om meer te sê by ‘n foto as skitterend, briljant, mooi ens nie, sê iets wat jou tref van die foto. Dis dalk op ‘n plek geneem waar jy ook al was of van iets/tegniek wat jy nog graag onder die knie wil kry.Noem dit dan.Onthou een ding………daar is nie so iets soos ‘n dom vraag nie!!!!! As jy ‘n foto plaas wat nie heeltemal vir jou reg lyk nie, maar jy kan nie jou vinger op die probleem druk nie, noem dit by jou plasing. Sodoende gaan die ander skolers na jou foto kyk met die doel om raad,  hulp en advies te gee tov die probleem wat jy daarmee het.Ons is mos nou in ‘n skool……en in ‘n skool leer ‘n mens nuwe dinge en hoe om ou dinge te verander

‘n Ander faktor is die inligting wat by ‘n foto gegee word. Plaas tog die toerusting waarmee jy geneem het as ook die EXIF van jou foto. Vir die wat nie weet wat dit is nie, dis sommer net ‘n “fancy” woord vir die inligting tov die foto. (Regs kliek met die muis op die foto en gaan na heel onder waar “properties” is. Daar is ‘n paar “tabs” en die “detail tab” sal vir alles omtrent jou foto gee. Waarmee jy geneem het en wat die stellings was toe jy die foto geneem het.)  Deur dit te plaas, maak jy dit moontlik vir die ander skolers, om raad te gee en dit help ook die skolers, wat dalk soort gelyke fotos wil neem, maar nie met die stellings reg kom nie. So……… die EXIF se plasing is ‘n twee rigting verkeer. Die “general tab” sal vir jou aandui hoe groot die foto is wat ook nodig is siende dat ons beperk is tot 10mb per foto

Ek hoop julle gaan die plasing sien in die lig waarmee ek dit bedoel.My passie vir fotografie is enorm en ek het nog nie aan ‘n groep mense behoort wat so na aan my hart is soos die klomp by Fotoskool nie. Dis een groot familie wat mekaar oor distansies heen ken,waardeer het en ook lief gekry het. Ons deel nie net ons fotos nie maar ook ons hartseer en ons vreugdes. Ons huil en lag saam en ons mis mekaar as een van ons nie aktief is nie.

My versoek is eenvoudig maar ernstig……….kom raak asseblief weer aktief met julle plasings en probeer om die krits meer opbouend van aard te maak. Daar is fotograwe onder ons wie se fotos net nie ‘n ander krit as skitterend, briljant, mooi,WOW kan kry nie want dit is fotografies perfek geneem en verwerk. Maar wees versigtig om die tipe krits te plaas waar die foto nie aan sekere vereistes voldoen nie. (Terloops, as jy ‘n kamera in jou hand het en jy neem fotos……..is jy ‘n fotograaf)

Moet my asseblief nie met klippe gooi nie maar ek wil regtig nie sien dat Fotoskool tot niet gaan agv swak krits nie. Ek huil my in ‘n ander ID nommer in

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Jackie, jou kommentaar hier lees bietjie moeilik en ek kan nie lekker agterkom waarna jy verwys nie.

    Ek neem aan jy wil weet watter lens om aan te skaf as jy landskap fotografie wil doen. Die lens wat ek gebruik is die wye hoek van Sigma, 10-22mm 1:4-5.6. Die lens is nogal duur maar nie so duur soos Canon of Nikon se lense  nie.Ek gebruik ook 'n Tamron 16-300mm f-3.5-6.3 lens en dit doen baie goed met landskappe. Die 50mm f1.8 is 'n goeie lens, maar dis meer vir portrette en onthou dat jy met die 50mm baie naby aan jou voorwerp moet kom.Dit gaan nie lekker werk met landskappe nie.

    Onthou jy wil in landskappe so veel as moontlik van jou toneel in vol fokus kry en daarvoor het jy 'n lens nodig wat jou ten minste 'n f-stop van 22 gaan gee. Die 50mm gaan nie werk nie

    Die 300mm / 500mm lense is wat ek die groot kanonne noem

    As jy wild en voels wil afneem is 'n langer lens soos die Canon 100 - 400mm lekker  maar dit is duur. Sigma se 150 - 500mm lens is ook gewild en nie so duur soos die Canon lens nie. Die 500mm word  uit en uit gebruik vir wild fotografie. Ek weet van fotograwe wat wel die lense vir landskap gebruik maar oor die algemeen nie regtig nie. Hierdie lense is redelike swaar (in gewig) om vas te hou en dit moet maar op 'n 3-poot gemonteer wees

    Ek hoop van die gevorderde fotograwe kom ook vir jou raad gee.

  • Baie dankie Pieter en ek "ditto" op alles wat jy noem. Ek het al riller stories gehoor tov fotografie klubs en ek bly van hulle af weg. 'n Mens wil graag leer en verbeter sonder om af gekraak te word. Dankie dat jy kom deel neem het

    Pieter Steyn said:

    Goeie naand

    Elna dit was seker al lankal nodig vir so 'n brief om dinge weer aan die gang te kry hier by fotoskool.

    Daar is gemengde gevoelens oor die krit - dan praat ek nie van eers van eerlike krit eers nie - het nog nie gesien dat iemand 'n foto swak noem nie. Ek het verneem by klubs word daar sommer gou-gou gesê "no award". Weet nie wat sal gebeur as mens dit hier sê nie. Die top content weet ons almal dit werk nie - en niemand weet ook hoe dit werk nie. Goeie gekskeer gedeelte daar - in die verlede het ons weddenskappe aangegaan wie se foto gaan daar kom en wie sin nie.

    Ek is een van die wat my data onder die foto skryf en dit is meer vir die mense wat wil krit dan kan hulle sien wat ek gedoen het nie - nie eindelik vir iemand om dit na te boots nie eerder om as 'n afspring plek te gebruik. Daar is al paar keer op my foto's voorgestel dat ek ander f/stop ens moet gebruik. Maak dit net makliker vir die persoon wat wil krit om sy oog ook daar te gooi.

    Miskien kan daar oorweeg word om net die "like" knoppie te gebruik in plaas van al die mooi een, pratig en wow. Net voorstel. As daar iets is wat jy voel jy wil dit noem aan die fotograaf dan doen jy dit anders gebruik net like.

    My stuiwer vir wat dit werd mag wees ( wys darem ek was hier - LOL)

  • Baie dankie aan elkeen wat aan die forum deel geneem het. Onthou net een ding, en Hennie noem dit baie.......geniet fotografie. Dis die heel belangrikste. Ons moet elkeen maar die forum hanteer soos wat jy voel. My siening is net dat FS hier is om ons te help en dit moet ons asseblief tog nie vergeet nie.


  • Karen jy raak 'n sakie aan waaroor ek baie sterk voel......"sê wat die foto, wat jy plaas, vir jou beteken" Dit verander onmiddelik die perspektief waarmee die ander dan na die foto kyk. Ek wil ook graag met my fotos hoor wat doen ek verkeerd en wat doen ek reg. Nes jy dit noem......so leer ons mos
    Karen Kemp said:

    Elna ek stem absoluut saam...ek leer die meeste wanneer daar negatiewe kommentaar op my foute is...stem ook oor om te se wat jou tref...want dikwels is daar n tegnies nie goeie foto nie maar wat tog n positiewe emosie in my wakker maak en dan se ek dit! ook ek waardeer elke aktiewe lid hier...dis dikwels n hoogtepunt as ek n sleg dag by die werk gehad het!


  • Baie welkom Alta. Ek wag in spanning vir jou plasings.......Jy gaan lekker leer hier by ons klomp


    Alta Breytenbach said:

    Ek is n nuwe lid en self ook nog niks geplaas nie. Ek leer nog eers HOE die blad self werk en ek het nie baie vrye tyd nie, maar ek is baie bly ek het vanmore jou kommentaar gelees en sommer klaar daaruit gelees. Ook gewonder waar kry ek al daai inligting van die foto's wat hul plaas. Ek weet ek sal nog regkom met tyd om ook 'fototaal' te praat. N Mooi geseende dag vir jou
  • Dankie vir die gedagte Dine

    Dine Potgieter said:

    Die reels lyk aanvanklik intimiderend, maar begin later makliker raak (oa omdat van die riglyne gebaseer is op hoe ons in elk geval na dinge kyk, en hoe ons breine beelde interpreteer - selfs nog voor ons aan 'n kamera geraak het) Van die reels kan beslis gebreek/gebuig word - en moet ook soms. Dit moet egter verkieslik met 'n baie spesifieke doel in gedagte gebreek word, en nie "perongeluk" nie. Die Natuur-een snoeker die mense nogal by klubkompetisies. Daar is egter 'n oplossing - indien jy 'n natuurfoto het, maar daar is 'n mensgemaakte voorwerp of artefak, wat wel 'n doel dien in die foto - skryf die foto by die "open" kategorie in ipv "Nature" Mens vergeet soms dat 'n voetpaadjie of landery ook mensgemaak is. Die een ding waaroor almal stry, is die teenwoordigheid van 'n mens in 'n natuurkategorie-foto. Daar is blykbaar wel gevalle waar dit toelaatbaar is - ek persoonlik sal maar liewer die foto in "open" inskryf - ek is nog te nuut in die klub-ding!

    Ns - Dawid, ek sal eers 'n hele paar flops moet gaan delete...


  • Dankie JJ en baie dankie vir die artikel wat jy met ons deel. Ek gaan dit uitdruk en by my rekenaar hou waar ek dit gereeld kan lees. Dit kan ook waardevol vir ons nuwe lede en fotograwe wees. Dankie ook vir jou deelname aan die Forum, ek waardeer dit
    JJ said:

    Elna, dankie vir die skrywe!

    Dit bly 'n moeilike saak om te krit!  Soos Doretha ook sê, ek is nie 'n pro nie, so ek krit nie graag nie.  Ek sal af en toe 'n idee gee oor hoe ek dalk die foto sou verwerk as dit my foto was, maar dit is 'n subjektiewe mening, en die skoler kan besluit of dit vir hom werk of nie.  Ek "like x 2" graag foto's waarvan ek hou, en ja, soms is daar tegniese aspekte wat kan verbeter by die foto, maar ek voel strek dat dit vir die fotograaf self is om hom/haarself te vergewis van seker standaard reëls, alvornes 'n foto geplaas word. 

    Alhoewel ons hier is om by mekaar te leer, is dit tog ook ons eie verantwoordelikheid om ons eie kennis uit te brei, en die basics van fotografie onder die knieg te kry.

    Die EXIF plaas ek bitter min omdat ek al my foto's met PS verwerk.  Dine het 'n baie waardevolle inset gelewer om op blog oor EXIF wat ek so ruk terug geplaas het.  As ek wel die EXIF plaas, is dit om bv die velddiepte aan te dui deur die F-stop, of om bv die aksie te vries deur die sluiterspoed.  Daar is duisende ander faktore wat bydrae tot die foto wat nie deur EXIF weergegge kan word nie.  Dus het dit nie vir my groot waarde om 'n ander foto se EXIF te gebruik nie.

     

    Hierdie is 'n artikel wat Fred so jaar of meer gelede geplaas het, wat ek uiters leersaam gevind het!

     

    1. Alhoewel die mens en die diereryk se voortbestaan gebaseer is op die syfer twee, werk dit blykbaar nie so in die fotografiese wêreld nie. Twee voëls op `n tak beteken niks indien daar nie interaksie tussen hulle is nie. So ook met blomme bv. jy neem een, drie, vyf of enige ongelyke getal, maar nie twee nie.
    2. Die verre horison-lyn moet nie deur `n persoon se kop gaan nie.
    3. Daar moet geen ligkolle op die grense/kante van foto wees nie, want dit trek die aandag af van die hooftema.
    4. `n Voertuig/vliegtuig/fiets of enige bewegende voorwerp moet spasie hê om in te beweeg. Moet dus nie sy neus `n millimeter van die kant af plaas nie.
    5. Voertuie en vliegtuie moet na jou toe kom en nie wegry of wegvlieg nie.
    6. Voëls moet ook van voor geneem word en nie van agter nie want dan het jy `n “bum shot”.
    7. Mens lees van links na regs, laat die inhoud van foto jou oog ook so lei.
    8. Treinspore, paaie en drade moet nie direk uit die hoeke van die foto kom nie.
    9. Nagfotos moet verkieslik nie in stikdonkerte geneem word nie, maar is aanvaarbaar  met `n effense skemerte in die agtergrond.
    10. Die watervlak op die horison moet gelyk wees, veral by die see, of hy loop leeg.
    11. Diere se oë moet verkieslik `n ligkolletjie weerkaats.
    12. Probeer om of die selfde oog-hoogte te wees  van mense of diere  wanneer jy hulle neem.
    13.  `n Windpomp moet verkieslik ook bietje beweging in sy lemme toon.
    14. `n Windpomp moet ook in die foto kyk, m.a.w. sy stertfin moet na buite wys en  sy gesig of lemme moet in die foto inkyk.
    15. Racing cars and bikes must have some movement in the wheels and don’t forget the dust!
    16. The face of racing driver must be visible for a bous.
    17. Vliegtuie se propellers moet beweging toon en ge “blur” wees.
    18. Met natuurfotos mag geen mensgemaakte voorwerp soos bv. drade of pale in die beeld of foto  wees nie, wat beslis nie beteken jy mag hulle met “photoshop”  wegtoor nie.
    19. Pas op vir kragdrade in die agtergrond wat die aandag van die hooftema mag aftrek.
    20. Opgestopte diere mag nie voorgelê word as natuurfotos nie, maak nie saak hoe goed die stoffeerwerk gedoen is nie.
    21. Bome en pale moet tog net nie uit mense se koppe groei nie.
    22. Met die neem van landskappe moet jy sorg dat heinings nie jou foto van links na regs verdeel en jou sodoende ook uit die foto hou nie.
    23. `n Tak moenie aan die bokant van die foto soos `n wolk rondsweef nie, maar moet ge-anker wees aan `n boom, anders kan hy dalk op iemand se kop val!
    24. Moenie `n agtergrond skep wat so indrukwekkend is dat niemand jou werklike fokuspunt raaksien nie.
    25. Avoid serious distorting lines in buildings by using a bigger lens and stepping backwards.
    26. Pasop vir `n foto wat te “busy” is, m.a.w. dat die beeld so vol onderwerpe is, die be- oordeelaaar weet nie werklik waarna hy/sy moet kyk nie.
    27. Portrette is weer `n ander nagmerrie met sy eie reels.
      1. Bly weg van juweliersware wat blink of skitter en daardeur die aandag van die model aftrek.
      2. Die model se oë moet nie absoluut horisontaal of in lyn wees nie, maar effe ongelyk.
      3. Die wit van die model se oë moet in albei hoeke waarneembaar wees.
      4. Moenie jou model vierkantig van voor afneem nie.
      5. Die hoek waarteen jy jou model afneem moet so wees dat die punt van die neus nie deur die wanglyn sny nie.
      6. Hou by `n eenvoudige agtergrond.
      7. Hare moet netjies wees. (by die see?)
      8. Laat sy maar gerus haar grimering bietje op-“touch”.
      9. Net soos by diere is `n weerkaatsing in die oë uiters aanvaarbaar.
      10. Indien sy `n “V” nek toppie dra en jy die foto “crop”, asb. net nie deur die lyne van die “V” nie maar aan die onderkant van die V.

    'n Hele mondvol, maar beslis waardevol om te onthou!

    Die belangrikste is sekerlik om foto's te neem en dit te geniet!  Party fotograwe hou van mik en druk, ander hou van 'n meer tegniese uitdaging, party hou van verwerkings, ander weer verkies die foto soos hy/sy dit geneem het, maar die belangrikste is dat ons dit moet geniet!  

    Om af te sluit, sê vir my wat ek verkeerd doen, en waar ek kan verbeter- dit is al hoe ek sal leer!

    Groete

    JJ


  • Baie dankie vir jou skrywe en die kompliment Dawid, ek het nogal aan jou gedink toe ek die forum begin het. Wat jy sê is waar en dis presies die gedagte wat ek wil deur bring........as daar foute in 'n foto is, maak die plaser daarvan bewus en gee raad oor hoe om dit reg te maak of hoe om die fout te vermy. Dit help nie daar word "mooi in fokus" gesê maar die foto is dof en sonder fokus nie. Willie noem eerlikheid as 'n faktor en ek stem 100% daarmee saam. EXIF is sekerlik nie die alfa en omega nie maar dit help om krits te gee as 'n mens weet wat die kamera stellings was en soms help dit ook om betrokke fotos uit 'n ander oogpunt te nader.

    Ek stem saam dat ons soos een groot famlie is en hier lag, huil, skerts ons almal saam in ons eie taal.


    Dawid Roos said:

    Hi Elna

    Dankie vir dit wat jy hier geplaas het. My vorige ondervinding waar ek die onderwerp aangeraak het, het ek meer vyande as vriende gemaak. Dit het my laat besluit om te onttrek by FS. Nadat ek weer oor die saak gaan dink het, het ek besluit ons dink almal anders. Hier is regtig fotograwe wat foto’s wys omdat hulle maar meer net iets wil wys noem dit net wat jy wil... spog, kleinkind wys ens . Ek het gesê dis plakboek foto’s. Maar FS maak plek  hier vir hulle... net ʼn mening.  

    Die rede wat ek gebruik het, was dat daar persone is wat kwaad word as jy sinvol krit, en aanmerkings gemaak het. In kort wil ek maar net sê ek persoonlik dink daar moet gekrit word deur almal, maar sal regtig wil sien dat  gekrit word deur iemand wat iets weet. Dis vir my lekker dat iemand iets sê en ek het aanvaar dat as ou nie baie weet nie sal ʼn mooi en pragtig seker reg wees. Baie graag wil ek sien dat daar nie gekrit moet word net om te sê  of wys jy het na die foto gekyk nie.

    Oor Exif data wil ek ook net sê, ek self weet nie regtig of dit van belang is nie, maar dis tog lekker om te sien watse stellings is gebruik. Dink net met die edit van ʼn foto ens, word so baie gedoen dat jy nie die selfde gaan kry as jy ʼn soortgelyke foto neem nie.  Ons almal edit verskillend, en dis vir my meer werd om te sien wat ʼn persoon vermag het nadat hy sy foto wys en dit staan uit. Ek gee maar as ek tyd het die Exif inligting deur as iemand voel dit is die moeite werd, maar dit is iets wat my nie regtig pla nie.

    Iets wat ek net nog graag wil sê, is dit. Ek kan ook elke dag ʼn foto laai net om te wys ek het een gelaai. Soos iemand gesê het,   dit is tydsaam en ons wat werk en nie op pensioen  is nie glo ek sal regtig meer foto’s wil laai en aktief deelneem. Vir my moet ʼn foto darem iets wees wat jy beplan, verwerk, of moeite mee  gedoen eerder geplaas word. Ek sê dit versigtig maar eerlik hier word sommer soms gemors gewys as ʼn foto en verdien nie krit nie. Ekself het ook al sulke foto’s gelaai maar dan sal ek bv sê dis nie vir krit nie wys maar net of deel iets.

    My laaste gedagte is maar net dit. Na ek self bietjie rustig geraak het en FS ondersoek het, het ek besef die is maar meer ons algemene plat op die aarde mense wat sommer net laf raak en soms gekskeer en die dat sommer net gelaai,en gespeel word. Wil dit nie wegvat van die wat so voel nie. Ek lees maar alles wat op my foto’s gekrit word, en sif self wie se kommentaar vir my waarde het. Ek geniet sekere van die op FS se foto’s regtig baie wat ek meen mense is wat ek graag sal wil gaan sit en net luister wat hulle doen of hoe het hulle dit gedoen. Daar is tog smaak by ons almal. Dine bv se foto’s is iemand by wie ek graag eendag sal wil gaan sit en net sê wys alles wat jy kan. Hein my broer sal my van panning en makro’s,  self sport,  ure kan besig hou om net te luister. Dan is daar weer ander wat edit uit die boonste rakke...

    Kom ons geniet dit maar net, leer by almal wees nederig en vreet die vis en spoeg maar die grate uit.

    Elna dankie weereens, dit het waarde wat jy hier gedeel het. Jou foto’s staan regtig die laaste tyd baie uit en leer lekker saam met jou.

    Julle is almal kosbaar hier.

    Groete

    Dawid Roos


  • Tina, as dit nie vir Josef was nie, het ek nie van FS geweet nie en sou my gehalte fotos maar swak gebly het. Josef is 'n groot steunpilaar vir baie van ons en ek voel so bevoorreg dat ek hom ook as vriend het. Sy fotografie kennis is van uitstaande waarde en gehalte en saam met Hennie maak hulle 'n "mean team"

    Baie dankie ook vir dir krits wat jy so getrou by ons fotos gee. Jy het my oge al menige keer oop gemaak tov elemente in 'n foto
    Tina le Grange said:

    Anita, ek wil darem ook 'n lansie breek vir  Josef wat baie sinvolle kommentaar lewer om ons te help.


  • Dankie Willie en jy vat die hele "krit" saga mooi saam in een woord.............Eerlikheid. Daar word niks gehelp as die ervare fotograwe nie vir ons op foute en probleme wys nie. Die hele doel van fotos neem is tog om te verbeter. dankie dat jy jou EXIF plaas. Dit is waar wat jy noem tov die verskille maar dit gee tog 'n goeie aanduiding van watter kamera stellings in sekere situasie kan werk. Ek put geweldig waarde daaruit. Dankie vir jou toegevoegde waarde vir ons skolers.


    Willie Schoombee said:

    Ek sê ook dankie Elna, ek wil sommer by die EXIF begin. Ek plaas my EXIF by die foto op versoek van lede en niks anders nie. Ek stem saam dat ek persoonlik dink dat dit nie belangrik is nie, want omstandighede verskil soos ligtoestande, waar jy jou bevind wanneer jy die foto neem mbt DOF, IOS ens.As iemand dit wel tot ñ mate kan gebruik, waarom nie?

    Wat die krit aanbetref sal ek sê eerlikheid moet die reël wees, dit is so dat ons almal onsself in een of ander stadium van fotografie bevind en daarom, as ek ñ foto plaas verwag ek ñ eerlike krit of niks. Fotoskool is ñ puik forum wat Igno vir ons geskep het en dit is ñ webwerf wat maklik funksioeneer. Ek dink ook dat as ñ lid ñ foto plaas moet dit darem van so ñ gehalte wees dat dit die plasing regverdig. Ek het voor Fotoskool my foto's op ñ ander webwerf geplaas, maar dit was dood en dit is wat ek van Fotoskool geniet, dit voel soos familie, al ken jy mekaar nie persoonlik nie en dit behoort ook elkeen van ons die vryheid te gee om eerlik met mekaar te wees.

    So ja kom ons hou Fotoskool se naam hoog en waardeer die forum wat ons het!!!!

    Mooi loop en laat die sluiters werk sal altyd my leuse wees!!    

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html