Lied oor Namibië se Namib.

Fotoskolers ek sien die afgelope tyd dat daar baie mense is wat erg is oor Namibië, Liz wat ñ boorling is, Tersia wat dit daar geniet ens ens. In my vrye tyd skryf ek liedjies en hierdie een gaan oor Namibië se pragtige Namib Woestyn. Die lied gaan oor ñ persoon op ñ swerwerstog is en wat die interaksie wat plaasvind tussen die son en die woestyn se sand waarneem en ervaar. Igno ek vertrou dat dit geen skade aan Fotoskool sal teweegbring nie en daarom neem ek die vrymoedigheied om dit te deel.

WOESTYN VAN SON EN SAND:

WANNER DIE NUWE DAG SY STRALE LAAT VERRYS

VERVAAG DIE NAG SE SOMBER SWART

DAN ONTSTAAN ñ HART SE GEHEIME WENS 

EN VRA OM SAGGIES IN JOU BOESEM TE KOM Lê

SODAT ELKE KORREL SAND VAN HIERDIE DUINELAND

IN JUL LIEFDESDANS KAN ONTVOU.........WOESTYN VAN SON EN SAND.

KOOR:

JY SWAAI JOU LYF, JY MAAK BAKHAND....GROOT SKADU'S AAN DIE AGTERKANT

EN SOOS DIE SON EN WIND JOU DRAAI....WORD JOU LYF ñ KABBELENDE BAAI.

VAN DAMARA- TOT NAMALAND SKILDER JOU ROOI-GEEL SAND

OOR VLAKTES EN DUINE FLUISTER GRASSE IN DIE WIND....

EK DWAAL EN SOEK, MAAR SAL EK OOIT KAN VIND

JOU KALMTE EN OOK JOU BARRE RUS, HIER WAAR JY Lê LANGS DIE SKEDELKUS....

EN AANDSTONS SAL JOU STRALE WEER SAGGIES KWYN

EN HIERDIE MOOIE DAG IN DIE NIET VERDWYN

NOG STEED ñ WARM LYF, MAAR LATER WORD DIT KOUD

NET ñ SEE VOL SAND, MAAR SONDER SOUT.

WOESTYN VAN SON EN SAND.

EK BEHOU KOPIEREG OP DIE LIED ©. Willie Schoombee

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Willie, dit is pragtig geskryf en jy kan. Woeker met daardie talent.

  • love it!! 

  • Ja-nee......man van vele talente beslis. Jy moet die lied vir ons sing ook Willie!!!!!!!!!!!!!

  • Anita en Liz baie dankie vir jul positiewe reaksie, waardeer. Anita ek het dit self getoonset, maar ek kan nie bladmusiek skryf nie, kan dit wel lees en daarom is dit net kitaardrukke waarop ek speel, daar kom mos sommer ñ wysie in ñ mens se kop wat by die lirieke pas. Mooi dag julle twee!

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html