My Wense vir julle......

Dierbare Fotoskool Vriende en Vriendinne

Nou ja ons het aan die einde van die jaar gekom en wow………………..hoe vinnig het dit nie gebeur nie?

Daar is min mense soos julle en ek kan nie die geleentheid  laat verby gaan sonder om vir julle dankie te sê vir n jaar waarin julle groot bydrae in my fotografie lewe gebring het nie. Ek weet dat die Here elkeen van julle uniek en besonders gemaak het en dat elkeen van julle met n doel oor my pad gestap het. Deur julle almal se lense het ek en Huey soveel mooi fotografie gesien. Voor ons rekenaarskerms het ons die land en baie dele van die wêreld vol gerits, dis aan elkeen van julle te danke.

 

Ek vra vandag van Hom dat vreugde klokke in elkeen van julle se lewe sal lui en dat mooi tye en voorspoed deel van elke dag sal wees en wanneer julle rustig is gedurende die feesgety,  waar ookal, dat julle Sy liefde sal ervaar en sal onthou dat kersfees nie oor  rooi kersvaders en blink bome gaan nie maar oor ‘n Jesus kind wat vir ons sonde aarde toe gekom het.

Ek vra dat die God wat elkeen van ons geskape het en Sy Seun vir ons gestuur het,in elkeen van julle se harte groot vreugde en vrede bring en dat Hy vir julle tasbaar sal wees in 2017. Ek vra dat die Here julle sal verdrink in die Heilige Gees se teenwoordigheid en dat alles wat julle aanraak tot God se eer en heerlikheid sal wees. Ek vra dat die engele julle sal beskerm en boodskappe sal bring van vrede en liefde en dat julle in Christus sal groei en ook vir ander van hierdie liefde en vrede sal gee

Groete en dankie dat julle my Fotoskool maats is

 

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Baie dankie Elna & Huey, baie mooi woorde opgesluit in jou briefie Elna. Waardeer julle vriendskap en mag hierdie tyd ook vir julle baie spesiaal wees. Mag 2017 net vreugde en voorspoed bring, want ons land het dit nodig, nie net fisies nie maar grootliks Geestelik. Wees geseënd in Sy naam!!!!

  • Dankie Elna, ek voel ook so, ek het net nie die gawe om dit so mooi in woorde om te sit nie. Geseende feestyd ook vir julle!

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html