ND Filters

Kan iemand asb 'n ND Filter app vir 'n selfoon aanbeveel of is dit tyd mors om daardie roete te gaan, of het iemand dalk 'n tabel beskikbaar?

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Laai enige timer app af en toets dit teen die tabel. Dalk is jy gelukkig...

  • Dankie vir die tabel hendrik, ek het dit gekry. Die app is nou weer nie op die iPhone nie.......ai jinne tog

  • Ek het 'n app gekry!!!Dit klop met die tabel wat ek het. Gaan na Playstore en soek "ND filter Timer". Kies die een wat logo as volg lyk: blou vierkant met wit sirkel binne en binne die wit sirkel lyk dit na 'n afgemete horlosie wat 8-uur wys, maw die wit loop van 12 tot by 8

    Nou het ek verniet my handleiding beplak :( 

  • Sal jy die table vir my ook stuur Hendrik? My epos is fotosneem@gmail.com

    Dankie dat jy jou inligting met ons deel

  • Hi Dine ek het 'n tabel van Anthony Morganti wat ek vir jou kan epos. Stuur my 'n epos na hvantaak@gmail.com. Ek het net 'n 3- en 6-stop filters en as ek hulle kombineer het ek 'n 9-stop. So, ek het die gedrukte tabel so geknip dat ek die relevante inligting van die 3 op die agterblad van my kamera se handleiding kon plak

    Dine Potgieter said:

    Hallo - ek raai jy praat van 'n Long Exposure Calculator app vir ND's? Ek het al so vlugtig geloer - ek soek self een. Dit lyk of van die beste apps vir Apple is, en ek het Android - ek soek dus nog fluks. My vorige pogins met 'n multi-stop filter was maar mogge troffe - ek was "elders", en het nie 'n tabel of app gehad nie. Ek dink 'n goeie app in die verband gaan beslis help. Van die apps wat ek gesien het, het baie nuttige bykomende funksies. 'n Papiertabel op my tipe fotografie-trips het in elk geval nie 'n groot kans op oorlewing nie.

  • Dankie aan Elna vir die terugvoer. Ja daar's baie sulke apps vir jou selfoon, maar dis hopeloos as dit met tabelle vergelyk word. Ek het gehoop hier's iemand wat 'n ordentlike een kan aanbeveel. Ek het net 2 ND filters - het nie geld om die duur filters te koop nie, maar die 2 skroef ek opmekaar en kom so reg. Baie dankie Elna vir die verwysing na camerastuff. Ek sal 'n bietjie na die web loer

  • Hi Hendrik, ek weet nie of daar so 'n app bestaan nie. Die ND,UV filters en polariseerders is soos jou kamera se lens en dit skroef voor aan jou lens. Dit kom in dieselfde groottes as wat jou lens/e is en jy sal in die binnekant van die lens doppie, die grootte sien wat jou lens is

    Ek koop myne by Camera Stuff aan lyn. Hulle is goedkoper as die kamera plekke. Gaan na www.camerastuff.co.za en tik jou lens en maak in die soekblokkie. Outdoor Photo in Pretoria sal ek ook aanbeveel alhoewel hulle bietjie duurder is

    Groete

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html