Picasa.

Na aanlyding van Marinda se navraag verduidelik ek graag soos volg: Picasa is ook ñ redigering sagteware program wat gratis van die Internet afgelaai kan word en werk net soos PS, maar die funksies is net minder, maar voldoende om behoorlike redigering te doen, maar jy kan nie foto's manipuleer soos by PS nie, waar jy ander voorwerpe bv in die foto kan inbring. Sodra die redigerings proses afgehandel is skep Picasa ñ addisionele leêr wat bekend staan as picasabackgrounds. Hier skep jy dan van jou eie foto's ñ agtergrond vir jou rekenaar se skerm en dit dien ook as ñ " Screen saver " op jou rekenaar. Sodra die leêr geskep is verloor jou die foto se Exif, maar die foto se oorspronklike series nommer bly behoue en die oorspronklike foto bly steeds in My Pictures waar jy dan steeds al die detail kan kry. Ek hou baie van die program, aangesien dit jou in staat stel om jou foto's net so goed soos PS te kan redigeer voordat jy dit die wêreld instuur. Ek vertrou dat dit jou vraag beantwoord Marinda.  

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Karen ek het nie enige verdere voorstelle nie, daar is vandag soveel sagteware om foto's te redigeer beskikbaar dat ñ mens maar moet kyk wat pas jou die beste en dit dan gebruik.

  • Karen,ek het ook die probleem met RAW. Ek haat dit as elke foto eers moet oopmaak in sagteware voor jy kan sien wat dit is en/of die gehalte goed genoeg is om te hou. Ek neem al vir baie lank my fotos op Jpeg en Raw. Dit neem regtig nie so baie plek op 'n Scan disk nie en ek laai na elke foto sessie my fotos af. Sodra ek seker is ek het alles op my rekenaar, maak ek die kaart skoon en dis dan reg vir die volgende sessie. Die Jpeg's gebruik ek om te kyk watter foto ek wil gebruik en maak dan die RAW in sagteware oop en verwerk dit. Die metode werk vir my

    Karen Kemp said:

    Dankiec Willie...ek gebruik meestal Photoscape wat baie maklik is maar gaan hierdie beslis probeer...ek sukkel  net om om te skakel van RAW af met programme wat ek het...so kan nie maklik deur fotos kyk nie...moet een vir een oopmaak so kan nie vinnig scan daardeur nie...gevolglik neem ek nooit RAW nie. Enige voorstelle?

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html