Tema 1~15 Des

Ek weet ons het nie almal verwerkingsprogramme om foto's na kunsfoto's te verander nie, maar vir die wat dit het is dit nou 'n lekker uitdaging. Ons sien gereeld Leroi, Rassie, Engela ens..  wat sulke mooi verwerkings plaas. Dis tog lekker om so te speel. Maar doen 'n slag die buitengewone en maak 'n Out of Bounds of outydse foto van jou hedendaagse een .. Wit en Swart ag daar is baaie om van te kies. Ons sien vreeslik uit daarna. Geniet dit net!!

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies



  • Anita du Toit said:



    Elna Geringer said:

    Anita, net 'n vragie........"Out of bounce" is dit iets soos van ons moet bietjie uit die boks dink of verwys jy na die  "Out of bounds" tegniek wat met PS en PSE gedoen kan word????

    Ek dink ek het jou dalk verkeerd verstaan, sorry vriendin, dit was nie aspris nie hoor......

    Jy is doodreg Elna, dit was bedoel die "Out of Bounds" ..ek was oorhaastig en het nie opgelet na die regte spelling nie. Dankie vir jou reghelp.

  • Anita, net 'n vragie........"Out of bounce" is dit iets soos van ons moet bietjie uit die boks dink of verwys jy na die  "Out of bounds" tegniek wat met PS en PSE gedoen kan word????

    Ek dink ek het jou dalk verkeerd verstaan, sorry vriendin, dit was nie aspris nie hoor......

  • Baie dankie dat jy ons jou insette hier gegee het Leroi, ek sal definitief bietjie rondspeel met die program Photoscape.. maar die ander een PIXLR lg ken ek nie en prikkel my nuuskierigheid.

    Skolers kan ook hul voorkeur programme vir ons deurgee.

    Dankie vir die wat wel al deelgeneem het aan die tema, so het ons elkeen ons eie afdruk wat ons oorplaas op ons foto's om dit interessanter te maak.

    (Het iemand dalk my "takt" opgespoor ek kry dit nerens nie.. als raak weg hier by my :-) Ek vra verskoning as ek iemand geaffronteer het met my kommentare.

  • Dankie, Anita. Dit klink net lekker.

  • Hehehehehehe ,Josef gaan vir jou pak gee.......ek het  ook "Out of Bounce" geskryf tot hy my reg gehelp het......"Out of Bounds" is die regte terme.

    Ek bewonder Leroi en Engela se fotografie kunswerk en hoop een van hulle gaan ons 'n les of twee gee tov die verwerking wat hulle doen

    Dankie vir nog 'n lekker uitdaging Anita

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html