Help asseblief! Ek kan nie op Fotoskool inkom nie! Kry net 'n aantal groen blokkies met die name van die fotograaf en die naam van die foto daarby. Dit word vertikaal links aan die kantlyn geplaas. Ek voel soos ou Ben Gunn wat verlate op 'Treasure Island' agter gelaat is - 'marooned'! Wat kan ek doen om weer in die klaskamer te kom? Rassie.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Replies
Rassie ek het nou vandag se foto kleiner gemaak; ek aanvaar my foto se MB was te groot. Daarna, dadelik afgelaai.
Rassie en hier sukkel ek nou sowaar ook om my foto af te sluit, maar ek glo Igno sal spoedig weer alles reg hê. Groete Tina
Ai dit is jammer Rassie. Ekself het deesdae glad nie meer probleme met Fotoskool se webblad nie.
Watter webblad-adres gebruik jy tans?