Verjaarsdae van lede.

Ek kyk elke oggend wie verjaar daardie spesifieke dag en dit is só opmerklik dat weinig van die mense wat verjaar bekend is by Fotoskool. Nou dit het my maar net laat dink wat se impak het die onaktiewe lede op die funksioenering van Fotoskool, want daar moet ñ ontsaglike klom onaktiewe portefuljes in die sisteem lê, as dit verwyder kan word moet die sisteem die vloei van foto's tog sekerlik baie beter kan hanteer.  Het dit nie tyd geword dat die mense wat langer as drie maande laas foto's geplaas het outomaties van die stelsel verwyder word nie, want as jy binne die tyd geen foto's geplaas het is dit heel waarskynlik dat jy nie meer belangstel nie. Maar net gewonder Igno!! Groete Willie.

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Baie dankie vir almal wat gereageer het, ek is veral bly dat Igno sy inset gelewer het. Dit is voorwaar ñ biblioteek wat hier opgebou is.  Tina ek stem saam met jou, dit sal nie ñ lekker dag wees nie. Die aktiewe lede is maar soos ñ groot familie bymekaar. Kom ons hou aan en hou Fotoskool se naam hoog!! Groetnis Willie. 

  • Vir my sal dit 'n baie hartseerdag wees as Fotoskool toegemaak word

    Groete, Tina

  • Hallo Julle

    Sjoe, hierdie bly 'n moeilike onderwerp.

    Soms sien ek iemand verdwyn van Fotoskool af, en dan is hulle skielik 'n paar maande later weer aktief...op hierdie stadium bly die nuwer foto's redelik op die voorgrond; so die ou hout foto's pla nie.

    Wat wel lekker is, is dat die kommentare van al die foto's bly...amper soos 'n reuse biblioteek...

    Ek dink saam met julle en waardeer julle voorstelle.

    groete

    Igno

  • Ek kan net "ditto" op alles reeds genoem. So jaar gelede het ek ook die onderwerp aan gehaal maar ons het nerens gekom nie. Ons klomp moet net eenvoudig by mekaar staan. Ten minste geniet ons almal ons stokperdjies anders was ons seker ook al "dooie hout" soos Pieter dit noem

  • Hallo julle,  ek gooi nou ’n klip in die bos.  Ek weet niks van Webbladsye nie.  Ek wonder net of mens nie ’n sekere getal lede moet hê om so blad aan die gang te hou nie, al is almal nie aktief betrokke nie.  Ek dink op hierdie stadium is daar baie wat nie lus het om kommentaar te lewer nie, omdat dit nie dadelik deurgaan nie.  Ek klik so paar keer dan gaan die kommentaar in elk geval deur. Wat ook die geval kan wees dat party fotograwe weg raak kan dalk die data verbruik wees. Ek probeer om my foto's kleiner te maak hoewel ek meer as genoeg data tot my beskikking het. Dankie vir almal wat nog foto's plaas en die wat opbouende kommentaar lewer.  Ek is maar dom met al die verstellings waarmee ek my nie moeg maak nie, ek is tevrede met my foto's omdat dit vir my ’n heerlike stokperdjie is en ek nie wil stress oor goed wat vir my ouderdom nie nodig is nie.  Groete almal, hou aan foto's plaas want vir my is dit vriendskap en geselsies op ’n ander wyse.  Mooi dag.  Gerrie

  • Ek wil my nie uitspreek of onaktiewe lede van die sisteem verwyder moet word, al dan nie. Wat wel vir my opvallend is, is dat baie mense kameras (en soms duur toerusting) koop en dan wegspring met 'n dolle vaart, maar dan vining 'n "flash in the pan" blyk te wees.  Deesdae sê te veel mense sommer oor enige ding dat iets "hulle passie is." Wanneer 'n mens na die foto's en deelname op FS kyk, is dit baie maklik om die mense raak te sien vir wie fotografie werklik 'n passie is - dit is duidelik te sien in hulle foto's.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html