Verwerking v/s manipulasie.

Skolers waar ons nou so intens besig is met die tema verwerking het ek dit goed gedink om die volgende te deel en ek verwys geensins na enige persoon nie, maar bloot om die verskil tussen die twee aksies uit te wys.

Verwerking is, bo en behalwe die normale verwerkings proses, voordat ñ foto geplaas word, geringe veranderings wat aan die foto aangebring word om miskien meer effek, drama ens uit te lig. Daar word egter niks aan die oorspronklike foto soos dit geneem is verander nie en bly dit ongeskonde.

Manipulasie in teendeel, is heel iets anders en word die hele wese van die foto verander deur ander voorwerpe in te bring of om bestaande voorwerpe te vervang met ander. Met ander woorde die foto se hele wese word daardeur geraak. Interessant om te weet dat wanneer jy ñ foto inskryf vir ñ kompetisie, een van die reëls is dat die foto nie gemanipuleer mag wees nie, sou jy so ñ foto inskryf moet dit verklaar word en dan is dit vir die be-oordelaars om te besluit of dit aanvaarbaar is of nie. Verklaar jy dit nie en jy word uitgevang beteken dit groot skade en skande vir jou naam.

Baie mense is onder die indruk dat die twee dieselfde is, maar verseker nie !!. Anita ek dink persoonlik dat hierdie tema baie uitdagend is en om die sagteware tot jou beskikking in te span om goeie verwerkings te weeg te bring. Dankie aan jou! Lekker verwerk mede Fotoskolers!!!! Voel vry om ook jul menings te lug!

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Baie dankie aan almal. Ek het nou sommer baie geleer. Het self ook bietjie "ge-google" en dit lyk my daar is plek vir manupilasies onder kunsfotografie. Nietemin, dis lekker om te speel en te skep.

  • Baie dankie Willie vir die interessante uiteensetting van die verskille.. asook vir jou Dine. Die meeste van ons is onbewus van die streng voorwaardes en kompetisiereels by klub/salon~inskrywings. Dis wat fotoskool so lekker maak.. ons leer fotografie op 'n prettige manier! en so met die verskillende genres. En dis wat ons poog met die temas om bietjie wyer te dink en leer. Dis lekker as so baie fotoskolers deelneem daaraan.

    Baie dankie vir diegene wat al baie ondervinding het en hul wenke so vrylik vir ons deurgee. Sonder julle sou ons nie groei getoon het nie want ons wil ook dit bereik wat jul alreeds bereik het.

    Ek moet vir Hennie die eer gee vir die "Verwerking~tema" Dit was sy voorstel.

    Groot waardering aan almal.

  • Nee Doretha dit is nie die geval nie en jy het jou gladnie daaraan skuldig gemaak nie. Ek het maar net gedink om die verskil tussen die twee uit te wys. Jy kan maak met jou foto's wat jy wil, want dit is jou foto's. Ek dink net dit is goed dat mense kennis daarvan neem. 

  • Willie, baie interessante skrywe en dit lyk my ek het my skuldig gemaak aan manipulasie.  Nou wil ek graag weet of manipulasie dan glad nie toelaatbaar is, in fotografie nie? Hier vewys ek nie na kompetisies, waar dit verbied word nie.

  • 100% in die kol Willie.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html