Nou ja die pen is lus om met die papier kontak te maak en nav Igno se Kreatiwiteits video het ek maar weer bietjie gaan oplees oor Kreatiwiteit in fotografie en dan spesifiek Kreatiewe verwerkings. Ek het die video, in teendeel , sover almal geniet om te kyk en wens Igno graag daarmee geluk, dit laat ñ mens so ñ bietjie dink oor die ander sy van fotografie.

Waarna ek gaan kyk het is Kreatiewe verwerking, hoewel ek eerstens graag na bloot normale redigering wil kyk. Op Fotoskool het ek al opgemerk dat die Fotoskolers na redigering as verwerking verwys. Ek het myself ook daaraan skuldig gemaak, maar daar is ñ groot verskil tussen die twee.

Redigering: Om ñ foto wat net van jou kamera op jou rekenaar afgelaai is, maak nie saak wat jou inkamera verstellings was nie, het bloot eenvoudig redigering met sagteware nodig. So dit is kleinere regstellings wat gemaak word soos bv. kontras verhoog, kleurversadiging, "crop" of sny, verwydering van ongewenste elemente ens. , sonder om aan die inhoudelike van die foto te verander. Dit moét geredigeer word voordat ñ foto geplaas word, sodat die foto aan die nodige standaarde voldoen. Dit is ñ eenvoudige reël van fotografie, nl. om te alle tye die saak professioneel te hanteer. 

Verwerking:  Hierdie is ñ totaal ander proses wat gevolg word. Ek sien daar word verwys na die kuns om visueel te kan lees. Verwerking gee jou die geleentheid om ñ gewone foto tot iets anders te verwerk, sonder om te manipuleer. Gebruik sagteware programme om die inhoudelike van ñ foto tot iets heeltemal anders te verwerk, wat die kyker se oog daartoe sal inspan om visueel te lees. Dit sal die kyker die geleentheid bied om self te besluit wat sien hy/sy as daar na die foto gekyk word. Só moet nie die foto's wat jy om een of ander rede nie wil plaas nie in die asblik gooi nie, verwerk dit en kyk wat jy daaruit kan haal wat interessant kan wees. Dit neem nogal tyd om die tipe verwerkings te doen en om dit suksesvol te doen. Ek dink Elna, Leroi en Magda het hulself ook al op die pad begewe.

Kreatiewe verwerking na kuns fotografie: Hierdie is baie interessant en ek gaan twee Fotoskolers se werk hier aanhaal wat dit reeds suksesvol doen en dit is Sandra Grobler met haar kreatiewe gesigte ( wat sy puik doen) en Rassie van Graan met sy landskappe en soms gedigte wat hy byvoeg. Hulle verwerkings is kreatief omdat die kyker steeds die inhoudelike van die foto sonder probleme kan identifiseer, maar daar is ñ besliste kuns element daaraan verbonde. My reekse oor "Fine Art" , wat ek al by twee geleenthede geplaas het skakel ook hierby in. Dit verskil natuurlik geheel en al van kreatiwiteit in ñ gewone foto soos wat Igno dit aangebied het, want daar soek jy na iets heel anders bv. sy moordtoneel. So kan kreatiwiteit ook verskil, veral as ons na die kreatiewe denkpatrone van die brein van Dr. Kobus Neethlingh kyk, weer heel iets anders.

Ek is tans besig om ñ reeks kreatiewe verwerkings te doen wat ek vanaf volgende week sal begin plaas ten einde die reaksie daarop te sien. Ek ervaar dit as geweldig stimulerend, want dit wat die oog sien, sal heel waarskynlik nie deur twee persone dieselfde be-oordeel word nie, agv. die visiualiteit daaraan verbonde en dan die vermoë om dit visueel te lees en te interpreteer. By die verwerkings word daar ook geen inligting oor die foto gegee nie, maar bloot ñ naam daaraan gekoppel, sodat die kyker nie gelei word deur die volledige beskrywing nie. 

Hierdie kan ñ heerlike uitdaging wees en miskien ñ nuwe era vir fotografie inlei. Dink net hoe het fotografie al gevorder sedert die dae van Ansel Adams se film fotografie. Ons is bevoorreg dat ons nie in ñ donker kamer hoef te staan nie, maar rustig agter die lessenaar op die rekenaar kan werk aan ons foto's. 

Ek sien uit na die kommentare hierop en veral na jou kommentaar Dine. Tot ñ volgende keer groetnis en Mooi Loop ou Grote!! Willie.  

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Jy klits 'n spyker vol op sy kop Willie

  • Dine en Gabriel baie dankie vir jul insette en deelname, interessant om jul menings te lees en dit was ook my hele doel om die onderwerp bietjie aan te roer en die verskillende menings te kry. Ek besef daar is ñ laaaaaang pad nog vorentoe om daarmee te stap. Dankie.

  • Willie baie dankie vir jou volledige nota; ek wil dit nog 'n keer deurlees want ek wil soveel as moontlik, die detail onthou.

    Waardeer jou moeite!

    Groete, Tina 

  • Dankie Sandra, waar woorde en ja dit is maar net soos jy sê......verstaan die kyker dit.? Gaan voort asseblief, want ek lief dit waarmee jy besig is. !! 

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html