Wat is die volgende stap

Ek het die afgelope ses weke baie tyd gehad om te dink en te beplan oor my toekoms na 'n redelike ernstig mediese situasie.  Ek besef ek was die afgelope seker 18 maande min op die blad.  Dit was bloot agv werksdruk en op die ou end het ek 'n long embulisme gehad agv die hoeveelheid vlugte wat ek moes neem na allerhande lande.

Ek is oor dit maar moet daaraan dink hoe om fotografie te kry om 'n besigheid daaruit te bou.  Eerste gedagte, doen troues.  Het probeer maar op een advertensie vir 'n fotograaf vir 'n troue besef ek dat daar 500 fotograwe in ons dorp is wat bereid is om dit te doen vir so min as R200.  My vraag is ROI op toerusting wat bykans R100 000 kos.

Ek het toe so op my eie gewonder of daar nie iets anders is nie.  Het 'n halwe antwoord gekry na 'n dokter my gevra het of ek van my fotos sal aan haar verkoop om teen haar spreekkamer se mure te sit.

My gedagte en dus die vraag aan mede Fotoskolers en veral die wat geld uit fotografie maak.  Is daar 'n mark vri sulke fotos as jy werklik dit bemark (still lewes en bv landskappe of blomme) gerdruk en geraam en daarby saam portrette in 'n studio omgewing.  Ek sal nog vir 'n geruime tyd nie die rondhardloop van 'n troue kan doen nie maar gedink as ek sulke fotos kan neem is daar 'n moontlikheid om 'n rand of wat te kry vir my moeite

Help asseblief met raad.  Alles sal welkom wees

Groete 

Coli 

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Baie dankie Elna Terwyl ek uit aksie is is ek hard besig om daaraan te werk




    Elna Geringer said:

    Colin, eerstens......jammer om van jou terug slag te hoor en ek hoop dit gaan sommer gou beter met jou. Ek dink beslis daar is 'n mark vir dit wat jy wil doen maar jy gaan moet bietjie mark navorsing doen en kyk wat die behoefte is. Ek kan hier in ons omgewing aan 'n hele paar spreekkamers  dink wat kan doen met beter fotos teen hulle mure. Sterkte mater ek hou duim vas vir jou

  • Colin, eerstens......jammer om van jou terug slag te hoor en ek hoop dit gaan sommer gou beter met jou. Ek dink beslis daar is 'n mark vir dit wat jy wil doen maar jy gaan moet bietjie mark navorsing doen en kyk wat die behoefte is. Ek kan hier in ons omgewing aan 'n hele paar spreekkamers  dink wat kan doen met beter fotos teen hulle mure. Sterkte mater ek hou duim vas vir jou

  • Salmaar moet  het by een gehoor maar hulle het nie eintlik focus daarop nie.  Daarom die vraag
     
    Gerrie Lambrechts said:

    Colin dit lyk vir my ons is maar almal dom hier, gaan hoor by Gallerye indien daar naby jou een is.

    Groete

    Gerrie

  • Colin dit lyk vir my ons is maar almal dom hier, gaan hoor by Gallerye indien daar naby jou een is.

    Groete

    Gerrie

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html