Wikkel Fotografie

Nav. Erika se navraag plaas ek graag die volgende inligting.

Die kamera verstellings vir die foto van die riete ( Skakerings van bruin ) is soos volg: SS 1/60s, f16, ISO100,Focal L 400mm, W/B Manual, Aperture Priority modus. Ek verkies AP Modus, maar kan ook met Manual gedoen word.

Die tegniek is eintlik baie eenvoudig. Bepaal wat jy wil afneem, riete, pluime, grasse ens. werk gewoonlik baie goed. Kry ñ fokuspunt en beweeg die kamera in die bepaalde rigting wat jy moet afneem bv. Vertikaal of Horisontaal, dit sal afhang van die formaat van jou voorwerp. Die gelykmatige beweging van die kamera se lens is belangrik; terwyl jy die lens in die bepaalde rigting, op en af of dwars beweeg druk jy die sluiter. Sie..... daar het jy ñ wikkel foto. Die tegniek is baie dieselfde as "panning" behalwe by "panning" neem jy ñ bewegende voorwerp en hier is die voorwerp stil en beweeg net die kamera se lens.

Ek sien uit daarna om sommer baie wikkel foto's te sien. Lekker Kiek!!

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Email me when people reply –

Replies

  • Wikkel fotografie is 'n heerlike manier van tydverdryf. Ek speel graag daarmee as daar niks anders is om te doen nie. Bome is my gunsteling voorwerpe. Willie, jy is in die kol met die kamera stellings.

  • Baie dankie Willie vir jou sinvolle verduideliking.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html