4 Members

Doel van hierdie groep

Hallo Almal,

Die doel van hierdie groep is vir mense wat hulleself nog as Beginners beskou, en wat na afloop van 'n Beginnerskursus nog slypwerk wil doen, om hier te kom saamgesels en vrae vra wat hulle "versigtig" is om elders te vra. Hier is dus geen dom vrae nie. Net mense wat leer by mekaar.

Ek sal dan ook gereeld nuwe inligting byvoeg.

 

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Ek wonder of Igno nie lus het om baie basies vir ons meer te vertel van die kombinasies tussen : Aperture,ISO en tyd? Ek glo as n mens dit verstaan en onder die knie het,sal enige foto geleentheid "uit gewerk" kan word vir n goeie foto. Ek weet die 3 gaan hand aan hand maar ek sukkel bietjie om die "omgewing" van die foto te lees en dan die regte verstellings te maak.Ek sien ook dat hier Nov 2013 laas aksie was in die groep. Is daar enige rede voor?

This reply was deleted.
E-mail me when people leave their comments –

Ietsie oor Sluiterspoed

Vandag kyk ons bietjie na die konsep van sluiterspoed. Julle sal onthou dat ek verlede keer vertel het hoe die lig wat ‘n kamera inlaat amper werk soos ‘n yskasdeur wat mens oopmaak. Hoeveel koue by die yskas sal uitkom, sal afhang van hoe groot die yskasdeur oop is, hoe lank dit oop bly, en hoe koud die yskas gestel is. Verlede keer het ons gesels oor die feit dat lensopening vergelyk word met hoe groot die deur oop is. Ons het ook gesels daaroor dat ‘n groot lensopening (‘n kleiner getal)…

Read more…
0 Replies

Aperture, oftewel Lensopening...

Nou die van julle wat steeds wonder oor lensopening - hier is 'n baie eenvoudige voorbeeld. Onthou, dat as jou kamera in APERTURE PRIORITY (die A op die draaiwiel) is, dan bepaal jy die lensopening/(Aperture), en die kamera bepaal dan die sluiterspoed. Die lensopening weer, bepaal die die diepte van veld - hoe groter die lens oop is (onthou dis breuke), hoe kleiner is die getal. So hier is dit: (Op die volgende foto stel ek toe die lens op F2.8 - baie lense kan nie so groot oop nie, so jy sal…

Read more…
3 Replies

So waar begin mens? - Kompak vs Digitale SLR

Kom ons veronderstel jy moet begin deur te besluit watse kamera jy moet koop. Jy kan kies tussen 'n kompakte kamera (mik en druk) of 'n digtitale SLR (op die oog af is die verskil dat hierdie kamera se lens kan afhaal). Baie mense kyk na die sogenaamde Megapixels - en dan reken hulle dit is dieselfde, daarom behoort die foto-gehalte ook dieselfde te wees.   NEE!   In kort: Die digitale SLR kamera het 'n groter sensor waarop hierdie megapixels vasgevang kan word, en at dus baie meer gehalte kan…

Read more…
0 Replies
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html