Neels het hierdie forum versoek vir die gebruikers van Canon kameras
9 Members
Join Us!

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Kalla, die groep is nog aktief maar het vandag oorgegaan na 'n betaalde blad. R50 pm of R500 per jaar. Stuur vir my jou e-pos adres dan forward ek Igno se laaste e-pos aan jou. josefmsteyn@gmail.com Ek glo egter jy behoort sy e-pos te gekry het.
  • Hi Jackie,jy kan ook vir ons sê watter canon jy gekoop het en dan interaksie kry met skolers wat dieslefde of 'n soortgelyke kamera het.Dis waarvoor ons almal maters is jong........om mekaar met alles te help

  • Jackie, wees gerus. Jy kan nie die kamera beskadig deur verstellings te doen nie. Om te leer hoe die kamera werk moet jy maar die handleiding noukeurig deurlees. Of gaan terug na die kamerawinkel waar jy dit gekoop het. hulle sal jou ook help. As jy wil weet wat jy alles met die kamera kan doen verwys ek jou graag na die boek wat ek en Hennie oor die onderwerp geskryf het. Daar is 'n skakel daarheen op fotoskool se hoofblad of jy kan na die volgende twee webwerwe gaan: www.hogsbackinfo.co.za/eboek vir Afrikaans of www.hogsbackinfo.co.za/ebook vir Engels. Of jy kan vir my skryf by superfoto7@gmail.com

  • Baie geluk Juanita.Jy het sommer n groot sprong gespring na 7D toe. Gelukkig is hier by Fotoskool baie wat jou gaan help met raad en daad. Ons sien uit na jou fotos met die nuwe speelding

  • Baie geluk Juanita. Jy het 'n goeie kamera gekoop. 

  • Juanita, kyk ook na die 70D. Dit is, na ek verneem, baie goed met 'n nuwe, baie effektiewe fokusstelsel.

  • Dankie Maronel. As jy 'n prys by ORMS gekry het, onthou dat hulle heelwat minder betaal het. Ek dink jy kan so 25% aftrek van hulle vekoopsprys en dan behoort jy nog heelwat bokant hulle aankoopprys te wees. 2de-handse kameratoerusting is nie baie gewild nie. Omdat jy die kamera se geskiedenis ken is dit 'n groot pluspunt en kan jy oorweeg om meer te betaal as wat andersins die geval sou wees. Nog 'n punt om in aanmerking te neem is dat daar binnekort 'n opgradering van die 7D kom en dan sal die huidige model se prys heelwat verlaag. Sterkte met jou besluit.

  • Maronel - die 2de handse prys vir 'n 7D is in die omgewing van R8500 vir die kamera alleen. Dit is 'n goeie koop en soos jy sien is daar baie tevrede gebruikers. Sorg net dat jy die firmware opdateer met die nuutste weergawe 2.03. Vra gerus indien jy nie weet hoe nie

  • Maronel, ek stel voor jy skakel 'n plek soos ORMS. Hoor of hulle 'n tweedehandse 7D te koop het en wat hul prys is. Dit sal jou 'n goeie idee gee. Die 7D is 'n goeiekamera. Jy sal hul tel no kry by www.orms.co.za Ek weet hulle hoy 2de-handse toerusting aan.

  • Johan, skryf direk vir my by  josefmsteyn@gmail.com

This reply was deleted.
E-mail me when people leave their comments –

Keuse tussen twee Canon lense

Ek jeuk om een van twee lense aan te koop as veeldoelige lens om te gebruik as ek op reis is. Dit sal waarskynlik heelwat gebruik word om my kleinkinders af te neem.My kamera is 'n Canon 450D en ek oorweeg een van die volgende lense: Die 18-200mm EFS lens en die 28-200mm EF lens. Ek is bewus van die voordele en nadele van die lense tov cropped en full frame kameras.Ek het 'n "review" oor die 28-200mm gelees wat min goeds oor die lens te se gehad het. Volgens die review het dit erge distorsie by…

Read more…
7 Replies
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html