Vir lede om gevorderde tegnieke en wenke te deel...

5 Members
Join Us!

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Juan, ek neem al 44 jaar fotos! Ek is 'n voltyds kommersiale fotograaf en het in my lewe omtrent alle tipe fotos geneem. Voël fotografie is die mees uitdaagende tipe fotografie en dis hoekom ek in my spaar tyd maar voëls afneem. Hulle is nooit in die regte plek nie, kyk nooit vir die kamera nie en sit nooit stil nie. Vandag is dinge baie makliker as wat dit in die film tydperk was veral as dit by HDR en blending kom.

    Jip, die boonste foto was HDR in Photomatix en die onderste 'n blend in CS5. Dalk moet jy vir jou Gimp aflaai (dit is gratis) wat baie dieselfde funksies as PS het. Kry dan 'n paar opleiding cd's van Igno af en begin maar daar. PS Elements 10 is ook nie so duur nie (omtrent R1000) en het baie van die volle PS se funksies.

  • Dankie vir die uitnodiging Juan. Jy en Robbie het nou reeds vir my 'n hele klomp inligting gegee deur die tegnieke te noem wat julle gebruik. Ek gaan bietjie die internet raadpleeg en as ek 'n spesifieke probleem het gaan ek julle raadpleeg. Nogmaals dankie.

  • Ek werk in of CS5 of in Photomatix... Ek gebruik 'n 24mm F2.8 lens op 'n Volle groote sensor. EK gebruik 'n CPL maar geen ander filters nie. Landskappe is nie my belangrikste fotografie nie maar tog dink ek dat my fotos nie te sleg is nie.

    Twee voorbeelde van my fotos.

    8368149068?profile=original

    8368149459?profile=original

  • Klink heel basies Juan... Ek skiet net in RAW, gewoonweg 5 fotos (-2, -1, 0, +1 en +2). Altyd ISO100, F8, wissel die spoed, nie die lensopening nie. (as jy die lensopening verander sal jou diepte van veld verander). Meng die fotos dan ook met sagteware..

  • Dankie Juan vir hierdie verduideliking. Heelwat van die dinge wat jy noem is nog onbekend vir my, maar dit gee vir my 'n aanduiding van waarvoor ek moet soek. Ek waardeer jou ninset geweldig baie.

  • Dalk moet jy jou tegniek met die 16 maskers met ons deel?

  • Sjoe Juan... so baie fotos!!! Ek neem aan dat jy -2, 0 en +1 skiet en dan in PS of Photomattix hulle bewerk.

This reply was deleted.
E-mail me when people leave their comments –

Die doel van die groep "Gevorderde Tegnieke"

Ek het so pas aangesluit by hierdie groep en ek kry die indruk dat slegs een persoon deelneem en die groep gebruik om groot getalle fotos te laai waarskynlik met die doel om kommentaar te verkry. Mag ek die voorstel maak dat  fotos wat hier gelaai word (verkieslik slegs een of maksimaal twee op 'n slag, of meer, slegs as dit noodsaaklik is om 'n spesifieke tegniek te illustreer), geplaas word met 'n spesifieke doel, soos bv om raad te kry oor die oplos van 'n spesifieke probleem of om raad te…

Read more…
1 Reply
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html