Hierdie groep dien as die vertrekpunt vir die mentorskapkursus en is geslote. Hierdie groep sal dan ook eers later aktiveer...

1 Member

Welkom by ons eerste jaar van die fotoskool mentorskapprogram

Hallo aan almal wat ingeskryf het vir ons mentorskapprogram! Hopelik gaan hierdie jaar vir julle 'n jaar van ongelooflike groei in terme van jou fotografie wees!

Kom ons begin deur te verduidelike wat die program gaan behels:

Eerstens, ons gaan probeer om so akkommoderend as moontlik tot almal se behoeftes te wees. Dus, kom lewer gerus kommentaar in die FORUM oor wat jou spesifieke behoeftes is.

Tweedens: Jy gaan self kans kry om so prakties as moontlik te speel en te leer. Ons doel is om beide persone wat beginners is, sowel as mense wat reeds gevorderd is te help met hulle fotografie. Moet dus groot asseblief nie dink die dinge wat ons deel is te "elementer" of te "moeilik" vir jou nie. Ons deel sekere grondbeginsels, en ons wil graag he dat jy dit toepas en dan sal ons saam met jou na jou uitslae kyk en probeer om aanbevelings te maak wat jou sal help groei in jou fotografie.

Die derde punt gaan daaroor dat jy regtig moet toegewyd bly aan die program. Sonder toewyding gaan daar nie regtig groei kan plaasvind nie. Probeer die opdragte so noukeurig as moontlik uitvoer, en indien jy agter raak, moenie tou opgooi nie!

Vierdens - Hierdie "Group" is bloot die beginpunt van julle reis op die program. Die rede is omdat baie mense al die fotoskool omgewing ken en maklik daarmee werk. Weldrae gaan jy met jou eie webwerf(blog) begin werk, en gaan ons jou ook na ander webwerwe nooi. Fotografie gaan nie meer net oor die neem van foto's nie, maar ook oor die deel van foto's - so ons gaan ook die internet 'n bietjie verken!

En ons vyfde stap... dis tyd om te begin met die eerste opdrag...

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

E-mail me when people leave their comments –

Opdrag 2: Mentorskapprogram - Watter toerusting gebruik jy?

Ten einde te weet hoe om sommige van ons opdragte te benader, gaan ons vra dat julle gerus bietjie kom deel watter toerusting julle gebruik. Onthou gerus, die belangrikste toerusting vir enige fotograaf is ons oë en ons kreatiwiteit. Baie mense voel dat hulle toerusting dalk minderwaardig is en mag voel dat hulle nie graag wil deel nie. Onthou, ons kan jou beter bystaan in die proses as ons verstaan watter toerusting jy gebruik. Laat weet ons ook gerus watter sagteware jy gebruik (dalk gebruik…

Read more…
0 Replies

Opdrag 1: Mentorskapprogram

Ons eerste opdrag is redelik maklik, maar dit kan ook moeilik wees :-) Ons wil baie graag wegtrek met die versoek dat elkeen van julle drie van jou  foto's moet deel in hierdie groep. Hierdie foto's moet in jou opinie tegnies redelik goed wees. Baie mense is skrikkerig, maar moenie kommer of twyfel nie. Die idee is dat ons 'n lekker vertrekpunt kan kry om vanaf te werk. Onthou, ons doel hier gaan wees om jou te help om jou fotografie te verbeter! Die foto's kan gelaai word as "Replies" op…

Read more…
0 Replies
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html