Kort geskiedenis:
Vir 11 jaar was fotoskool 'n kostelose webwerf waar fotografie entoesiaste meer oor fotografie kon leer deur hulle foto's op te laai en kommentaar op mekaar se foto's te lewer.
Betaalmodel en voordele:
Weens verskeie faktore (wisselkoers, prysveranderinge in terme van bedieners ens) is ons genoop om vanaf Februarie 2021 fotoskool op 'n betaal-grondslag te bedryf. Ons het baie lank debatteer, sowel as lede se insette gekry, en wil Fotoskool so bekostigbaar moontlik hou, en steeds waarde toevoeg.
- Die eerste wat ons begin doen het, is om materiaal uit ons voormalige betaalde kursusse op die webwerf te deel as deel van subskripsie.
Daarna het ons na kostes gekyk. Ons opsie is om vir 2021 te werk op 'n koste van R50.00 per maand, (Net so bietjie meer as melk en brood :-))of R500 vir die jaar. (Die R500 sal dus geldig wees tot Desember 2021).
Bogenoemde model sal vanaf 1 Februarie geldig wees. Dus, as betalings nou of voor 1 Februarie gemaak word sal die R50.00 geldig wees vir Februarie (Januarie sal steeds kosteloos wees).
- Indien jy nie 'n betalende lid wil wees nie, sal jy steeds 'n lid bly; maar net nie foto's kan oplaai vir kommentaar nie. Jy sal wel na kommentare kan kyk, en so kan leer.
- Indien jy graag 'n lid wil bly, maar jy het nie die finansies nie, sal ons jou akkommodeer as lid, stuur net gerus 'n e-pos aan Igno by ignophoto@gmail.com en laat weet dat jy nie tans lidmaatskap kan bekostig nie. Ons wil graag almal akkommodeer, en sal verstaan as jou ekonomiese omstandighede jou nie toelaat om R50.00 per maand te bekostig nie.
- Indien jy jou ledegeld vir die jaar of maand wil betaal, kan jy dit tans inbetaal by die fotoskool rekening met die volgende besonderhede -
- (gebruik asb jou naam as verwysing en stuur 'n bewys van betaling aan ignophoto@gmail.com)
Rekeningnaam: Fotoskool
Bank: Standard Bank
Tipe: Tjek
Takkode: 055534
Rekeningnommer: 422 193 658
Ons hoop om weldrae 'n Paypal opsie beskikbaar te maak vir betaling.
Indien daar enige vrae is, stuur gerus 'n e-pos aan ignophoto@gmail.com