Anita du Toit posted a photo
Simmetrie
Jun 19, 2019
Anita du Toit posted a photo
Hondekind
Jun 18, 2019
Anita du Toit posted a discussion
Ons Landsvlag. Vida het die interessante tema voorgestel om die landsvlag op verskillende maniere, plekke, gestaltes en idees waarin dit gebruik word af te neem.Dankie Vida, en lekker kiek maters!
Apr 15, 2017
Anita du Toit posted a photo
Dis 'n toneeltjie wat al skaarser word met al die inkopiesentrums en groot afdelingwinkels. Foto is geneem in die Bo Kaap.
Apr 13, 2017
Anita du Toit posted a photo
Druppel
Apr 9, 2017
Anita du Toit posted a photo
Ek het die foto's geneem van die fotograaf toe Mooiloop 'n program by ons Kiekieklub gemaak het. Ek plaas onder die geheelbeeld
Apr 8, 2017
Anita du Toit posted a photo
Ons was verlede naweek stad toe en die toneeltjie speel hom af by Theewaterskloofdam. DIs stof wat voor die berg so waai uit die dam. Ek plaas onder die brug oor die dam, daar is nou net drie pilare in die water
Apr 4, 2017
Anita du Toit posted a discussion
Ons het nognie straatfotografie gehad nie, jy kan gewoon in jou motor sit en waarneem wat om jou gebeur. Gabriel het dit so mooi gestel dat mens net eers die area moet inneem voor jy die knoppie druk. Dit hoef nie noodwendig in 'n straat af te speel…
Mar 30, 2017
Anita du Toit posted a photo
Die dam is nou 25% vol.
Mar 21, 2017
Anita du Toit replied to Willie Schoombee's discussion High-Key Fotografie.
"Dis nou insiggewend en ek val ver uit die bus met die een! Baie dankie Willie vir die moeite om ons nader aan die waarheid te bring."
Mar 20, 2017
Anita du Toit posted a photo
Ek tas maar nog in die donker Gee wenke moets en moenies. Onder plaas ek die foto wat ek probeer regmaak het in PS.
Mar 20, 2017
Anita du Toit posted a photo
Dit was nou trippe trappe tone om nie oor klippe te val nie.. om die maan op die boompie te "balanseer".Mmmm en ja..Photoshop sou baie makliker wees ne!!Sommer net fototjie.
Mar 16, 2017
Anita du Toit posted a discussion
 Ons het nou baie geleer i.v.m. die Low Key tema,  Dankie Pieter vir die voorstel en plasing daarvan.  Nou vat ons die gevreesde High Key een. Plaas daardie foto's dis al hoe ons gaan leer om uit die boksie te dink en geniet dit net.
Mar 15, 2017
Anita du Toit posted a photo
Ons is vanoggend 4.30 van Kleinmond weg na Theewaterskloofdam wat nou so leeg is. Ons doelwit was om die maansondergang en sonsopkoms af te neem en die talle boomgeraamtes vas te vang.
Mar 13, 2017
Anita du Toit posted a photo
Tussen die palms
Mar 7, 2017
Anita du Toit posted a photo
Maskamberg met sonsondergang
Mar 2, 2017
More…

Comment Wall

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Hallo Anita, Jammer ek het jou gemis. Baas het geroep, toe los ek alles net so en raak besig met iets anders. Jy is reg oor hierdie tema. Ons leer baie en daar sal seker ook baie meningsverskille wees. Ek haal my hoed af vir die ouens wat die kamera al die werk laat doen. Hulle kan.

  • Anita, veral met teksture kan 'n mens 'n foto met of sonder 'n fokuspunt neem. Altwee is reg. Die fokuspunt moet net nooit die tekstuur oordonder nie.

  • Dankie Anita. Ek waardeer jou gelukwensing. Ek begin egter nou elke jaar een jaar aftrek van die groottotaal!

  • Anita, ek het nuus vir jou. Jy is al lankal daar en het al verbygegaan. Jy is veels te beskeie. Jou foto's is deurgaans van baie hoë gehalte.

  • Anita, daar is 'n kat dood iewers. Ek het ook met ander foto's gesukkel en ook toe ek myne gelaai het. Nou lyk alles egter weer reg. Kyk of hy nou by jou oopmaak.

  • Dankie vir jou opmerking op my foto en ook op die leaderboard. Jy is natuurlik reg en ek merk ook dikwels op soos jy berig het. In Doretha se geval speel meriete darem gelukkig 'n groot rol. Die posisie op die leaderboard is, soos jy sekerlik ook al opgemerk het, suiwer gebaseer op die aantal kommentare wat dit ontvang. As 'n baie swak foto deur baie mense afgeskiet word sal dit ook dalk eerste op die leaderboard verskyn. Die arme rekenaarprogram wat die leaderboard saamstel het natuurlik nie 'n idee van die meriete van die foto nie. Nog 'n aspek wat 'n rol speel is dat ongewone foto's wat dalk baie goed mag wees, min kommentaar kry omdat baie Fotoskolers voel hulle is nie by magte om 'n mening uit te spreek nie en dan kyk hulle maar verby die foto. Dankie in elk geval vir jou kommentaar.

  • Dankie Anita!  Dis my alias! - die vorige foto was so sewe jaar oud!

  • Anita, dankie vir die briljante bespreking wat jy aan die gang gesit het oor die sluit van Fotoskool vir 'n paar dae. Jy sal sien dat ek 'n langer periode steun. Ek sien ook dat jy genoeg steun kry om dit moontlik te maak. Ek stel dus voor dat jy vir Igno skryf en vra dat hy sommer dadelik so 'n kennisgewing uitstuur as hy dit ook steun. Dit sal belangrik wees om sy samewerking te kry. Het jy sy e-pos adres? As dit nodig is, is ek ook bereid om dit met hom te bespreek. As dit nodig is, skryf vir my by superfoto7@gmail.com 

  • hallo anita, dankie vir jou mooi wense - was 'n spesiale dag vir my!

  • Anita, dankie vir jou kyk na my 'kunsgalery'. By die ouer geboue in Hogsback is dit bloot toevallig as iets reguit of regop is. As 'n muur bv. dan nog reguit en regop is dan word dit as 'n wonderwerk beskou. Van die huisies wat ek hier by my aan gaste verhuur is op die sg. 'wattle-and-daub' manier gebou. Van die mure wat reguit behoort te wees is so krom dat ek al gewonder het of die bpuer nie dalk 'n ronde rondawel in gedagte gehad het nie. Tog staan die huisie nou al 80 jaar en daar is nie 'n kraak of bars in nie. (Die huisies is boonop sonder 'n fondament gebou!!) Ek het die foto sommer uit die hand geneem en dit is nie onmoontlik dat die kamera nie heeltemal regop was nie. Ek sou egter verbaas wees as die huisie nie in elk geval skeef staan nie.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html