Hallo Doretha. Oor die stuk gereedskap. Ek is nie eens seker wat die regte Afr. naam is soos dit in 'n tegniese woordeboek voorkom nie. Die term 'angle grinder' is so goed gevestig dat dit dalk al as 'n leenwoord erken word vir al wat ek weet. Ek hoor egter wel dat'hoeksnyer' (en ook hoekslyper) af en toe gebruik word. Oor die algemeen is ons as Afrikaanssprekendes baie lui om Afrikaanse terme aan te leer en te gebruik.
My high-key foto: Doretha die storie agter hierdie foto: ons was 'n groep fotograwe wat 'n kursus in die Hopefield-omgewing gedoen het. As ek reg onthou, het ek hierdie foto by Cape Columbine geneem, naby Tietiesbaai en Pasternoster. Die wind was baie sterk en hierdie man wat saam met ons op kursus was, het hom self verskans teen die wind met die doek om sy gesig en toe het hy teen die rots gaan sit waar 'n groot kruis geverf is. Wie die kruis daar geverf het, weet ek ongelukkig nie.
Comments
Die kleure vd druppels en weerkaatsing daarin is pragtig Doretha. Nie op inbox gekry nie.
Hallo Doretha. Oor die stuk gereedskap. Ek is nie eens seker wat die regte Afr. naam is soos dit in 'n tegniese woordeboek voorkom nie. Die term 'angle grinder' is so goed gevestig dat dit dalk al as 'n leenwoord erken word vir al wat ek weet. Ek hoor egter wel dat'hoeksnyer' (en ook hoekslyper) af en toe gebruik word. Oor die algemeen is ons as Afrikaanssprekendes baie lui om Afrikaanse terme aan te leer en te gebruik.
Hi Doretha, ek het ook gewonder oor die wit weerkaatsing in vamdag se foto maar ek gaan dit eers so los. Dankie dat jy dot genoem het
Graaff Reinet se kerk:
Doretha en Donald baie dankie vir die inligting - ek waardeer julle wenke en Donald vir jou moeite met die foto.
My high-key foto: Doretha die storie agter hierdie foto: ons was 'n groep fotograwe wat 'n kursus in die Hopefield-omgewing gedoen het. As ek reg onthou, het ek hierdie foto by Cape Columbine geneem, naby Tietiesbaai en Pasternoster. Die wind was baie sterk en hierdie man wat saam met ons op kursus was, het hom self verskans teen die wind met die doek om sy gesig en toe het hy teen die rots gaan sit waar 'n groot kruis geverf is. Wie die kruis daar geverf het, weet ek ongelukkig nie.
My groen vlasse-foto:
Doretha was dit nie vir Fotoskool nie, sou ek nooit daaraan gedink het nie. Dankie vir jou mooi kommentaar.
Dankie Doretha. Ek waardeer jou goeie wense.
My 3-deure-foto by Kolmanskop:
Baie dankie Doretha vir jou positiewe kommentaar.
Dankie vir jou nota oor die AV; dalk moet ons by die WB-verstellings 'n verandering maak?
My 11 Mei se foto "oppad na Lüderitz"
Baie dankie Doretha vir jou mooi kommentaar.
Altyd as ons in daardie omgewing ry, tref dit my dat die tonele kort-kort verander.
Doretha ek en Coenie lag nou alte lekker vir Willem se storie oor die Koos