"Dis 'n baie mooi toneeltjie met mooi kleure en 'n goeie komposisie. Die skerpte van die fokus op die miere kon 'n fraksie beter gekom het, maar verder baie mooi."
"Dis 'n pragtige foto! Die ranskikking so op 'n vae diagonale lyn is baie goed met die blom as primêr en die geel knoppe die sekomdêres. Die swart agtergrond doen baie vir die foto. Baie mooi!"
"Skitterend! Daar is 'n kunstigheid aan hierdie foto wat dit iets besonders maak. Dit het te doen met die ontwerp van die ronde oë wat vaagweg herhaal word deur die vlerke agter. Mooi skerp met pragtige kleure. Baie mooi! Dankie vir die bietjie…"
Gedurende ons rondryery is ons getrakteer op hierdie toneel (naby Bethlehem). Dit was baie reënerig en mens se natuurlike neiging sou wees om in die huis te bly. Kyk net wat lewer die trotsering van die elemente op!
"Pragtig! Jy het ‘n sterk voorgrond ingebou, wat treffende diepte gee agtertoe. Die lig val baie mooi op die toneel met mooi ryk kleure. Ook mooi skerp regdeur. Baie goed gedoen!"
"Jammer oor die kommentaar hieronder. Dit was vir Johan de Beer bedoel. Ek weet regtig nie hoe dit hier geland het nie. Nietemin, jou foto is pragtig. Dis ‘n baie suksesvolle kunswerk met ‘n goeie komposisie. Beide die lig en kleure is pragtig. Baie…"
"Pragtig! Jy het ‘n sterk voorgrond ingebou met treffende diepte agtertoe. Die lig val baie mooi op die toneel met ryk kleure. Mooi skerp ook regdeur. Baie mooi en goed gedoen!"
"In haar ander foto het ek aan die Fotoskolers gesê Liz het insek fotografie ongeveer 9 jaar gelede hier op Fotoskool begin. Hierdie foto toon 'n besondere gebeurtenis waar die spinnekoppie sy prooi geniet. Die komposisie is goed sonder enige…"
"Welkom terug Liz! Net vir die Fotoskolers: Liz het insek-fotografie op Fotoskool begin ongeveer 9 jaar gelede. Hierdie foto is pragtig, met mooi kleure. Aangesien die voorgrond taamlik groot is, kan jy oorweeg om bietjie onder en links af te sny.…"
Hennie, op pad na Mosselbaai op die N2 is daar 'n afdraai na Dekriet (wat dit ook al mag beteken.) Ons het daar 'n herle paar mooi geleenthede gekry. Dit klink vir my of dier wrklike mooi tonele anderkant Swellendam op pad na Kaapstad is. Dit sal waarskynlik ons volgende ekskursie wees.
Goeie more Hennie, ten spyte van ons inperking, aanvaar ek dat jy 'n baie gelukkige verjaardag sal hê. My allerbeste wense vir 'n geseënde nuwe lewensjaar, gevul met baie vreugde, goeie gesondheid en nog baie foto-geleenthede. Baie dankie vir die besondere manier waarop jy ons in fotografie lei. Groot voorreg om by jou te leer.
Beste Hennie, ons hoop jy het 'n heerlike bederfdag gehad. Ons allerbeste wense vir 'n baie geseënde nuwe lewensjaar. Baie dankie vir jou groot bydrae om my te motiveer om my kamera altyd byderhand te hou en my aftree-stokperdjie te bly geniet. Groete Coenie en Tina
Hennie my RUM-foto: 'n bietjie RUM in 'n warm sjokolade drankie in die winter smaak vorentoe, maar ek stem saam dat my foto wat ek in die klein fabriek in Mauritius gefotografeer het, lyk nie dieselfde as die eindproduk nie :-)
Comments

Bulbul. Hennie, om by die tema te pas het ek die Engelse naam vir die tiptol gebruik.
Baie geluk, Hennie - en baie dankie vir al jou moeite met ons foto's, ons het al ongelooflik baie by jou geleer!
Goeie more Hennie, ten spyte van ons inperking, aanvaar ek dat jy 'n baie gelukkige verjaardag sal hê. My allerbeste wense vir 'n geseënde nuwe lewensjaar, gevul met baie vreugde, goeie gesondheid en nog baie foto-geleenthede. Baie dankie vir die besondere manier waarop jy ons in fotografie lei. Groot voorreg om by jou te leer.
Beste Hennie, ons hoop jy het 'n heerlike bederfdag gehad. Ons allerbeste wense vir 'n baie geseënde nuwe lewensjaar. Baie dankie vir jou groot bydrae om my te motiveer om my kamera altyd byderhand te hou en my aftree-stokperdjie te bly geniet. Groete Coenie en Tina
My foto; sonnetjie in die middel:
Hennie dankie vir die wenk; iets van die komposisie het my gepla - dankie dat jy dit uitgewys het.
Seënwense en mooi nuwe lewensjaar vol pragtige foto's en baie lesse vir ons wens ek jou toe. Geniet die dag.
Hennie my RUM-foto: 'n bietjie RUM in 'n warm sjokolade drankie in die winter smaak vorentoe, maar ek stem saam dat my foto wat ek in die klein fabriek in Mauritius gefotografeer het, lyk nie dieselfde as die eindproduk nie :-)
Windlaaiers in die hawe:
Hennie baie dankie vir jou kommentaar; 'n goeie leerskool vir my
Wenke wat ek eintlik lankal weet en nie toegepas het nie.
Die diagonale lyn is toe al die tyd die bootjie se "slip stream" en nie die windlaaier se skaduwee nie.
My plant-hart in Mauritius:
Hennie baie dankie vir die inligting oor "content aware". Ek sal vir vader krismis briefie skryf vir Elements 15.