Hierdie een is meer vir interessantheid. Op 'n snikhete dat in Addo is al wat 'n olifant is by Hapoordam vir 'n swembeurt. Oorkant die dam is 'n sementdammetjie, waar hulle water drink en dan kom hulle oor om te swem. Die klomp speel OMTRENT…
"Dis vir my 'n pragtige foto. Die deel van die blom gee mooi konteks, sonder om jou oog onnodig af te trek en jou hoek wys detail wat mens nie sien as jy hom reg van voor, of van bo af neem nie."
"Ek vind dat ek EERSTE vir jou foto's soek wanneer ek inlog! Jy het regtig 'n wonderlike vaardigheid ontwikkel met jou makrofotografie. Hoe kry jy hulle om lank genoeg stil te sit?"
Toe ons 8 jaar gelede van 'n kleinhoewe terug dorp toe getrek het, het ons Clivia-boer buurman vir ons 'n rare perskekleur Clivia persent gegee. Oor die jare het ons die sade geplant en het nou al oor die 20 plante in die tuin.
Op oad met ons blommekyk ekspedisie, het ons 'n GROOT draai deur die Karoo gery. Dis duidelik dat die meeste dorpe maar swaarkry, maar dit het die uitstekende onderhoud op (veral) die NG Kerke net onderstreep. Ons was gelukkig genoeg om ook die…
Henriette Visser Dankie almal. Dit was nou vir my 'n lekker oefening. Ek sal bietjie moet gaan google om Donald se vaardigheid aan te leer!
Oct 19, 2020
Henriette Visser Nou is my boodskap afgesny. Dankie Donald en Tersia. Hieronder my 'huiswerk' soos julle voorgestel het. Tersia, ek is nie seker wat jy bedoel met 'regtrek' van die kerk nie. Sover ek kan sien is my horison reg. Bedoel jy die distorsie van die gebou?…
Oct 18, 2020
Henriette Visser Baie dankie Tersia en Donald. Ek het nogal van die takkieraam gehou...
"Sjoe Gerrie, hierdie 'kwart' krokodil is vir my baie meer vreesaanjaend as wat die 'hele' krokodil sou wees! Ek sou nou nooit gedink het om so 'n foto te neem nie. Jou fokus is baie mooi en ek is mal oor die teksture."
Vanoggend stap ek op die stoep uit en aanskou die twee in 'n verwoede geveg op die grasperk. Ek het hulle so kliek-kliek met die brugkamera bekruip. Die foto is nie die skerpste nie, maar spesiaal genoeg om te plaas, dink ek.
Dankie vir jou kyk en kommentaar Henriëtte. In my boek oor komposisier en ontwerp wat ek 'n tyd gelede die lig laat sien het is daar 'n uitgebreide afdeling oor die punt wat jy genoem het en ook ander van dieselfde aard. Dit is te 'n lang storie om hier te beskryf. Die uiteinde van die argumente is egter dat die foto reg geplaas is.
Comments
Dankie vir jou kyk en kommentaar Henriëtte. In my boek oor komposisier en ontwerp wat ek 'n tyd gelede die lig laat sien het is daar 'n uitgebreide afdeling oor die punt wat jy genoem het en ook ander van dieselfde aard. Dit is te 'n lang storie om hier te beskryf. Die uiteinde van die argumente is egter dat die foto reg geplaas is.
Veels geluk met jou verjaardag Henriëtte; beste wense vir 'n geseënde nuwe lewensjaar.