"Gerrie, dit wil my voorkom of daar sulke witterige vlekke aan die linkerkant(en 'n paar ander plekke) op die agtergrond is? Ek is nie seker presies hoe die agtergrond gedoen is nie; maar sou verkies dat dit heeltemal swart is? Dan kry ek ook die…"
"By die boonste foto is die oog dalk bietjie sag; maar ek dink beide foto's kan weens die feit dat daar baie tekstuur en vorms (en min kleur) is, dalk baie interessante hoë-kontras swart-en-wit foto's maak?"
"Josef, ek hou van die lig, die diagonale lyn van links onder na regs bo, en die helder kleure en kontras. As ek regtig foutsoekerig wil wees, sal ek dalk aanbeveel dat jy die stammetjies onder effe donkerder maak - veral die een wat heel links uit…"
"Mooi beligting en ek hou van die lyn wat mens se oog die foto inlei van regs onder na die vonkskeppende onderwerp."
"Johan, jy kan dalk die effek effe meer subtiel probeer maak - (tensy jy dit as kunsfoto wil verwerk?) - indien jy dit as natuurfoto wil hou is dit belangrik dat niemand die effek moet kan "agterkom' nie. Hoop dit maak sin?"
"Foto is lekker skerp deurlopend, en soos Hennie noem werk die kontras met die agtergrond mooi."
"Die blommetjie is mooi skerp en goed afgeneem. Jy kan dalk wel loer na die feit dat sommige elemente in fokus is en ander uit fokus, en my oog spring so bietjie rond sonder om te weet waar om te land :-). Dalk kan jy ook loer na jou beligting - dis…"
"Tina, weer eens dalk iets wat onmoontlik was; maar wat ek glo vir ander iets kan leer, so verskoon dat ek jou foto as voorbeeld gebruik :-) - ek hou ook van die plasing en die spasie voor - maar as dit enigsins moontlik was om uit 'n laer hoek te…"
"Gerrie, en hier kom die ou klakous Igno nou weer. En jy weet seker al wat ek gaan vra :-)... is daar 'n manier om meer drama in die foto in te bou? Kan jy dalk iets inbring as voorgrond dat die wolke die agtergrond vorm? Hoewel die diagonale lyne…"
"Tina, ek is nie seker of dit moontlik sou wees nie; maar net ter wille van ander fotograwe wat saam leer - (kom ons veronderstel dit was moontlik) sou mens dalk die hoek kon verander om die blom links uit te sny deur jou kamera laer te sak - die…"
"Tina, daar is sekere goed wat mens nooit kan beheer nie, soos die "dekselse" oog wat in die skadu is. Hoewel die crop en alles goed gedoen is, is daar iets in my wat na meer drama of storie in die foto soek. Tegnies is dinge reg gedoen; maar ek…"
"Baie dankie vir die perspektief-foto, dit gee mens soveel konteks. En wel gedaan met 'n puik foto - so skerp en ek stem saam met Josef dat die kleur pragtig bydrae tot die foto - net genoeg om lewe te gee en nie die vlinder (wat minder kleurvol is)…"
"Ansie, ek dink die aksie is puik en die oomblik is goed vasgevang. Dis egter asof daar 'n donker vignette om die foto is, wat jy dalk effe kan versag... hoop ek sien reg en dat dit sin maak -veral regs bo is dit vir my dalk net bietjie te donker..."
"Josef, die blommetjies staan pragtig uit teen die agtergrond. Jy kan dalk net loer - dit lyk of daar onder 'n blaartjie "langs" die blom uitsteek (effe regs van die blom) wat jy dalk kan afcrop."
"Jan, praat jy een of ander taal met insekte dat hulle so kom poseer vir foto's? Jy moet maar 'n kursus in Insekiaans kom aanbied hier op fotoskool! Wel gedaan!"
Comment Wall
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Comments
Weer eens, baie dankie Igno dat ons skool weer oop is; ons waardeer jou hulp!! 25 Mei 2016
Igno BAIE dankie dat Fotoskool se deure weer oop is; dit het gevoel soos 'dood in die familie'.
Wes-Kaap-groete!
Hi Igno..Ek kry nie Pierre se blog oopgemaak nie, of is nou al weer te haastig!
Hi Igno, hier is nou 'n nuwe klomp "inkommers" waarvan ek een is, en is nuuskierig hoe die Leaderbords se inhoud werk. Dankie Anita du Toit
Hallo Igno
Alles van die beste vir 2012.
OP 'n stadium het jy in 'n email genoem van 'n fotonaweek Maart-maand in die Oos-Vrystaat. Ek sien dit nie op die "Events" klender nie. Gaan dit nog voort?
Madelein
Igno,
Oor stomstreke. Ek verstaan hoe "stomstreke" werk, maar ek was nie seker of 'n foto wat opgelaai word ook die fotograaf se interpretasie moet bevat nie. Ek het dit toe nie bygesit nie. Is ek reg dat die beoordeelaars die interpretasie vanaf die foto moet aflei?