Hierdie foto het ek in die speelparkie voor ons huis op 25 April 2019, 8:00 die oggend geneem. My kamera stellings was soos volg:Canon EOS 1100D; F25;1/30 sek; ISO 100; Fokus lengte 18mm, Wit Balans Outo; Metering Mode (wat dit ook al mag wees?)…
Rona Jacobs Hennie baie dankie dat jy op al die fotos so volledig kommentaar en aanbevelings gee. Dit help baie en word waardeer. Dit laat mens dink oor jou fotos en as 'n soortgelyke fotogeleentheid opduik is jy meer gereed vir die oomblik.
Hierdie witkruismuisvoël in ons vyeboom was effe verras toe ek op hom afkom en het my net genoeg tyd gegee om my kamerastellings in plek te kry voor hy gevlieg het.
Rona Jacobs Hennie baie dankie vir jou handige terugvoer. Ek het die agtergrond geraas verwyder deur die foto na portret te verander nou voel die foto sommer beter.
Comments