Dankie vir jou opmerking by my foto Sarel. Ek waardeer dit dat jy krities daarna gekyk het. Ons moes die mense binnenshuis afneem en vir 'n agtergrond moes ons 'n keuse maak tussen 'n witterige muur en die swart 'backdrop' wat die enigste ander agtergrond was wat ons kon prakseer. Die swart agtergrond gee ook sterk kontras met die wit hare van meeste inwoners. Ons het wel 'n probleem met een of twee van die mense wie se hare nog swart was. Ten spyte van die kritiek wat ons teen die swart agtergrond verwag het, het ons geen ander opsie gehad nie. Wat ek gaan probeer is om te soek vir 'n ander geskikte agtergrond en dit dan met Photoshop in te plaas in plek van die huidige swarte.
Comments