Willie Schoombee posted a discussion
Goeie môre al my FS vriende. Ek het op ñ punt gekom waar ek nie verder kan aangaan by FS nie. Ek is nou ñ week terug van my wegbreek en ek kon nog geen foto's gelaai kry nie. Ek het nou al my E-pos adres en Password ook verander sonder sukses. Ek…
Oct 11, 2019
Willie Schoombee posted a photo
Ongelyke getal: Wanneer die veldblomme hul lentedans begin dans is dit belangrik dat die fokus op die Primêr bly!
Sep 19, 2019
Willie Schoombee posted a photo
MY SKILDERY: Gedoen op skildersdoek met baie min verwerking aangesien ek nie die mistige effek wil affekteer nie. Die verwerking het wel die see se kleure in die voorgrond mooi uitgebring.
Sep 17, 2019
Willie Schoombee posted a photo
Simboliese Filosofie: Waarlik, een dag in die huis van my Vader is beter as ñ 1000 daarbuite. Ek was so opgewonde oor dié foto!! Ek het ook vandag ñ getuienis: Vanoggend wou my foto nie oplaai nie en na redelike gesukkel het ek bes gegee, maar die…
Sep 15, 2019
Willie Schoombee posted a photo
Een middag laat in die Vrystaat by Golden Gate het die son agter die berg in beweeg en dit het die effek in die wolke tot gevolg gehad.
Sep 11, 2019
Willie Schoombee commented on Gerrie Lambrechts's photo
"Goeie lig op die toneel Gerrie en mooi aksie daarby.....pragtig!"
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Huey Geringer's photo
"Hoogs suksesvol Huey, sekerlik die beste wat jy nog gefotografeer het, die een verdien ñ 10/10!"
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Elna Geringer's photo
"Suksesvol en die trubeligting bring die blom se detail mooi uit Elna, ek voel ook soos jy met die redigering, maar speel rond en ontdek nuwe geleenthede."
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Hennie Cronjé's photo
"Jy is reg Hennie en Josef som dit mooi op.....die natuur lê vol skatte net om ontdek te word!"
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Johan Ayres's photo
"Treffend Johan, baie interessant die Makro wêreld wat ontsluit. WD!"
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Josef Steyn's photo
"Josef baie mooi toneel en ek neem aan jy verwys na die twee persone as die Meerkatbrigade?"
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Vida van Schalkwyk's photo
"ñ Pragtige foto Vida, baie suksesvol uitgevoer!"
Sep 7, 2019
Willie Schoombee posted a photo
Lig is die fondasie vir fotografie, die kuns lê daarin opgesluit om dit reg aan te wend en te ontsluit.
Sep 7, 2019
Willie Schoombee commented on Josef Steyn's photo
"Soos gewoonlik puik gefotografeer Josef en die effek wat jy wou skep kom mooi deur, goeie velddiepte en ñ pragtige see foto!"
Sep 6, 2019
Willie Schoombee posted a photo
Vroeg oggend met eerste lig staan hierdie blaarlose wir Populiere teen ñ effense mistige agtergrond. Hierdie was ñ tipiese Winters oggend op die Hoëveld.
Sep 6, 2019
  • Willie Schoombee Die errste Lentereën het gister geval hier by ons, so ek het die foto net betyds geplaas, baie dankie vir elkeen se tyd om te kyk en kommentaar te lewer.
    Sep 7, 2019
Willie Schoombee posted a photo
Trubeligting op ñ galery van ñ kerk, komend vanaf die twee vensters aan die agterkant.
Sep 3, 2019
More…

Comment Wall

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Willie, ek het probeer om 'n epos te stuur oor die boek. Dit kom egter terug. Het jou e-pos adres verander? Bevestig asb. weer jou adres. As dit nie verander het nie mag jou posbus dalk te vol wees. Dankie by voorbaat. Josef

  • Willie, kyk my antwoord by my foto.

  • Dankie vir jou kommentaar Willie. Soos wat dit met reisfoto's gaan is min goed ideaal. Die foto is vroeg middag geneem (omtrent 15h00) en die lig was wel 'n bietjie hard. Ek glo egter as ek weer probeer kan ek dalk die kontras opstoot. Dankie dat jy daarop gewys het.

  • Baie dankie vir 'n uitstekende verduideliking Willie.

  • Willie my foto oor die Alpe; baie dankie vir jou kommentaar - ek het na die histogram gekyk wat redelik goed lyk, maar ek raai die vliegtuig se ruit het 'n invloed. Nie die beste manier om foto's te neem nie  :-)

  • Naand Willie. Dankie vir jou kommentaar op my blaar. Dit is voorwaar 'n eienaardige verskynsel. Ek sou ook graag die highlight op die agterste deel van die blaar helderder wou kry maar soos dit is het ek om alreeds met 100% ge'dodge' en ook die beligting verhoog. Ek het waarskynlik maksimum uit om gehaal. Jou opmerking is egter heeltemal geldig.  

  • Willie, Gerrie se Kerktoring foto vandag;  ja die horlosie het mooi geloop. Ons het 5 uur by die Kerk aangekom en hoor toe die 5 slae van die horlosie. Vir my altyd spesiaal om 'n kerkklok te hoor lui.  Ons het goeie afwisseling tussen bewolk en bietjie son gehad.

  • Willie dankie vir my windpomp en dam foto se kommentaar.  Dit was heerlik stil.  Ek het 'n landskap geneem wat ek môre sal plaas.  Jy is reg, ek het nie daaraan gedink nie, maar Igno sal heelwat lyne en vorms sien.

  • My foto van gister, Tekstuur Palmblaar:  Willie jy is reg daar was omtrent geen afstand tussen die harde blaar (fokuspunt) en die agtergrond nie.

  • Willie, wanneer dit by landskappe kom, kan ek verseker na jou luister;  baie dankie.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html