'n Eenvoudige toneeltjie wat ek in die bos raakgeloop het.
Dit lyk my ons is nou op Fotoskool3 "boots and all"! Vanoggend wou die ou Fotoskool nie oopmaak nie en ek dink hulle is besig om dit te inaktiveer. Mag hierdie nuwe era Fotoskool na nog hoër hoogtes neem. Ek wil hier met groot oortuiging sê dat die algemene standaard op Fotoskool baie mooi ontwikkel het. Die oorgrote meerderheid van foto's is baie goed op die oomblik. 'n Goeie foto kom nie sommer so vinnig-vinnig nie. Mens moet dink en moeite insit. Daarom wil ek baie dankie sê vir al die Fotoskolers wat so hul fotografie ernstig opneem en moeite daarmee doen. Die kyk na julle foto's is altyd lekker en iets om elke dag na uit te sien.
Comments
Wonderlike voorreg om aan Fotoskool te behoort.
Weer eens is jou foto 100% skerp; die growwe tekstuur van die boomstam is treffend as agtergrond vir die helder groen, fyn blaartjies.
Skitterend soos ons jou ken