Kleurvol

Hierdie bidsprinkaan het ons ook in die Drakensberg raakgeloop. Dit was tussen grasse, wat fotografie bemoeilik het. Ek het dit toe baie versigtig op my swart doek neergesit en gefotografeer. Op die foto sien ek toe net 3 bene. Ek weet nie of die 4de een daar was en of dit afgebreek het nie. Ek hoop dis nie lg geval nie.

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Mooi gedoen Hennie
  • Iets heel besonders Hennie. Nog nooit so een gesien nie. Hulle lewe maar 'n gevaarlike lewe en hy het waarskynlik sy been iewers verloor.
  • Hennie baie dankie vir jou kommentaar by my water/skuim foto; ek waardeer al die inligting
    Ek het op die skuim gefokus en volgens my skerm lyk die skuim skerp - hoe by jou?
    Sal bly wees as jy my met die skuim se skerpheid ook sal help. Baie dankie.
  • Haha, baie welkom by die hindernisse van ons makro fotagrafie outjies. Agtergrond, laag op die grond en wat nog alles. Hierdie is 'n goeie foto met baie goeie kontras en baie kleurvol. Jy kan bly wees jy het nog tyd gehad om die swart lap agter te sit. Dalk is ek verkeerd, miskien is dit net op my skerm, maar die kleurbalans lyk vir my nie 100% nie. Ek huiwer om dit te sê, want jy is altyd baie presies oor die kleurbalans. Ek dink die swart lap het dinge in elk geval moeiliker gemaak. En, nog 'n ding, dit lyk nie so nie, maar hierdie outjies is nie altyd so maklik om af te neem as wat 'n mens sou dink nie. Maar dit bly steeds 'n mooi foto.
  • Sjoe, Hennie op jou swart lap neergesit en die outjie kyk sowaar in jou lens
    Die helder geel en groen lyk baie goed teen die swart agtergrond
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Magda van der Merwe posted photos
2 hours ago
Vida van Schalkwyk posted a photo
3 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Hierdie blommetjie is so groot soos my duimnael. (Miskien kan julle help, ek wil 'n perspektieffoto hier in die kommentaarboksie laai, maar wanneer ek op die "image icon" klik en die perspektieffoto laai, vervang die perspektieffoto my hooffoto en…
4 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Ook in die Drakensberg
10 hours ago
Tersia Weitsz posted a photo
Foto heelwat gecrop. Besoek aan Houtbaai met net Canon Powershot A3100 IS maar kon nie die foto los nie!  Sou graag eerder die  600D in my hand wou hê, maar ...............
13 hours ago
  • Magda van der Merwe Tersia dis n pragtig foto
    2 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Die wit kontrasteer baie goed teenoor die donker agtergrond en vorm dus 'n sterk fokuspunt. Mooi skerp ook. Baie mooi!
    10 hours ago
Gerrie Lambrechts posted a photo
13 hours ago
  • Gerrie Lambrechts Dankie Tersia en Hennie.
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig met hope atmosfeer. mooi skerp ook met goeie beligting. Die voël vorm 'n baie goeie en sterk fokuspunt. Baie mooi - dis uitstekend gedoen!
    10 hours ago
  • Tersia Weitsz Ek hou van die silhoeete van voel en takkies met mooi agtergrond
    13 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Ek neem al my foto's met 'n Canon 100mm makrolens.
23 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Baie skerp met pragtige kleure en 'n goeie agtergrond. Baie goed gedoen!
    10 hours ago
  • Tersia Weitsz Die detail is ongelooflik
    13 hours ago
Vida van Schalkwyk posted a photo
Die drie-benige Orca van PetroSA ontstel sommiges omdat hul voel dit belemmer Mosselbaai se asemrowende see-uitsigte. Ander het gewoond geraak aan die reusagtige metaal-monster wat saans flikkerliggies soos 'n kersboom vertoon ... dit word nie tans…
yesterday
  • Hennie Cronjé Statig en pragtig! Baie goed gefotografeer, maar daar is 'n sensor stofkolletjie net regs van die toring. Verder baie mooi.
    10 hours ago
  • Tersia Weitsz Baie goed gedoen met die Orca, oor die wit olifant sal ons maar nie praat nie!
    13 hours ago
Tersia Weitsz posted a photo
Geparkeer tussen ander voertuie, jammer dat dit nie 'skoon' is om die kar nie en ek gaan ook nie eers probeer nie, so sien dit maar as 'n wys foto.  Dankie vir kyk en kommentaar op stert van die Cobra
yesterday
  • Josef Steyn 'n Mooi enetjie. Sou graag sy petrol wou plat trap!!
    16 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis jammer van die ander karre, want hierdie is só 'n mooi karretjie. Dankie hiervoor.
    yesterday
Gerrie Lambrechts posted a photo
yesterday
  • Hennie Cronjé Ek hou van die liggies daar. Dit gee bietjie karakter en wys die werklikheid. Dis 'n baie mooi foto wat goed uitgevoer is. Mooi!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Gerrie, ek hou daarvan dat die liggies wys, mooi foto!
    yesterday
Josef Steyn posted a photo
Om hierdie foto in Photoshop te maak of m.b.v. meervoudige beligting is baie maklik. Om dit in-kamera met een druk van die knoppie te doen is 'n perd van 'n ander kleur, veral omdat dit blind en in spieëlbeeld gedoen word. Die kamera is 5 keer…
yesterday
  • Johan Ayres Baie geluk met 'n skitterende foto en tegniek.
    23 hours ago
  • Hennie Cronjé Ek salueer jou! Dis werklik uitstekend gedoen! Baie geluk hiermee - dis pragtig!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Ek sal dit nie eers probeer nie Josef, jou driehoek en spasieering het puik uitgewerk!
    yesterday
Ingrid Louw posted a photo
Kroonkiewiet
yesterday
  • Hennie Cronjé Net te pragtig - Ma en kind. Baie goed gefotografeer met mooi skerp fokus en goeie beligting. Mooi!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Tog te pragtig Ingrid
    yesterday
  • Josef Steyn 'n Besondere toneel Ingrid. Lekker skerp op die kiewiet.
    yesterday
Ingrid Louw posted a photo
Hierdie outjie kan jy nie van naby en in 'n spesifieke posisie vang nie. Maar is dit nie dierbaar nie.
yesterday
  • Hennie Cronjé Uitstekend gedoen! Dis nie maklik om naby genoeg aan hulle te kom nie omdat die ouers die kleintjies beskerm. Baie geod gedoen!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Langbeen, blinkoog en regop, pragtig Ingrid
    yesterday
  • Josef Steyn Die outjie steel sommer 'n mens se hart. Uitstekend.
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
'n Spinnekop wat ek baie na aan die spinnerak op die ander foto afgeneem het.
yesterday
  • Vida van Schalkwyk uitstekende foto, hennie!!
    12 hours ago
  • Johan Ayres Hierdie tipe foto is bedrieglik moeilik om te neem. Die beligting op die spinnekop is uitsonderlik. 'n Perfekte agtergrond en 'n pragtige bokeh. Hierdie is een van die beste spinnekop- en webfoto's wat ek nog gesien het.
    23 hours ago
  • Tersia Weitsz Kleure en bokeh lieflik, en natuurlik spinnie self superskerp
    yesterday
  • Josef Steyn Pragtig en baie skerp Hennie. Uitstekende bokeh in die agtergrond.
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie spinnerak met sy horisontale lyne is iets wat ek seker nog nooit teegekom het nie. Ook in die Drakensberg. 
yesterday
Johan Ayres posted a photo
Thursday
  • Tersia Weitsz Ons bye meester! Puik
    yesterday
  • Josef Steyn Die titel pas baie mooi by die uitstekende foto en maak dit nog beter.
    yesterday
  • Ingrid Louw Uitstekend. Fokus is baie goed. Wonder watter lens jy gebruik het.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dis 'n besige mannetjie hierdie. Baie mooi en ook baie goed gefotografeer. Die detail is pragtig.
    yesterday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html