3D Pop Up effect

Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Hierdie is nog een van die tegnieke wat Magda mee gehelp het. Die YouTube link is :

HOW TO CREATE 3D POP UP EFFECT PHOTOSHOP TUTORIAL

Tina, jy is rer tov van die “rustelose” gevoel in gister se foto

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Dis absoluut pragtig
  • Ek hou hiervan. Pragtig gedoen en mooi samestelling.
  • Uitstekend gedoen! Dis pragtig en het regtig 'n 3D-effek. Baie mooi!
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Hennie Cronjé posted a photo
'n Blommetjie wat op die afdraende pad is....
21 hours ago
JJ posted a photo
Hier van nader geneem
yesterday
  • Hennie Cronjé Disinteressante detail wat hier na vore kom. Baie mooi en goed gedoen!
    21 hours ago
JJ posted a photo
Ons klein hondjie het hierdie ou moeg gejaag.
yesterday
  • Hennie Cronjé 'n Pragtige foto! Die donker mot teen die ligte agtergrond werk goed om die mot mooi te laat uitstaan. Ook mooi skerp met goeie beligting en kleure. Mooi!
    21 hours ago
Tina le Grange posted a photo
Ek kry dit nie reg om die vorige plasing uit te haal nie.  Hier het ek probeer om die Aronskelk op PhotoShop meer te belig. Heerlik terug te wees na 'n lekker wegbreek.  Hoop alles wel by julle almal;  Coenie en ek is gesond - so dankbaar.
yesterday
  • Hennie Cronjé Bly julle is terug - welkom! Baie geluk ook met jou onlangse verjaarsdag.Hierdie is 'n baie mooi foto. Baie foto's word 'n rapsie donkerder as dit op FS gelaai wird. So, moenie te bekommerd daaroor wees nie. Die foto is baie goed uitgevoer. Mooi!
    yesterday
Lourens posted a photo
Dis wonderlik om eenvoudigge voorwerpe soos vere af te neem en te sien wat lig aan die onderwerp kan maak. Die idee was om skadu's af te neem, en my droom was om n kameel in die woestyn van bo af te neem terwyl die son naby die horison hang maar ek…
yesterday
  • Hennie Cronjé Uitstekend gedoen! Die opstelling en komposisie was baie goed en die foto is goed uitgevoer. Jy kan ook bietjie met vurke en sulke dinge speel. Baie mooi!
    yesterday
  • Tina le Grange Lourens ek hou van jou komposisie, agtergrond en ongelyke getal. Ek kom graag terug om ook die ander se menings te lees.
    yesterday
  • HERMAN Interessante foto,hou jou oog besig
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
Met sy prooi!
yesterday
  • JOHAN DE BEER Baie mooi en interessante plant
    yesterday
  • Tina le Grange Sjoe Hennie, besondere foto met weer eens skerp fokus, goeie kontras en laat my dink aan die Covid-virus soos ek dit op die TV "sien"
    yesterday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Ek dink hierdie is familie van die RakswammeCanon 7D MK II : Canon 18-200 mm lensBrandpuntafstand : 200 mmTyd 1/320 sekf/5ISO 320Exp Bias : 0 StopAV ModeSpot Metering
yesterday
  • Tina le Grange Treffend Elna; ek hou veral van die plasing aan die regterkant - mooi skerp en goeie beligting.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dit lyk half na 'n rakswam. Mooi eenvoud en kontras, met ryk kleure soos mens met 'n low key foto kry. Baie mooi!
    yesterday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Die Ralreier het ons by Chrissiesmeer  gekryCanon 60SX HS PowershotBrandpuntafstand : 247 mmTyd 1/400 sekf/6.5ISO 160Auto Mode
yesterday
  • Tina le Grange Huey, ek stem saam met Hennie. Pragtig!
    yesterday
  • Hennie Cronjé Pragtig! Ten spyte van die riete voor hom, waarop die kamera maklik kan fokus, is die reier mooi skerp in fokus met baie realistiese kleure. Baie mooi en goed gedoen!
    yesterday
Johan Ayres posted a photo
Die blommetjie lyk soos 'n koning se kroon waarop die bytjie sit. Die bytjie gee ook perspektief op die grootte van die blommetjie. 
Thursday
  • JJ Ditto!!
    yesterday
  • HERMAN Pragtig skerp
    yesterday
  • Hennie Cronjé Weer eens 'n meesterstuk vanuit jou hande en kamera. Pragtig! In alle opsigte is hierdie 'n uitstaande foto waarmee jy baie trots kan wees. Baie geluk hiermee!
    yesterday
JOHAN DE BEER posted a photo
Dit bly maar 'n voorreg om die berg (een van die nuwe 7 wonders vd wereld ) te besoek
Thursday
  • Tina le Grange Treffend Johan; mooi skerp - tans, glo ek, smeek ons berg vir toeriste!!
    yesterday
  • Hennie Cronjé Een van die beroemste toeriste bestemmings op aarde. Pragtig gefotografeer. Daar is 'n blou tint op die rotse - 'n witbalans verstellingsprobleem. Daar is kolletjies van liggrys in die foto waarop jy die gryspunt regstelling kan doen. Verder baie…
    yesterday
JJ posted a photo
'n 'Low key' van die snaar/stelskroef
Thursday
  • Hennie Cronjé Ek hou meer van hierdie foto weens die mooi effek van lig met beter kontraste. Beide foto's is interessant en goed uitgevoer. Baie dankie hiervoor.
    yesterday
  • Johan Ayres Dieselfde onderwerp, maar met 'n heeltemal ander atmosfeer. Die foto illustreer die belangrikheid van lig in fotografie.
    Thursday
JJ posted a photo
Die stelskroef van my Yamaha
Thursday
  • Johan Ayres Pragtige makro met net die regte velddiepte. Ek dink dieselfde geld hier wat ek by Hennie se foto geskryf het. Die makrolens laat die stelskroef en snaar soos 'n groot tol en koperkabel lyk.
    Thursday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Foto 4 en dan nou ook die laaste van die reeksCanon 7D MK II : Canon 18-200 mm lensBrandpuntafstand : 40 mmTyd 1/800 sekf/4.5ISO 160Exp Bias : 0 StopAV Mode3-Poot
Thursday
  • Hennie Cronjé Pragtig! Niks verkeerd met hierdie foto nie, maar ek dink ek verkies die een twee terug. Maar dit bly pragtig met goeie verwerking. Ek het nie geweet jy is so 'n cannabis kenner nie!
    Thursday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Nog een van Dunkeld Estate se perdeDankie vir die raad by die Spookvoël HennieCanon 60SX HS PowershotBrandpuntafstand : 121.38 mmTyd 1/500 sekf/5.6ISO 200Auto Mode
Thursday
  • Hennie Cronjé Dis pragtig en fotografies goed uitgevoer. Daar steek so 'n klein stukkie oor uit. Dit sou beter gewees het om die oor heeltemal in te he of om niks van die oor in te hê nie. Verder baie mooi.
    Thursday
Hennie Cronjé posted a photo
Ek het heelwat van hierdie klein plantjies in die Sederberg aangetref. Hulle laat my dink aan klein dagga plantjies. Toe my swaer hul huis daar gebou het, het die werkers daggaplantjies aangehou en van die kleintjies wat daar opgekom het, het net so…
Thursday
  • Johan Ayres Sjoe hierdie is pragtige makro Hennie. Die groen plantjie kontrasteer uitstekend teenoor die agtergrond. Die foto illustreer die krag van makrofotografie in die sin dat 'n klein plantjie hier soos 'n groot boom in 'n landskapstoneel lyk.
    Thursday
  • Elna Geringer Hahahahaha Hennie, daar is 2 "vingers" teveel om 'n daggaplantjie te wees.
    Thursday
Johan Ayres posted a photo
Wednesday
  • JJ So delikaat!
    Thursday
  • Elna Geringer Baie mooi tekstuur wat jy hier gekry het Johan
    Thursday
  • Hennie Cronjé 'n Verstommende kunswerk! Dit lyk amper asof jy dit op 'n spieël geplaas het, maar die simmetrie is nie so perfek soos dit dan sal wees nie. Seker twee vlerke wat oopgesprei is. Die tekstuur is pragtig en baie interessant. Ook mooi kontras teenoor…
    Thursday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html