Nog 'n foto met 'n goedkoop mik en druk kamera. Die was dag 2 op die Amatola stap roete. Paar jaar voor ek belang begin stel het in fotografie, maar hierdie dag en staproete was een van die hoof redes dat ek begin fotos neem het.
Landskappe was toe een van die enigste fotos wat ek geneem het en as jy 2000m bo seevlak rond dwaal maak dit seker sin. Nou besef ek meer en meer hoe moeilik landskappe is, vir die blote feit dat mens nie regtig meer uitkom nie. Dit mag Covid wees, of net blatante luiheid. Dalk is ander fotos dalk net makliker want jy hoef nie 20km te stap elke dag vir 6 dae, met n 20kg sak, om twee mooi fotos te neem nie.
Toe ek nou toevalig deur die ou fotos blaai het ek sommer gedink dis tyd om weer die advontuur jagter in my bitjie meer aandag te gee as die fotograaf in my. Dalk die Kamera kit ver-ruil vir 'n stap sak en die goedkoop mik en druk kamera. Want niemand gaan et sy tripod, Canon D1 en 100-400mm lens hier by die punt kan uitkom nie. Die eers die fikste van ons nie.
Dankie vir almal wat na my twee (eintlik average fotos) gekyk het.
Comments