Tydens inperking het ek hier in ons Oord rondgestap en in ons eie tuin, foto's geneem. Hier was reeds koelte en ek het toe op Photoshop die blom bietjie ligter gemaak.
Nikon Coolpix P900; 1/320 sek Fokale lengte 12.5mm f/4.0 ISO-100
Baie dankie vir jul kommentaar by die fyn orgidees. Hennie ek waardeer jou hulp met die verstellings.
Comments
Baie mooi met die skerpte van die kleure.
Baie dankie Ferdinand, Hennie, Josef en Pine vir julle kommentaar en Josef vir jou wenk. Sal oefen daaraan.
'n Goeie aktiwiteit vir die grendeltyd gewees. Mooi foto. Op my skerm lyk die rooi effe oorbelig. Kyk bietjie hoe lyk hy as jy die lig effe afbring en/of die rooi saturasie bietjie opstoot.
Pragtig! Mooi eenvoud en kleure met 'n goeie agtergrond. Mooi skerp ook. Die skuins plasing is goed gedoen. Jou Photoshop is ook goed gedoen. Mooi!
Die plantewereld begin nou lewe en die Bougainns is mooi blomme met hulle helder kleure op die heining Hy is n ranker maar sjoe sy dorings as jy hom moet snoei . Mooi foto Tina