Dit is baie moeilik om 'n heeltemal skoon agtergrond tussen die lavender te kry.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
Dankie aan almal vir die kyk na my SS pogings. Hierdie een is by Gouritsmond geneem. Sluiterspoed was 0,5 sek.
Daar was baie verskillende soorte klein blommetjies in die veld toe ons 'n berg uitgeklim het in Golden Gate. Hier is een van hulle. Vir blou en pers moet mens altyd skaduwee oor die blom gooi omdat die kleure uitgewas raak in direkte sonlig.
-
Josef Steyn Mooi Hennie met uitstekende gebruik van 'n sekondêre objek.
Hierdie is nog ‘n poging met natuurlike lig. Met die makrolens en sonder die kameraflits was dit nodig om die ISO na 1000 op te stoot. Die sluiterspoed van 1/1600 sek het vir my ‘n ‘n lensopening van f/5 gegee. Daarom is die velddiepte baie vlak, in…
-
Josef Steyn Die sagte agtergrond en natuurlike lig maak hierdie foto uitsonderlik Johan. Pragtig.
-
Hennie Cronjé Skitterend! Die mooi kleure is opvallend en die vlak velddiepte gee baie mooi effekte. Die foto het ‘n mooi sagte aanslag weens die f5. Ook mooi skerp. Baie mooi en goed gedoen!
-
Pine Nog steeds ń baie mooi foto, al is die velddiepte baie vlak. Die fokus is skerp en die kleure pragtig. Puik gedoen Johan!! Dankie vir die foto en verduideliking. Hierdie foto wys net weereens die waarde van ń kameraflits
Hy is baie klein en net so tussen 4.5 en 6.6mm lank
-
Josef Steyn Baie mooi Pine. Skerp en pragtige lewensgetroue kleur.
-
Hennie Cronjé Pragtig! Dis uitstekend uitgevoer met mooi skerp fokus en goeie beligting. Baie mooi!
-
Johan Ayres Sjoe. Superskerp met pragtige kleure en skitterende kontras. Jou makrofoto's is van 'n baie hoë standaard.
-
Josef Steyn Mooi Vida
-
Hennie Cronjé Dis ‘n baie mooi landskapsfoto. Die beligting op die lug is perfek. Op die land is dit onderbelig, maar die refleksie op die water kompenseer daarvoor met goeie kontras. Mooi skerp regdeur. Die horison is ook goed geplaas. Baie mooi!
Die lyne en eenvoud van die Langtoondam met 2 driehoeke as komposisie was vir my mooi
-
Hennie Cronjé Dis ‘n baie goeie foto met uitstekende komposisie. Pragtig!
-
Johan Ayres Wat 'n skitterende foto. Ek het aanvanklik gedink dit is 'n makrofoto, maar toe ek die foto oopmaak sien ek dit is 'n damwal. Pragtig.
Die trok het onder 'n afdak, gedeeltelik in die son gestaan en ek het besluit om maar die neus vir julle te wys. Dankie vir die kyk na gister see gog. Dankie Pine vir die ID: Furrow spider
-
Hennie Cronjé Jy het goed gedoen deur net die neus te wys onder die moeilike omstandighede. Dis baie mooi en ook baie goed uitgevoer. Die rooi gee die foto goeie trefkrag. Mooi!
-
Vida van Schalkwyk sjoe, dis sommer spoggerig tersia!!
-
JOHAN DE BEER Baie mooi foto van 'n klassieke motor
-
Josef Steyn Definitief 'n antiek Tersia. Mooi een. Vandag se spuitfonteintjie is by Jongensfontein geneem. Met gister s'n het ek 'n fout gemaak. Dit was ook by Jongensfontein geneem. Die een wat ek more gaan plaas is wel by Gouritsmond geneem. Ons het langs die…
Die meesterstuk van 'n spinnekop.
-
Hennie Cronjé Dis baie goed uitgevoer. Die web is mooi skerp regdeur met mooi ligrefleksies daarop. Die agtergrond is goed geblur met bokeh, maar is bietjie lewendig. Dit trek sterker aandag as die web self. Daaraan kon jy egter niks doen nie. Gelukkig is daar…
-
Vida van Schalkwyk linda, ek love jou foto - alles werk perfek saam!!
-
Tersia Weitsz Die lig val pragtig op die perfekte spinneweb met mooi bokeh
Terwyl ek in die veld sit en wag vir 'n voëltjie, vang hierdie "liggies" my oog aan my linkerkant. Die bokeh agter is nog 'n bossie van hulle wat uit fokus was. Geneem teen f5.
-
Rona Jacobs Pragtige liggies. Baie mooi foto. Hoop die voëltjie het sy afspraak na gekom. 😉
-
Johan Ayres 'n Pragtige kunstige effek wat jy verkry het met die groot lensopening wat 'n baie mooi bokeh as bonus aan jou besorg het. In geheel 'n pragtige foto.
-
Vida van Schalkwyk beautiful hennie!
-
Tersia Weitsz Dis ongelooflik mooi Hennie
Diè foto plaas ek hoofsaaklik vir die interessantheid daarvan en om te wys hoe 'n groot rol geluk soms in fotografie speel. Sluiterspoed hier was 1/5de sek. en per geluk het die waterspatsel presies in daardie fraksie van 'n sekonde plaasgevind. 'n…
-
Rona Jacobs ‘The more you practice the luckier you get” getuig beslis van jou jare se ondervinding en eindelose geduld. Pragtige foto Josef.
-
Johan Ayres Nog 'n pragtige en kunstige foto. Hierdie foto's van jou is werklik besonders. Ek hoor wat Hennie sê, maar die komposisie is vir my perfek soos dit is. Die regterkantste deel van die foto is vir my 'n integrale deel van jou komposisie.
-
JOHAN DE BEER Baie mooi en goed gevang Josef
-
Tersia Weitsz Behoorlik n spuitfonteintjie! Pragtig Josef. Ek is nogal nuuskierig waar by Gourits jy dit geneem het
-
Hennie Cronjé Ja, die see het hier mooi saamgespeel. Dis pragtig! Jy kan oorweeg om hierdie foto in portret formaat te sny, omdat die regter helfte van die foto nie soveel bydra nie, maar dit kan ook so gelaat word (in landskap). Die foto is goed uitgevoer met…
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Ons moes vir Mia op ‘n manier besig hou en hier kyk sy vir Mamma Chantal wat vir haar gesigte trekMia 2Canon 7D MK I : Canon 18-200 mm lensBrandpuntafstand : 187 mmTyd 1/80…
-
Tersia Weitsz Al het jy nie oogkontak hier nie, is dit nogtans 'n mooi foto Elna
-
Hennie Cronjé Pragtig! Weer eens 'n goeie komposisie met moois skerp fokus. Goeie beligting, maar dit wil-wil bietjie hard raak oor die voorste wangetjie. Die grys objek in die agtergrond moes liefs nie daar gewees het nie. Maar basies is dit 'n pragtige en goeie…
-
Josef Steyn Tipies kind se reaksie. Mooi gedoen Elna.
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Die outjie het heen en weer oor die renoster se lyf gehol en ‘n fees gehad met al die gogga’s en vlieë Resnoster en sy BesoekerCanon 60SX HS PowershotBrandpuntafstand : 226.62 mmTyd 1/160…
-
Johan Ayres Baie geluk met 'n pragtige foto. Die helder kleure van die voëltjie kontrasteer uitstekend met die grys vel van die renoster.
-
Tersia Weitsz Tekstuur van die vel van die renoster wys jy baie mooi en is die voëltjie 'n bonus
-
Hennie Cronjé Dis pragtig en uitstekend uitgevoer in alle opsigte. Baie geluk met 'n uitstekende foto!
-
Josef Steyn Uitstekend Huey. Die kontraste, (kleur en beeld) maak die foto.
-
Tersia Weitsz Die fyn haartjies wys mooi, baie mooi detail Pine
-
Elna Geringer Mooi gedoen Pine, wil amper lyk of die mot 'n slapie inpas.............
-
Hennie Cronjé Dis baie mooi en ook baie goed uitgevoer. Mooi eenvoud en agtergrond, met skerp fokus. Die rooi kolletjie op die vlerk is baie interessant. Mooi!
-
Johan Ayres Superskerp met pragtige detail.
Bosveldvisvanger
-
Tersia Weitsz Pragtig Linda
-
Elna Geringer Puik gedoen Linda
-
Hennie Cronjé Ook net so mooi soos die ander een. Persoonlik verkies ek die ander een weens die bokeh. Dis iets wat mens nie in die werklike lewe sien nie, omdat ons oë ‘n groot velddiepte het. Bokeh kom met klein velddieptes.
Bosveldvisvanger
-
JOHAN DE BEER Pragtige foto
-
Tersia Weitsz Pragtig met mooi agtergrond
-
Elna Geringer Lekker om weer jou plasings te sien Linda. Die foto is puik gedoen met sterk fokus en 'n mooi skoon agtergrond BGG
-
Hennie Cronjé Pragtig! Dis ‘n besondere foto van ‘n visvanger. Dit neig na “high key” (lig oor die algemeen, maar nie oorbelig nie), wat ‘n lekker vrolike atmosfeer skep en wat by die toneel pas. Die komposisie is baie goed, veral met die koepel waarop die…
Comments