Hierdie foto het ek met skuiffokus geneem. Drie foto's is geneem en telkens is daar 'n fraksie verder gefokus met 'n vlak velddiepte. Die drie foto's is met "stacking" op die rekenaar in Affinity Photo saamgevoeg. Die rede vir skuiffokus is om die objek heeltemal skerp te kry sonder om blur van die agtergrond in te boet. Mens moet natuurlik 'n driepoot gebruik en baie seker maak die kamera beweeg nie tussen die drie foto's nie. Mens kan natuurlik veel meer foto's op hierdie wyse saamvoeg.
Die laaste 7 foto's op Fotoskool is wêreldklas (myne uitgesluit). Dit maak my trots op Fotoskool waar ons 'n versameling van werklik uitstekende fotograwe het. Dit moenie nuwe en minder ervare mense afsit nie. Julle sal sekerlik gehelp word om ook daar te kom. Maar toewyding aan hierdie wonderlike stokperdjie van ons bly die sleutel tot groei en sukses.
Comments