Hierdie swamme is redelik algemeen en maak altyd sterk indruk. Hier het ek 'n swart doek agter geplaas weens 'n lastige natuurlike agtergrond.
Ons toertjie na Lesotho die afgelope naweek het baie goed afgeloop. Die tyd het ons egter ingehaal en gevolglik kon ons nie tot by Katse dam se wal kom nie. Maar dit was baie mooi om die dam propvol te sien. Ook Golden Gate was pragtig en ons het ook die Kaalvort vrou se standbeeld naby Harrismith besoek. Dis altyd 'n belewenis (in my opinie die nr 1 standbeeld in ons land).
Comments