Komposisie(2)

Dis dieselfde toneel, maar ek het omtrent 80m na links geloop en hierdie beeld verkry. Hier gaan dit nie om primêr en sekondêr nie. Die herhaling van palmbome staan voorop. Herhaling is een van die ontwerpe met sterk trefkrag. Daarom slaan ek hierdie komposisie hoër aan as die ander een. Hierdie foto's is in Kruge Park Lodge naby Hazyview geneem (naby die Krugerhek van die KNP).

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Ek moet dit onthou, besonderse foto Hennie.
  • Beide foto's puik gedoen Hennie en ek leer weer iets nuuts
  • Baie dankie vir die interessante les. Interessant hoe die hele komposisie en toneel verander wanneer 'n mens van posisie verkuif. Hierdie is 'n pragtige foto met herhaling, lyne en weerkaatsing.
  • pragtig
  • Hierdie foto is heel besonders. 'n Baie goeie voorbeeld van aspekte van komposisie en ook hoe noodsaaklik dit is om van posisie te verskuif om nuwe insig in die toneel te kry.
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Hennie Cronjé posted a photo
Dieselfde middag as gister se foto, net bietjie later. Die wind het daardie dag gewaai en die stof in die lug het die rooi gloed gegee. Met onderbeligting aksentueer mens die rooi.
37 minutes ago
Johan Ayres posted a photo
Ek is terug en hervat my reeks, jammer vir my afwesigheid a.g.v. werksverpligtinge.
11 hours ago
  • Hennie Cronjé 'n Objek propvol tegnologie. Die vliegtuig bedryf is seker die mens se grootste tegniese prestasie. Om soveel mense so effektief te vervoer met so 'n geweldige lae ongeluksyfer, is 'n uitstaande prestasie. Hierdie foto is pragtig en indrukwekkend.…
    40 minutes ago
Tina le Grange posted a photo
Hier het ek tot 'n groot mate die toneel van vooraf gefotografeer.HENNIE JOU AFRIKA-SON FOTO - kontras is uitstekend!!!   Is ek verkeerd om te vra wat van 'n Portret-foto??  
14 hours ago
  • Hennie Cronjé 'n Roerende beeld met 'n pragtige foto daarvan. Daardie gesigsuitdrukking spreek van baie emosie en ervarings. Baie goed uitgevoer.
    Dankie vir jou kommentaat oor die sonsondergang foto. Mens kan dit seker in portret formaat sny, maar dan val die…
    42 minutes ago
HERMAN posted a photo
Ek het dit al voorheen probeer ,maar met min sukses.
20 hours ago
  • Johan Ayres Groot sukses en baie kunstig.
    11 hours ago
  • Hennie Cronjé Hierdie poging was baie suksesvol. Jy kan die highlights op die rekenaar nog bietjie sterker maak, maar basies is hierdie foto baie mooi. Goed gedoen!
    15 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Naby Letaba.
21 hours ago
  • Johan Ayres Tydloos en klassiek. Uitstekende kontras in kleur. Netjiese skoon komposisie volgens die lyn van derdes.
    11 hours ago
  • Tina le Grange Hennie die kontras is uitstekend
    14 hours ago
  • HERMAN Pragtige foto .Die rooi is baie treffend.
    20 hours ago
JJ posted a photo
Die kleur weergawe - hulle but skynbaar baie seer.
yesterday
  • Johan Ayres Weereens uitstekend en kreatief, 'n mens vermoed nie dit is deur glas geneem nie. Ek hou baie van jou "sonsopkoms" agter die besie. (Die kleur weergawe wen loshande.)
    11 hours ago
  • Hennie Cronjé Dikwels hou ek meer van die wit en swart, maar in hierdie geval verkies ek die kleurweergawe. Dis pragtig met baie mooi kleure. Baie goed gedoen!
    22 hours ago
  • HERMAN Die definisie met s/w vir my beter.
    Beide mooi.
    23 hours ago
JJ posted a photo
Hier ek het die beesie in 'n glas gehad om hom veilig buite te sit
yesterday
  • Hennie Cronjé Dit lyk asof die outjie sukkel om daar uit te kom, maar dis 'n uitstekende, pragtige foto! Die kontraster is soos dit moet wees en dit maak indruk. Baie mooi!
    22 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Dit lyk vir my na 'n bruinkop visvangertjie. Geneem by 'n skuiling net noord van Letaba.
Wednesday
  • Johan Ayres Met hierdie foto moet ek jou gelukwens! Die groen links bo en regs onder komplimenteer en rond die diagonale lyn perfek af.
    11 hours ago
  • Lourens Sho, dis baie mooi!
    yesterday
  • Flip Ferreira Dit 'n bruinkop Hennie. Pragtig gefotografeer.
    yesterday
  • HERMAN Pragtige foto,mooi agtergrond.
    yesterday
JJ posted a photo
Hier het ek hom op 'n glasblad gesit om ook van onder af te neem.  Na die fotosessie het ek hom weer in die tuin losgelaat.Baie dankie weereens vir die kommentaar op die vorige foto's - ek waardeer!
Tuesday
  • Johan Ayres Uitstekende detail. Die ongewone hoek maak die foto spesiaal en verleen trefkrag daaraan.
    11 hours ago
  • HERMAN Mooi detail gekry.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dis regtig baie suksesvol gedoen. Die ongewone hoek waaruit jy hom afgeneem het, maak hierdie foto baie interessant en spesiaal. Baie mooi!
    Wednesday
Flip Ferreira posted a photo
Tuesday
  • Johan Ayres Pragtige kleur. Kostelik.
    11 hours ago
  • JJ Hy trek aandag! Goed gedoen met die een!
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Ook 'n skitterende foto. Sy houding teen die boomstam is ongewoon en juis daarom trek dit sterker aandag. Pragtige kleure. Mens kan ook oorweeg om die agtergrond swart te maak, maar dis ook reg soos dit nou is. Baie mooi!
    Tuesday
HERMAN posted a photo
Hulle is vir  my baie moeilik om te fotografeer, want hulle sit nie lank genoeg stil nie. 
Tuesday
  • Johan Ayres 'n Wenner.
    11 hours ago
  • JJ Ditto met die onderstaande kommentaar!!! Welgedaan!!!!
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Skitterend!!!! Alles hier is perfek gedoen om tot 'n werklik pragtige foto te lei Baie mooi!
    Tuesday
  • HERMAN Bly interessant om hulle dop te
    Tuesday
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie twee seekoeie het ure lank met mekaar gestoei - in en buite die water. Hulle byt mekaar skynbaar nie, maar druk teen mekaar met oop bekke. Dit was die eerste keer dat ek dit gesien het. 'n Rukkie terug het Herman (of iemand anders) 'n…
Tuesday
  • Johan Ayres 'n Kostelike foto met baie goeie simmetrie. 'n Baie slim komposisie wat die normale reëls baie suksesvol breek
    11 hours ago
  • JJ Speeltyd!
    Tuesday
JJ posted a photo
Hy het toe weggevlieg van die muur en op my braaier gaan sit.  Ek kon hier sy gesiggie beter kry.  Hy is so 12-15 mm lank.  Die engelse noem hom 'long horn beetle'.  
Monday
  • Johan Ayres Indrukwekkende detail en pragtige foto.
    11 hours ago
  • HERMAN Indrukwekkende detail.
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Baie interessant. Daardie oog wat so om die voeler gaan, is uniek. Dis uitstekende makro-fotografie met skerp fokus tot in die fynste detail, met goeie beligting. Baie mooi!
    Tuesday
JJ posted a photo
Hierdie ou lyk of hy uit die oertyd kom.  Hier sit hy teen 'n wit muur, wat die beligting bietjie moeilik gemaak het.
Monday
  • Johan Ayres 'n "Antieke" gevoel foto van iets uit die oertyd.
    10 hours ago
  • Hennie Cronjé Dit lyk voorwaar asof hy uit die oertyd kom. Die oorbeligte muur maak nie saak nie - solank die insek self goed belig is en dit het jy gedoen. Ook mooi skerp en die effens diagonale plasing gee 'n meer informele beeld. Baie mooi!
    Tuesday
Hennie Cronjé posted a photo
Ons was in 'n skuiling naby Letaba, toe hierdie olifant amper teen die geboutjie verby kom om aan die lekker groen plant te eet. Ek moes 'n wyehoek lens opsit om hom te kon fotografeer!
Monday
  • Johan Ayres 'n Mooi skerp en kleurvolle natuurfoto.
    10 hours ago
HERMAN posted a photo
Ek het hierdie in die aand geneem.Hulle sit nogal mooi stil,weet nie of hulle slaap nie.
Sunday
  • Johan Ayres Uitstekende detail en baie goeie kontras.
    10 hours ago
  • JJ Goed geneem Herman!
    Monday
  • Hennie Cronjé Baie interessant! Dit lyk amper asof hy twee totaal verskillende soorte oë het. Baie goed gefotografeer. Effens onderbelig, maar ek dink dis die effek van Fotoskool se program. Baie mooi!
    Monday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html