Dis dieselfde toneel, maar ek het omtrent 80m na links geloop en hierdie beeld verkry. Hier gaan dit nie om primêr en sekondêr nie. Die herhaling van palmbome staan voorop. Herhaling is een van die ontwerpe met sterk trefkrag. Daarom slaan ek hierdie komposisie hoër aan as die ander een. Hierdie foto's is in Kruge Park Lodge naby Hazyview geneem (naby die Krugerhek van die KNP).
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Die Izothsa Luterse kerk is ‘n duitse gemeenskap en die bergraafplaas is vol oorlrdr Duitsers. Sommige van die kopstukke het rankskikkings soos op hierdie foto. Hoekom dit juis agter die…
-
Hennie Cronjé Interessant. Ek ken nie hierdie gebruik nie. Die foto is goed uitgevoer en vertoon mooi.
-
JOHAN DE BEER baie mooi foto ,pragtige kleure
-
Hennie Cronjé Hierdie voëls is darem maar mooi. En jy het hom baie mooi gefotografeer met die kleure wat mooi uitkom. Ook goeie eenvoud en agtergrond. Baie mooi - welgedaan!
Indien die naam nie korrek is nie, korrigeer my asseblief, dan verander ek die opskrif.
-
Hennie Cronjé Dis amper 'n tobie - die snawel se rooi is reg en die kop se swart ook, maar die nek en lyf moes ook swart gewees het. Die oog moes eintlik ook rooi gewees het. Nietemin, dis 'n baie mooi beeldjie en foto. Oudergewoonte si die foto baie goed…
-
Hennie Cronjé Dis pragtig! Die balans tussen die groot druppels (wat die fokuspunt viorm) en die kleintjie (die sekondêr) is treffend. Daar is 'n fiktiewe diagonale lyn tussen hulle waarlangs mens se oog heen en weer beweeg. Dit gee dus visuele dinamika aan die…
Hennie ek is onseker oor my huiswerk??
-
Hennie Cronjé Dis beter - baie dankie vir jou moeite. Die kontras is beslis sterker en maak vir 'n meer gebalanseerde kunswerk. Baie mooi!
Nie verwerking wat ek gereeld doen nie, maar kans gevat.
-
Hennie Cronjé Dis pragtig en treffend! Die ster is 'n soort sirkel, wat sterk trefkrag het. Jy kan egter die kontras effens verhoog deur swart swarter te maak. Dit sal die trefkrag verder verhoog. Verder baie mooi.
-
HERMAN Kunstige verwerking.
Weet nie of die lang tak pla nie?
-
Tina le Grange Herman ek stem saam met Hennie - werklik 'n besondere foto. Veels geluk.
-
Hennie Cronjé Die lang tak pla nie. Dis pragtig!Twee mooi tiptolle. Mooi eenvoud met skerp fokus en goeie beligting. Dikwels is dit moeilik om die beligting teen die lug reg te kry omdat die lug ligter is en dan kom die voorgrond donker uit. Hier is dit egter…
'n Laaste foto vanuit Cullinan.
-
Johan Ayres Sirkel effek, baie mooi beligting en eenvoud maak vir 'n pragtige foto.
-
Tina le Grange Hennie, besonder kunstig; help my asseblief met die voorste "klokkies" in fokus en die agterste nie. 'n Effek wat ek nog moet leer.
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Derde foto in die reeks. Hierdie Hibiskus het ongelukkig nie die April 2022 se vloede oorleef nie. Die was ‘n besonderse blom met die diep rooi hart en die skewe stamper (Hennie is ek…
-
Tina le Grange Elna soos besondere materiaal effek vir 'n mooi aandrok.
-
HERMAN Mooi foto van baie mooi blom
-
Hennie Cronjé Jy is reg - die stamper is rooi en die meeldrade se stuifmeel geel. Dis 'n indrukwekkende foto met al die detail en skerp fokus, asook met mooi kleure. Genoeg om mens mee besig te hou! Baie mooi - ons sien uit ne môre!
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Met die een sluit ons die “Blurred Frame Action” van PanosFX af.Ek kan nogal die foto geraam, en alleen teen 'n muur sien hang. Dalk 'n swart muur of dalk wit????????????
-
Johan Ayres Klassiek! Sommige foto's werk maar net eenvoudig in wit en swart, hierdie foto is beslis een van hulle.
-
Tina le Grange Werklik baie kunstig Elna - veels geluk!!! Ek sien dit ook teen 'n swart muur.
-
HERMAN Baie mooi gedoen.
-
Hennie Cronjé Pragtig! Jy verstom my! Dis baie goed gedoen en regtig mooi en kunstig. Miskien teen 'n swart muur.....
Hennie, m.b.t. jou vraag by my vorige foto waarom die kop afgensy is - dit is 'n pot wat gebruik word om plante in te plant. Binnenshuis versierders gebruik ook hierdie potte vir plastiek blomme of ander items.
-
HERMAN Besig om sy vere reg te maak.
Mooi foto. -
Hennie Cronjé Dankie vir die verduideliking. Hierdie foto is interessant met die eend wat aan iets peusel. Ook goed uitgevoer met skerp fokus en goeie beligting en agtergrond. Mooi!
-
Elna Geringer Oulik Johan
Die prag van Namakwaland se oorvloedige blommeryk.Foto op 'n plaas naby Strandfontein 2020
-
Tina le Grange Johan jy roer my uitstien na 2022 se blommetyd; ek hou van die komposisie, goeie diepte, besondere kleure
-
HERMAN Moet 'n fees wees om te sien.
Baie mooi. -
Hennie Cronjé Pragtig! Jy laat ons verlang na Namakwaland! Hierdie foto se komposisie is baie goed met die pad effe eksentries. Dit lei ook tot 'n mooi diepte persepsie. Rooi mag dalk bietjie sterk wees, maar verder baie goed en mooi.
-
Elna Geringer Lieflik. Goeie inleiding vir die oog Johan. BGG
-
Johan Ayres 'n Fees vir die oog met 'n baie effektiewe inleidende lyn.
Baie dankie Hennie vir jou kommentaar op gister se foto.Ek het ook gedink die man kon maar uit kom.
-
Tina le Grange Magda, soos 'n kunswerk; baie goed raakgesien en mooi skerp.
-
HERMAN Baie mooi weggesteek.
Amper nie raakgesien nie. -
Elna Geringer Briljant gedoen Magda
-
Hennie Cronjé Interessant hoe die kleure omtrent dieselfde is. Ek moes 'n rukkie soek voor ek die naaldekoker raakgesien het. Dis mooi skerp en vertoon goed. Wat van bietjie crop?
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Tweede foto in die reeks. Vrydag sal ek die geheim uit laat. Enige krits is welkomHahahahaha Hennie, ek vertel DV Vrydag
-
Tina le Grange Elna, ditto met Magda en Hennie!!
-
Hennie Cronjé Pragtig! Hier is die kleure meer lewensgetrou. Mooi skerp ook met 'n goeie komposisie. Baie mooi!
-
Magda van der Merwe Baie goed gedoen Elna.
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer.Editor: Die Kannablom ook met die “Blurred Frame action” van PanosFX gedoen. Ek het die aksie 3 keer gedoen om die raam 3 keer te kan sien
-
Tina le Grange Huey 'n besondere kunstige verwerking. Die kern vorm 'n puik plasing met die res wat "uitwaaier"
-
Johan Ayres Kunstig, kleurvol, pragtig.
-
Hennie Cronjé Sonder Editor se hulp? Dis baie goed gedoen en vorm 'n foto wat beslis aandag trek. Dit vertoon mooi sterk weens die herhaling en helder kleure. Baie mooi en geluk hiermee!
-
Magda van der Merwe Briljant Huey
Comments