Waiting to play

Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Te cute😊
  • Dankie Hennie, wardeur die raad. Sal moet kyk wat gebeur.
  • Die toneel is pragtig en die foto is goed uitgevoer, maar die kontras is laag. Dit kan te doen hê met die lig waarin die foto geneem is. Jy kan gerus hierdie foto in Levels oopmaak. Dit behoort 'n redelike opening te hê aan die regterkant tussen die grafiek (die histogram) en die regter onderste hoek van die blok. Trek die regter slider na links tot teen die grafiek. Dit behoort 'n groot verskil te maak.
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Magda van der Merwe posted a photo
Die foto is geneem toe ons in die Kaap getoer het, die badkamer was deel van die Hotel.Baie dankie vir al die kommentare op my foto's, waardeer baie
15 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Hiermee sluit ek my Melville graffiti reeks af. Ons het pragtige tekeninge gesien, maar ook 'n hele paar "vreemdes." Baie dankie vir julle saam kyk, ek hoop dit was vir  julle net so interessant soos vir my.
17 hours ago
JJ posted a photo
Om perspektief te verleen het ek my Parker se punt saam afgeneem.  Dit is werklik 'n ou piepklein blommetjie.
20 hours ago
JJ posted a photo
Ek het per teoval die klein spinnie raakgesien- hy was omtrent klein.Ek laai ook 'n perspektef foto hierna om die grootte aan te dui
20 hours ago
  • Johan Ayres Die foto is baie mooi skerp sonder enige oorbeligting op die geel. Ek hou van die skakerings van geel. Die kontras maak dit 'n sterk foto en die spinnekoppie 'n welkome bonus.
    17 hours ago
Flip Ferreira posted a photo
Wie loer kry niks
22 hours ago
Pine posted a photo
yesterday
  • Magda van der Merwe Pine dis n pragtige foto, en mooi skerp
    15 hours ago
  • HERMAN Pragtige foto,mooi skerp fokus,mooi agtergrond
    yesterday
Tina le Grange posted a photo
Ek is spyt die takkies voor die maan is nie 100% skerp nie. Nikon CoolPix P900;  1/3 sek;  Fokale lengte 35.7mm (35mm ekwivalent 200mm)  f/4.5  ISO:800.   My vorige foto: Dankie Hennie vir jou kommentaar;  Elna, ja die maan agter die Aalwyn is ook…
Tuesday
  • Magda van der Merwe Tina ek stem met Hennie, dis n pragtige foto.
    15 hours ago
  • Pine Pragtige foto met mooi kleur en sterk atmosfeer. Tina.
    yesterday
  • Tina le Grange Baie dankie Hennie - ek waardeer. Die langnaweek gee ons bietjie af. Sien julle weer binnekort.
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Hierdie is een van jou beste foto’s in ‘n lang tyd. Die takkies reg voor die maan is nie heeltemal skerp nie weens die helder lig van die maan. Ek dink nie jy is daarvoor verantwoordelik nie. Dit moet weens ligbreking en moontlik distorsie van…
    Tuesday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. As een Reier dan nou nie wil sit soos ek wil hê nie, dan maak ek maar twee daarvanCanon 7D MK II  met Sigma 150-500 mm lensBrandpuntafstand : 500 mmTyd 1/6400 sekF/8ISO 1250
Tuesday
  • Magda van der Merwe Sjoe dis baie goed gedoen Elna. Pragtig
    15 hours ago
  • Pine Interessante verwerking gedoen Elna. Die pote en die tak waarop hulle sit is na my mening te prominent en domineer die foto
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dis ‘n baie goeie en mooi kunswerk. Ek wonder net of die objek tussen die voëls nie te sterk vertoon nie? As dit swakker vertoon, sal die voëls sterker uitstaan en makliker gesien word.
    Tuesday
  • Tina le Grange Elna ek hou van die verwerking wat 'n goeie, moderne effek gee. Alhoewel die raampie balans gee met die 4 hoeke wat effe meer outentiek is.
    Tuesday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Hierdie was net vir my so effe simbolies aan die feit dat ons as mens nie weet wat die pad vorentoe vir ons inhou nieCanon 50SX HS PowershotBrandpuntafstand : 7.82 mmTyd 1/40 sekf/4ISO…
Tuesday
  • Magda van der Merwe Uitstekende foto Huey
    15 hours ago
  • Johan Ayres 'n Mooi simboliese foto met 'n titel wat die foto ondersteun.
    17 hours ago
  • Pine Goeie komposisie sorg vir ń mooi foto. WD Huey
    yesterday
  • Tina le Grange Huey, ek hou van jou simbolise idee van jou foto; veral in hierdie Covid-tyd besef 'n mens opnuut, dat elke nuwe dag, as gesonde mens, GENADE is uit GodDrieEnig se HAND. Ek hou van die komposisie.
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Die pad vorm ‘n sterk leidende lyn en gee ook mooi diepte. Die fokus is skerp, maar die hele foto mag baat vind by ‘n fraksie donkerder. Maar dis ‘n baie mooi foto.
    Tuesday
Pine posted a photo
Monday
  • Johan Ayres 'n Skitterende foto met pragtige lig.
    16 hours ago
  • Tina le Grange Pine; alles werk pragtig saam - heerlike voorreg om so 'n foto te kry.
    Tuesday
  • Elna Geringer Die koning van die lug. Puik gedoen Pine
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Dis perfek gedoen, met baie mooi lig op die voël. Die rigting van die lig bring mooi kontraste uit. Baie mooi!
    Tuesday
  • HERMAN Baie mooi skerp
    Tuesday
Tina le Grange posted a photo
Nikon CoolPix P900 26.5.2021 om 18:40 Fokale lengte 116.0mm  f/5.6  ISO:800Dankie vir julle kommentaar en wenke by my Boomstam-foto - ek sal probeer huiswerk doen.
Monday
  • Pine Baie goed gedoen hiermee Tina. Dit lyk onheilspellend.
    yesterday
  • Elna Geringer Dit lyk of die maan agter tralies is. Puik gedoen Tina
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Dis baie mooi en ook goed uitgevoer. Nie net die beeld nie, maar ook die ster kontras maak indruk. Baie mooi!
    Tuesday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Die foto het ek in 2015 geneem tydens ons verblyf in die Baviaans. Dit was toe ek nog vreeslik dom met kamera stellings was, so moenie skrik vir die spoed en ISO nieCanon 60D  met…
Monday
  • Pine Miskien oud, maar dit is ń puik foto Elna.
    yesterday
  • HERMAN Baie mooi foto met mooi kleure.Jy kan!
    Tuesday
  • Tina le Grange Skitterend Elna, lyk beslis nie na 'n persoon wat nie fotografie ken nie - alles werk pragtig saam. Veral die trok se fokus is 100% plus
    Monday
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Ek hou veral van die kleure met die roesbruin van die vragmotor wat in die wolke herhaal word. Baie mooi!
    Monday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Canon 50SX HS PowershotBrandpuntafstand : 131.11 mmTyd 1/640 sekf/5.6ISO 125Auto Mode
Monday
  • Johan Ayres Baie geluk met 'n skitterende foto met sagte lig en pastel kleure. Goeie detail selfs op die wit gedeeltes.
    16 hours ago
  • Pine Pratige foto met baie goeie kleur en skerp fokus. Die voëls se plasing is ook goed.
    yesterday
  • HERMAN Mooi skerp met mooi kleure
    Tuesday
  • Tina le Grange Skitterend Huey met goeie kleurversadiging, skerp fokus en besondere komposisie
    Monday
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Mooi eenvoud en kleure en tegnies goed uitgevoer. Baie mooi!
    Monday
Tina le Grange posted a photo
Baie dankie vir kommentaar by my vorige foto
Sunday
  • Pine Lekker skerp foto met mooi ware kleure en goeie detail.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dis baie mooi en goed uitgevoer. Die komposisie is goed, maar jy kon dit ook so uitgevoer het dat die gras uitgesny is (niks verkeerd met hierdie komposisie nie). Alles is baie mooi skerp met baie realistiese kleure. Baie mooi!
    Monday
  • Tina le Grange Baie dankie Elna; ek het 'n tyd gelede soortgelyke foto geneem en as ek reg onthou het Hennie of Josef dit ook genoem. Sal kyk of ek die groen kan weg "toor"
    Monday
  • Elna Geringer Jy het 'n oog wat goed ingestel is Tina. Persoonlik sal ek die groen links heeltemal weg sny en dalk ook aan die bokant so bietjie. Sodoende kry jy die fokos op die "seerplek" wat die hoof element in die foto is. Nietemin, mooi gedoen
    Monday
JJ posted a photo
Vis
'n Nuwe toevoeging tot die skool, en hy het mooi stil gaan staan vir die foto.  Omtrent so groot soos 'n R2 muntstuk.100mm makro lens met 3 verlengingsbuise (Kenko vir Canon)F161/60Flash
Sunday
  • Johan Ayres Uitstekend, skerp en mooi kleure.
    16 hours ago
  • Pine Puik gedoen met die verlengingsbuise JJ.
    yesterday
  • Tina le Grange JJ, jy verbeter telkens; alles wat Hennie my geleer het, het jy hier puik gedoen!! Ek sukkel egter nog..... :-)
    Monday
  • Hennie Cronjé Uitstekend gedoen met skerp fokus regdeur en pragtige kleure. Baie mooi!
    Monday
  • Elna Geringer Mooi skerp en goeie detail JJ
    Monday
  • HERMAN Baie mooi skerp op die oog
    Monday
Linda Rademan posted a photo
Die immer besige Janfrederik kan darem soms vir 'n oomblik stilsit, sodat 'n mens hom kan afneem.
Sunday
  • Hennie Cronjé Jy het hom baie mooi gevang onder moeilike omstandighede. In voël fotografie is daar twee benaderings: dokumentasie (waar die agtergrond nie saakmaak nie) en goeie fotografie (waar eenvoud, agtergrond, ens belangrik is). Hier het jy so iets van…
    Monday
  • Elna Geringer Lekker om weer 'n foto van jou te sien Linda. Ek stem saam met Tina
    Monday
  • Tina le Grange Linda Goeie plasing aan die regterkant. Blink ogie altyd 'n bonus. Jy kan oorweeg om links bietjie af te sny vir meer eenvoud. Die blou bokeh is interessant.
    Sunday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html