Baie dankie Hennie, Josef en Pine. Ek het gevoel die foto is te besig; dankie Pine dat jy dit ook uitwys.
Ek moes dalk liewer op die rotsformasie met die ligene inge-zoom het.
Hier het jy van "niks" iets probeer maak. Daarvoor het ek groot waardering. Die fokus op die kapok lyk sag, maar ek dink dis weens die bolletjies se anatomie. Mooi sybeligting met pragtige kleure. Baie mooi!
Johan Ayres Nog 'n skitterende makrofoto. Die mot is pragtig skerp en jou verwerking laat hom baie mooi teenoor die agtergrond uitstaan. Die detail op die voelers dra baie by tot die algehele sukses van die foto.
Die foto het Freek geneem. Op ons pad terug van Kokstaddie mense het iets gebrand, en die rook het so oor die pas gegaan.Wat sy oog gevang het, was die rook so tussen die bome. Die bakkie voor het ek in geloswant dit vertel die storie:--Rook tonnel
Hierdie foto is weereens in helder sonlig geneem, maar die gebruik van kameraflits, gekombineer met 'n klein lensopening (f/16) het gemaak dat die agtergrond outomaties swart vertoon.
Josef Steyn Mooi komposisie Ingrid. Dit lyk asof dit in skerp sonlig geneem is en dit maak dat dele van die blom oorbelig lyk en die skaduwee baie donker is. Ek probeer altyd om blomme in skaduwee af te neem met ligte skaduwee as my voorkeur lig. Ek maak 'n…
Hennie Cronjé Dis pragtig, met goeie komposisie. Mooi skerp ook met voldoende velddiepte. Die kleure is ook pragtig. Swart is egter bietjie te sterk. In RAW kan mens die swart afbring met die Shadow slider. Verder baie mooi!
Hennie Cronjé Ook baie mooi! Mooi skerp met goeie beligting. Die bietjie agtergrond regs bo is bietjie helder, maar verder baie mooi.
7 hours ago
Elna Geringer Nogal mooi weerkaatsings ook hier gekry Tersia. Jy het so bietjie met 'n skewe hoek hier geneem maar as jy reg van voor geneem het kon jy die krop so gedoen het dat net die neus, ligte en "grill" wys. Ek weet in die tipe plekke is daar nie altyd die…
Editor soek hulp..........hierdie foto is in die suide van die Hluhluwe-Imfolozi Wildtuin by 'n drinkplek geneem. Die weerkaatsding is wat my oog trek hier maar ek sukkel met die helder water. Dit was middel van die dag en lig was uiters hard. Hoe…
Pine Baie mooi foto Huey! Ek vermoed dat dit heelwat sal help as editor Hennie se raad probeer. Sal weer na huiswerk foto kyk
4 hours ago
Josef Steyn Met sulke harde lig het 'n mens altyd 'n probleem. As julle dit nog nie gedoen het nie kan jy in Lightroom probeer om met die highlights slider die helder water bietjie te demp maar ek vermoed jy gaan met alles bietjie sukkel. Ek dink deur selfs net…
Johan Ayres Ek kan nie help met die redigering nie, maar hier is my mening. Ek sou die water en die weerkatsing net so los. Dit is pragtig soos dit is, eintlik die ster van die foto. In geheel 'n pragtige foto.
6 hours ago
Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto met mooi weerkaatsing. Die eenvoudigste wat julle nou kan doen, is om die foto in Levels oop te maak. Gaan na die middelste (grys) slider. Kliek net-net regs van die driehoekie. Die foto sal 'n fraksie donkerder word wat die…
7 hours ago
Tersia Weitsz Ek kan jou niee raad gee met PS nie, maar hou van jou foto
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Klein Mia se Geduld met die kamera het begin op raak. Ten tye van die foto moes Chantal omtrent soebat vir kalmte en rustigheid, maar die draadjie tusen lus en nie lus wees nie was…
Josef Steyn Die crop wat jy gedoen het werk baie goed Elna. Die treguit kyk na die kamera werk baie goed. Jy kan oorweeg om die een ogie klein bietjie op te helder, verder lyk alles reg.
Hennie Cronjé Dis pragtig met goeie trefkrag. Die afsny bo en onder tegelyk gee goeie balans. Sy kyk mooi in die kamera in met goeie beligting. Baie mooi!
Daar was baie verskillende soorte klein blommetjies in die veld toe ons 'n berg uitgeklim het in Golden Gate. Hier is een van hulle. Vir blou en pers moet mens altyd skaduwee oor die blom gooi omdat die kleure uitgewas raak in direkte sonlig.
Hierdie is nog ‘n poging met natuurlike lig. Met die makrolens en sonder die kameraflits was dit nodig om die ISO na 1000 op te stoot. Die sluiterspoed van 1/1600 sek het vir my ‘n ‘n lensopening van f/5 gegee. Daarom is die velddiepte baie vlak, in…
Elna Geringer Die f/5 het gesorg dat die fokus 'n spesifieke plek in die foto skerp maak, die by se kop en bo lyf. Ek hou hiervan Johan
10 hours ago
Josef Steyn Die sagte agtergrond en natuurlike lig maak hierdie foto uitsonderlik Johan. Pragtig.
14 hours ago
Hennie Cronjé Skitterend! Die mooi kleure is opvallend en die vlak velddiepte gee baie mooi effekte. Die foto het ‘n mooi sagte aanslag weens die f5. Ook mooi skerp. Baie mooi en goed gedoen!
18 hours ago
Pine Nog steeds ń baie mooi foto, al is die velddiepte baie vlak. Die fokus is skerp en die kleure pragtig. Puik gedoen Johan!! Dankie vir die foto en verduideliking. Hierdie foto wys net weereens die waarde van ń kameraflits
Hennie Cronjé Dis ‘n baie mooi landskapsfoto. Die beligting op die lug is perfek. Op die land is dit onderbelig, maar die refleksie op die water kompenseer daarvoor met goeie kontras. Mooi skerp regdeur. Die horison is ook goed geplaas. Baie mooi!
Comments
Ek moes dalk liewer op die rotsformasie met die ligene inge-zoom het.