Verjaardag-ster Bosjes-plaas

Nikon CoolPix P900 op 28/02/2022 - verjaardagfoto 1/3200  Fokale lengte 20.5mm  f/8.0  ISO:100

Hennie, regs van die vorige foto se sipresse, was 'n gebou wat ek verkieslik afgesny het.

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Absoluut topklas Tina. Hierdie foto is een van diè wat 'n sentrale plasing vereis. Baie goed gedoen. Perfekte simmetrie.
  • Indrukwekkend! Dis pragtig gefotografeer en ek moet jou hiermee gelukwens. Dit kom sterk oor met 'n goeie komposisie. Baie mooi!
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Die Izothsa Luterse kerk is ‘n duitse gemeenskap en die bergraafplaas is vol oorlrdr Duitsers. Sommige van die kopstukke het rankskikkings soos op  hierdie foto. Hoekom dit juis agter die…
1 hour ago
  • Hennie Cronjé Interessant. Ek ken nie hierdie gebruik nie. Die foto is goed uitgevoer en vertoon mooi.
    1 hour ago
HERMAN posted a photo
Oog
2 hours ago
  • JOHAN DE BEER baie mooi foto ,pragtige kleure
    1 minute ago
  • Hennie Cronjé Hierdie voëls is darem maar mooi. En jy het hom baie mooi gefotografeer met die kleure wat mooi uitkom. Ook goeie eenvoud en agtergrond. Baie mooi - welgedaan!
    1 hour ago
Hennie Cronjé posted photos
4 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Indien die naam nie korrek is nie, korrigeer my asseblief, dan verander ek die opskrif. 
16 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis amper 'n tobie - die snawel se rooi is reg en die kop se swart ook, maar die nek en lyf moes ook swart gewees het. Die oog moes eintlik ook rooi gewees het. Nietemin, dis 'n baie mooi beeldjie en foto. Oudergewoonte si die foto baie goed…
    4 hours ago
Tina le Grange posted a photo
16 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Die balans tussen die groot druppels (wat die fokuspunt viorm) en die kleintjie (die sekondêr) is treffend. Daar is 'n fiktiewe diagonale lyn tussen hulle waarlangs mens se oog heen en weer beweeg. Dit gee dus visuele dinamika aan die…
    4 hours ago
Tina le Grange posted a photo
Hennie ek is onseker oor my huiswerk??
16 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis beter - baie dankie vir jou moeite. Die kontras is beslis sterker en maak vir 'n meer gebalanseerde kunswerk. Baie mooi!
    4 hours ago
Tina le Grange posted a photo
Nie verwerking wat ek gereeld doen nie, maar kans gevat.
16 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig en treffend! Die ster is 'n soort sirkel, wat sterk trefkrag het. Jy kan egter die kontras effens verhoog deur swart swarter te maak. Dit sal die trefkrag verder verhoog. Verder baie mooi.
    17 hours ago
  • HERMAN Kunstige verwerking.
    18 hours ago
HERMAN posted a photo
Weet nie of die lang tak pla nie?
yesterday
  • Tina le Grange Herman ek stem saam met Hennie - werklik 'n besondere foto. Veels geluk.
    17 hours ago
  • Hennie Cronjé Die lang tak pla nie. Dis pragtig!Twee mooi tiptolle. Mooi eenvoud met skerp fokus en goeie beligting. Dikwels is dit moeilik om die beligting teen die lug reg te kry omdat die lug ligter is en dan kom die voorgrond donker uit. Hier is dit egter…
    20 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
'n Laaste foto vanuit Cullinan.
yesterday
  • Johan Ayres Sirkel effek, baie mooi beligting en eenvoud maak vir 'n pragtige foto.
    16 hours ago
  • Tina le Grange Hennie, besonder kunstig; help my asseblief met die voorste "klokkies" in fokus en die agterste nie. 'n Effek wat ek nog moet leer.
    17 hours ago
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Derde foto in die reeks. Hierdie Hibiskus het ongelukkig nie die April 2022 se vloede oorleef nie. Die was ‘n besonderse blom met die diep rooi hart en die skewe stamper (Hennie is ek…
yesterday
  • Tina le Grange Elna soos besondere materiaal effek vir 'n mooi aandrok.
    17 hours ago
  • HERMAN Mooi foto van baie mooi blom
    yesterday
  • Hennie Cronjé Jy is reg - die stamper is rooi en die meeldrade se stuifmeel geel. Dis 'n indrukwekkende foto met al die detail en skerp fokus, asook met mooi kleure. Genoeg om mens mee besig te hou! Baie mooi - ons sien uit ne môre!
    yesterday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Met die een sluit ons die “Blurred Frame Action” van PanosFX af.Ek kan nogal die foto geraam, en alleen teen 'n muur sien hang. Dalk 'n swart muur of dalk wit????????????
yesterday
  • Johan Ayres Klassiek! Sommige foto's werk maar net eenvoudig in wit en swart, hierdie foto is beslis een van hulle.
    16 hours ago
  • Tina le Grange Werklik baie kunstig Elna - veels geluk!!! Ek sien dit ook teen 'n swart muur.
    17 hours ago
  • HERMAN Baie mooi gedoen.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Pragtig! Jy verstom my! Dis baie goed gedoen en regtig mooi en kunstig. Miskien teen 'n swart muur.....
    yesterday
Johan Ayres posted a photo
Hennie, m.b.t. jou vraag by my vorige foto waarom die kop afgensy is - dit is 'n pot wat gebruik word om plante in te plant. Binnenshuis versierders gebruik ook hierdie potte vir plastiek blomme of ander items.
yesterday
  • HERMAN Besig om sy vere reg te maak.
    Mooi foto.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dankie vir die verduideliking. Hierdie foto is interessant met die eend wat aan iets peusel. Ook goed uitgevoer met skerp fokus en goeie beligting en agtergrond. Mooi!
    yesterday
  • Elna Geringer Oulik Johan
    yesterday
JOHAN DE BEER posted a photo
Die prag van Namakwaland se oorvloedige blommeryk.Foto op 'n plaas naby Strandfontein 2020
yesterday
  • Tina le Grange Johan jy roer my uitstien na 2022 se blommetyd; ek hou van die komposisie, goeie diepte, besondere kleure
    17 hours ago
  • HERMAN Moet 'n fees wees om te sien.
    Baie mooi.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Pragtig! Jy laat ons verlang na Namakwaland! Hierdie foto se komposisie is baie goed met die pad effe eksentries. Dit lei ook tot 'n mooi diepte persepsie. Rooi mag dalk bietjie sterk wees, maar verder baie goed en mooi.
    yesterday
  • Elna Geringer Lieflik. Goeie inleiding vir die oog Johan. BGG
    yesterday
  • Johan Ayres 'n Fees vir die oog met 'n baie effektiewe inleidende lyn.
    yesterday
Magda van der Merwe posted a photo
Baie dankie Hennie vir jou kommentaar op gister se foto.Ek het ook gedink die man kon maar uit kom. 
yesterday
  • Tina le Grange Magda, soos 'n kunswerk; baie goed raakgesien en mooi skerp.
    17 hours ago
  • HERMAN Baie mooi weggesteek.
    Amper nie raakgesien nie.
    18 hours ago
  • Elna Geringer Briljant gedoen Magda
    yesterday
  • Hennie Cronjé Interessant hoe die kleure omtrent dieselfde is. Ek moes 'n rukkie soek voor ek die naaldekoker raakgesien het. Dis mooi skerp en vertoon goed. Wat van bietjie crop?
    yesterday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Tweede foto in die reeks.  Vrydag sal ek die geheim uit laat. Enige krits is welkomHahahahaha Hennie, ek vertel DV Vrydag
Wednesday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer.Editor: Die Kannablom ook met  die “Blurred Frame action” van PanosFX gedoen. Ek het die aksie 3 keer gedoen om die raam 3 keer te kan sien
Wednesday
  • Tina le Grange Huey 'n besondere kunstige verwerking. Die kern vorm 'n puik plasing met die res wat "uitwaaier"
    17 hours ago
  • Johan Ayres Kunstig, kleurvol, pragtig.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Sonder Editor se hulp? Dis baie goed gedoen en vorm 'n foto wat beslis aandag trek. Dit vertoon mooi sterk weens die herhaling en helder kleure. Baie mooi en geluk hiermee!
    yesterday
  • Magda van der Merwe Briljant Huey
    yesterday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html