1/5/2020 om 17:26 Nikon CoolPixP900 1/30 sek Fokale lengte 6.2mm f/3.2 ISO:100
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
"Skitterend! Daar is 'n kunstigheid aan hierdie foto wat dit iets besonders maak. Dit het te doen met die ontwerp van die ronde oë wat vaagweg herhaal word deur die vlerke agter. Mooi skerp met pragtige kleure. Baie mooi! Dankie vir die bietjie…"
Insekte is'n wonder wêreld voorwaar...
-
Elna Geringer Hmmmmm, Rooi Perdebytjies????? Seer steek sake hierdie
-
Hennie Cronjé Dis 'n baie mooi toneeltjie met mooi kleure en 'n goeie komposisie. Die skerpte van die fokus op die miere kon 'n fraksie beter gekom het, maar verder baie mooi.
Ek het op hierdie paddatjie af gekom in Umtintweni waar ons gekamp het.Ek het amper aan hom gevat, hy was net daar.
-
Elna Geringer Ekhou van die sagte verwerking Magda. Dis Reënpaddatjies
-
Hennie Cronjé Dis pragtig en baie goed gefotrografeer! Baie mooi skerp met 'n goeie komposisie en mooi kleure. Baie mooi!
-
Liz Die fokus op die outjie met sy kleur voetjies is goed afgeneem. Komposisie hou ek van!
"Liz dis pragtig. Jammer oor jou verlies. Ek het my man verloor die 5de Jan. 2021"
'n Branderfoto van een van Stilbaai se fotograwe wat ek gezoom het. Sluiterspoed was 0,4 sek.
-
Elna Geringer Ek kry ook die "burst" gevoel. Puik gedoen Josef
-
Liz Dis amper’n burst en so kunstig. Geluk!
-
Hennie Cronjé Uitstekend! Dis nou 'n pragtige kunsfoto. Baie goed gedoen!
-
Magda van der Merwe Briljant gedoen Josef. Hou baie van jou foto
"Pragtige foto Liz. Ek is jammer om te hoor van die groot hartseer."
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Port Edward se elekrisiteit is al vir ure af en skoot rekenaar se battery het min tyd oor. Ek sal later kom krit as ons weer elekrisiteit het Canon 7D MK I : Canon 18-200 mm…
-
Liz Hou van die fokus en komposisie. Kleurvol en wow.
-
Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto! Die ranskikking so op 'n vae diagonale lyn is baie goed met die blom as primêr en die geel knoppe die sekomdêres. Die swart agtergrond doen baie vir die foto. Baie mooi!
-
Magda van der Merwe Ek stem met Josef, 10 uit 10 vir die foto Elna dis pragtig
-
Josef Steyn Dis nou 'crisp' verby. Pragtige foto Elna met baie detail en treffende kontras.
Gedurende ons rondryery is ons getrakteer op hierdie toneel (naby Bethlehem). Dit was baie reënerig en mens se natuurlike neiging sou wees om in die huis te bly. Kyk net wat lewer die trotsering van die elemente op!
-
Elna Geringer Lieflik Hennie
-
Liz Die hoepel reg in middel is besonders. Once in a lifetime photo! Die fokus en kleurespel is great .
-
Magda van der Merwe Dis n lieflike foto Hennie.
-
Josef Steyn Besonder treffend. Dit lyk amper asof die reënboog 'n skerm teen die donderwolke vorm. Pragtig Hennie.
-
Elna Geringer Bidsprinkame hou jou besig en ek hou van al die foto's. Puik gedoen Johan
-
Liz So waar’n wenner met die fokus en details!
-
Josef Steyn Ek verstom my net. Pragtig gedoen Johan.
-
HERMAN Pragtige detail,baie mooi skerp .
Lyk my sy het steeds nie "gekraam " nie -
Hennie Cronjé Skitterend! Die beste van almal. Dis ‘n besonder mooi foto met net die regte opskrif. Baie geluk hiemee - dis ‘n fees vir die oog!
Dis een van Freek se foto's, wat ek verwerk het met n waterkwas.Baie dankie vir die mooi komplemente op my foto's, waardeer baie julle.
-
Elna Geringer Baie goed gedoen Magda. Jy mag maar die tioe verwerkings hanteer
-
Liz Kan amper Alfred Hitchcock hier sien direct!
Of selfs die aksie van Wolraad Woltemare sien!! -
Josef Steyn 'n Goeie foto met topklas verwerking om baie drama in te bring.
-
Hennie Cronjé Jammer oor die kommentaar hieronder. Dit was vir Johan de Beer bedoel. Ek weet regtig nie hoe dit hier geland het nie. Nietemin, jou foto is pragtig. Dis ‘n baie suksesvolle kunswerk met ‘n goeie komposisie. Beide die lig en kleure is pragtig. Baie…
-
Hennie Cronjé Pragtig! Jy het ‘n sterk voorgrond ingebou met treffende diepte agtertoe. Die lig val baie mooi op die toneel met ryk kleure. Mooi skerp ook regdeur. Baie mooi en goed gedoen!
Vreedsaam net voor sononder
-
Elna Geringer Rustige harmonie en goeie balans maak die foto 'n wenner. BGG Johan
-
Liz Dit lyk so rustic en rustig. Die sondtrale speel pragtig saam.
-
Josef Steyn Die pragtige lig en sterk voorgrond maak die foto Johan. Baie mooi eenvoud ook.
-
HERMAN Rustige atmosfeer,mooi kleure
-
Hennie Cronjé Pragtig! Jy het ‘n sterk voorgrond ingebou, wat treffende diepte gee agtertoe. Die lig val baie mooi op die toneel met mooi ryk kleure. Ook mooi skerp regdeur. Baie goed gedoen!
-
Magda van der Merwe Johan dis presies wat jou foto deur gee, pragtige foto
Crab spider eating his catch
-
Elna Geringer Uitstekend Liz
-
Josef Steyn Uitstekende makro Liz.
-
Magda van der Merwe Sjoe dis baie mooi en goed geneem
-
JOHAN DE BEER Pragtige makrofoto
-
Hennie Cronjé In haar ander foto het ek aan die Fotoskolers gesê Liz het insek fotografie ongeveer 9 jaar gelede hier op Fotoskool begin. Hierdie foto toon 'n besondere gebeurtenis waar die spinnekoppie sy prooi geniet. Die komposisie is goed sonder enige…
Laat middag Son sak
-
Josef Steyn Welkom terug Liz en met 'n pragtige foto!!
-
Magda van der Merwe Baie mooi foto
-
Hennie Cronjé Welkom terug Liz! Net vir die Fotoskolers: Liz het insek-fotografie op Fotoskool begin ongeveer 9 jaar gelede. Hierdie foto is pragtig, met mooi kleure. Aangesien die voorgrond taamlik groot is, kan jy oorweeg om bietjie onder en links af te sny.…
-
Elna Geringer Ek ditto met alles reeds genoem Jan
-
Liz Baie mooi aksie foto met wow fokus!
-
Josef Steyn Topklas Jan.
-
Magda van der Merwe Briljant Jan
-
JOHAN DE BEER Baie goeie foto jan
-
Hennie Cronjé Pragtig en sierlik! Baie goed gedoen in alle opsigte. Mooi!
Op 'n naburige plaas het ons hierdie komberse gesien by werkershuisies - in die reën!
-
Elna Geringer Dit verbaas my altyd dat hulle so getrou komberse was, al is water so 'n groot probleem by hulle. Dankie dat jy wys Hennie
-
Josef Steyn Wat 'n kleurvolle foto. Geluk met die manier waarop dit saamgestel is. Baie mooi Hennie.
-
Johan Ayres Kleurvol - die foto, die blomme en die komberse. Baie mooi raakgesien.
-
Magda van der Merwe Kleurvolle foto Hennie
-
JOHAN DE BEER Baie mooi en kleurvol
-
Liz Baie interessante kombinasie! Prag fotos en rerig mooi kleurvol
Comments
Sal dit gerus probeer.