Een van die grootste uitdagings was voldoende velddiepte, veral omdat 'n sluiterspoed van 1/2500 en vinniger benodig was. Ek het in skerp direkte sonlig gewerk. Vir hierdie foto het ek f13, 1/2500 en ISO 6400 gebruik. Vooraf handfokus. Aanvanklik het ek die drupper vryhand hanteer maar ek kon nie voldoende herhaalbaarheid kry t.o.v. die plek waar die druppels geval het nie. Velddiepte van die makrolens was te vlak om daardie variasie te hanteer. Later het ek die drupper vasgeklem. Dit het beter gewerk maar daar was nogtans variasie. Sal 'n beter plan moet bedink.
Hennie jou opmerking oor die rooi randjie. Dit is by baie van die foto's, veral waar ek die bewerking tot sy limiete gedryf het. Ek is nie seker dat dit chromatiese abberrasie is nie maar ek het nie 'n verklaring nie. Met die graad waartoe ek die bewerking gedryf het is enigiets moontlik.
Comments