B Swart agtergrond

Die twee verskillende agtergronde skep duidelik twee heeltemal uiteenlopende foto's.

Persoonlik verkies ek die swart agter, seker omdat ek meer gewoond is daaraan...

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Baie dankie JJ; ek leer saam
    Die wit agtergrond gee wel vir my my 'n vrolike gevoel in vergelyking met die swart, maar uit 'n fotografie-oogpunt verstaan ek die ander se kommentaar.
  • Die swart agtergrond wen ook my stem JJ. Ek stem 100% saam met Johan en het dit ook al in my eie fotografie ervaar. Swart werk goed maar daar is tye wat dit net nie lekker werk nie. Dankie vir die twee vergelykende foto's. So leer ons by mekaar
  • Beide foto's is vir my pragtig. As ek moet kies, kies ek ook die foto met die swart agtergrond, om die reeds genoemde voor die hand liggende redes. My volgende opmerking is nie gemik op jou foto nie, net 'n klip in die bos wat ek ervaa met my eie foto's. My foto's met die swart agtergrond gee beter kontras, maar al die foto's kan nie swart agtergronde hê. Ek beleef dit met my eie foto's, een of twee foto's met swart agtergronde is mooi, maar daarna voel dit vir my al my foto's lyk dieselfde. Soos ek sê, dit is nie 'n refleksie op jou foto nie, dit is eintlik bedoel as 'n besprekingspunt waaroor ons kan praat.
  • Hou meer van die swart agtergrond
  • Albei jou foto's is goed uitgevoer met skerp fokus en goeie eenvoud. Die swart agtergrond werk beter. Met die wit agtergrond kom die skerp fokus nie so goed oor nie. Dit lyk ook asof die beligting daar moeilik was. Met die swart agtergrond het alles mooi uitgekom. Baie dankie vir hierdie vergelyking. Ek vind dit regtig interessant en leersaam.
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Tina le Grange posted photos
2 hours ago
Zenobia Geldenhuys posted a photo
2 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Die verwerking is werklik uitstekend uitgevoer. Hierdie foto is 'n fees vir die oog. Baie geluk hiermee!
    1 minute ago
Liz posted a photo
Ek het hope geleenthede gehad om die Pelicans af te neem. Hul was so mak en bang vir niks!
6 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig met baie mooi aksie. Alles is reg uitgevoer met mooi eenvoud en agtergrond. Baie mooi!
    2 minutes ago
Liz posted a photo
Northern lights. Dankie vir jul kuiertjies hier!
6 hours ago
  • Hennie Cronjé Ek glo hierdie is die eerste foto van Noorderligte hier op Fotoskool. Dis pragtig, maar miskien moes jy bietjie wyer geskiet het. Baie dankie hiervoor!
    3 minutes ago
Elna Geringer posted a photo
 Baie dankie Hennie en Liz dat julle moeite gedoen het om by my foto te vertoef, ek waardeer dit. Hier is nog ‘n “Kaleidoscope” van ‘n geel blommetjie en ek het die aksie in GIMP gedoen   
7 hours ago
  • HERMAN Mooi gedoen
    3 minutes ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n baie goeie kaleidoskoop verwerking. Die helder lig in die sentrum is baie goed gedoen en gee lewe aand ie beeld. Baie mooi!
    5 minutes ago
  • Liz Elna jou creativity ken geen perke! So sterk kleure mengsel is pragtig!
    6 hours ago
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie Johan, Pine en Hennie wat by my foto vertoef het, ek waardeer dit. Hierdie hek het ons in Chlochester naby die strand gesien. Geen duidelikheid wat die rede vir  dit is nieCanon 50SX HS PowershotBrandpuntafstand : 41.07 mmTyd 1/320…
7 hours ago
  • Hennie Cronjé Dit lyk my die geskiedenis hiervan lê regs onder en roes! Jy het 'n mooi foto daarvan gemaak, maar ek wonder of mens nie meer na die wyehoek kant moes gaan nie? Die idee sou dan wees om die hek sonder heinings in 'n groot ruimte te toon. Dit kon…
    6 minutes ago
  • Liz Ek hou van die subtle gevoel! Iets anders.
    6 hours ago
Magda van der Merwe posted a photo
Die ou grote se tande was baie groot.
8 hours ago
  • Liz Lyk amper soos skildery ! Great shot.
    6 hours ago
  • Elna Geringer Die Thembi olifante is bekend daaarvoor dat hulle baie lang en groot tande dra
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n pragtige en indrukwekkende olifant! Dit staan baie mooi sterk uit teenoor die agtergrond. Die kleiner olifant in die agtergrond is 'n goeie sekondêr. Twee dinge pla egter bietjie. Die eerste is die effense blur aan die onderkant van die grote…
    7 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
11 hours ago
  • HERMAN Baie mooi gedoen
    5 minutes ago
  • Tina le Grange Pragtige Skoenlapper Jan - mooi in fokus en die helder blommetjie gee ekstra woema.
    1 hour ago
  • Liz Uitstekend vasgevang met goeie fokus en detail!
    6 hours ago
  • Elna Geringer Ek stem 100% saam met Hennie. Dis puik gedoen Jan
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Hierdie is 'n skitterende foto - topklas! In alle opsigte is dit baie goed uitgevoer en verwerk. Die komposisie is ook baie goed. Baie geluk met nog 'n uitstekende foto!
    8 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
11 hours ago
  • HERMAN Baie mooi
    5 minutes ago
  • Tina le Grange Jan die swart en wit met uitstekende kontras en liggie in die ogie is puik!
    2 hours ago
  • Liz Baie besonders en n wenner vir my!
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig - iets besonders! Die lig op die voël is wonderlik en bring besonder mooi effekte en kontraste uit. Die ogie wat goed wys is belangrik as fokuspunt. Verder is die halo om die vlerk en die mooi vere van die stert besondere aspekte van die…
    8 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie swamme is redelik algemeen en maak altyd sterk indruk. Hier het ek 'n swart doek agter geplaas weens 'n lastige natuurlike agtergrond.Ons toertjie na Lesotho die afgelope naweek het baie goed afgeloop. Die tyd het ons egter ingehaal en…
11 hours ago
  • HERMAN Die swam staan baie mooi uit teen die agtergrond
    7 minutes ago
  • Tina le Grange Skitterend Hennie - alles werk pragtig saam. Dankie vir jou Lesotho-inligting.
    2 hours ago
  • Liz Dit maak n prag foto en vang oog dadelik
    6 hours ago
  • Elna Geringer Die rak swamme maak baie mooi foto's. BGG Hennie
    7 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Ek ken 'n "Drive Through" by 'n kitskos restaurant, maar hierdie lyk vir my soos "Fly Through."
20 hours ago
  • HERMAN Baie mooi
    6 minutes ago
  • Liz Ek het ook hope pret om die bytjies af te neem. Die shot is great!
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Ja, jy is reg met jou opmerking. Dis werklik 'n pragfoto! Ek hou veral van die by se versigtige aanraking van die plant en sy vlerkies. Dis regtig baie mooi en goed uitgevoer.
    11 hours ago
JJ posted a photo
Hier het hy aan die blommetjie van die Lavenderbos vasgebyt.
23 hours ago
  • Liz Bye is pret om af te neem. Detail is pragtig vasgevang,
    6 hours ago
  • Elna Geringer Beide die bytjie foto's is pragtig JJ. Ek haal my hoed af vir julle wat die makro vs insekte so perfek doen
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Hierdie agtergrond is veel beter as in jou ander foto, aangesien die nie so sterk aandag trek nie en meer natuurlik lyk. Dis 'n pragtige foto. Die detail, kleure en skerpte maak indruk. Ook 'n goeie komposisie met goeie eenvoud en kontras. Baie mooi!
    11 hours ago
  • Johan Ayres Net so pragtige en skitterene foto. Weereens pragtig skerp. Ek hou van die lavender se kleur wat in die oog herhaal en ook tot 'n mindere mate in die agtergrond. Alles werk hier pragtig saam vir 'n foto waarop jy regtig trots kan wees.
    21 hours ago
JJ posted a photo
Ek verstaan hulle byt so vas en slaap so.Foto's wat ek in Maart geneem het, en nou eers weer verwerk het.  Hierdie een het aan die stammetjie vasgebyt.
23 hours ago
  • HERMAN Mooi skerp met pragtige detail
    9 minutes ago
  • Liz Uitstekende foto
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! In alle opsigte is hierdie foto baie goed uitgevoer, met 'n goeie komposisie. Die agtergrond is nie te waffers nie - 'n ligte groenerigheid sou beter gewerk het. Maar dit is ten spyte daarvan 'n baie mooi en goeie foto!
    11 hours ago
  • Johan Ayres Super superskerp met pragtige kleure en uitsonderlike detail. Ek hou van die eenvoud en die diagonale komposie.
    21 hours ago
  • Tina le Grange JJ hierdie treffende foto herinner my aan ons, ook treffende Sondag-boodskap oor bye; skitterend in geheel.
    22 hours ago
Tina le Grange posted a photo
17/11/21 in 13:05  (ongelukkig op die middag)  1/125 sek  Fokale lengte 22.3mm  f/4.0  ISO:100Die agtergrond hier is 'n geverfde muur.Baie dankie vir julle kommentaar by die see-voëljie - JJ dankie vir jou wenk om die uit-fokus korrek te kloon met…
yesterday
  • Elna Geringer Mooi gedoen Tina. Jy moet dalk net vir eksperiment onthalwe die agter grond swart maak en kyk hoe vertoon die blommetjie dan
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Hierdie foto is baie goed uitgevoer, maar 'n donkerder agtergrond (soos swart) sou waarskynlik beter gewerk het. Daar is niks met hierdie agtergrond verkeerd nie, maar die kontras tussen voor- en agtergrond is aan die lae kant. Andersinds…
    11 hours ago
  • Liz Wow dis great 😊 kleur en druppels wow 🤩
    21 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
yesterday
  • Elna Geringer Baie goeie aksie gekry Jan
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Mooi skerp met goeie beligting. Die detail in die swart is goed sigbaar. Baie mooi eenvoud en kontras. Goed gedoen!
    11 hours ago
  • Liz Uitstekende foto. Aksie en fokus great 😊
    21 hours ago
  • Johan Ayres Jy is lief vir hierdie tipe foto's en jy voer hulle met onderskeiding uit. Sjoe, hierdie een is pragtig met baie mooi kleure en kontras. Jy het skitterend gedoen met die detail in die swart.
    21 hours ago
  • Tina le Grange Skitterend Jan; veels geluk!! Gebruik jy in so 'n geval jou kamera se skerm of deur die oog?
    22 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
Vrugtevlieg 
yesterday
  • Hennie Cronjé Dit lyk asof hy regmaak om weg te vlieg. Dis 'n pragtige foto wat jy regtig baie goed uitgevoer het. Die kleure is veral baie mooi, met 'n goeie komposisie. Baie mooi!
    12 hours ago
  • Liz Goeie shot 🤩
    21 hours ago
  • Johan Ayres Puik foto met pragtige kontras en detail.
    21 hours ago
  • Tina le Grange Jan - weer eens puik; baie goeie eenvoud, skerp fokus en swart agtergrond.
    22 hours ago
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html