B Swart agtergrond

Die twee verskillende agtergronde skep duidelik twee heeltemal uiteenlopende foto's.

Persoonlik verkies ek die swart agter, seker omdat ek meer gewoond is daaraan...

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Baie dankie JJ; ek leer saam
    Die wit agtergrond gee wel vir my my 'n vrolike gevoel in vergelyking met die swart, maar uit 'n fotografie-oogpunt verstaan ek die ander se kommentaar.
  • Die swart agtergrond wen ook my stem JJ. Ek stem 100% saam met Johan en het dit ook al in my eie fotografie ervaar. Swart werk goed maar daar is tye wat dit net nie lekker werk nie. Dankie vir die twee vergelykende foto's. So leer ons by mekaar
  • Beide foto's is vir my pragtig. As ek moet kies, kies ek ook die foto met die swart agtergrond, om die reeds genoemde voor die hand liggende redes. My volgende opmerking is nie gemik op jou foto nie, net 'n klip in die bos wat ek ervaa met my eie foto's. My foto's met die swart agtergrond gee beter kontras, maar al die foto's kan nie swart agtergronde hê. Ek beleef dit met my eie foto's, een of twee foto's met swart agtergronde is mooi, maar daarna voel dit vir my al my foto's lyk dieselfde. Soos ek sê, dit is nie 'n refleksie op jou foto nie, dit is eintlik bedoel as 'n besprekingspunt waaroor ons kan praat.
  • Hou meer van die swart agtergrond
  • Albei jou foto's is goed uitgevoer met skerp fokus en goeie eenvoud. Die swart agtergrond werk beter. Met die wit agtergrond kom die skerp fokus nie so goed oor nie. Dit lyk ook asof die beligting daar moeilik was. Met die swart agtergrond het alles mooi uitgekom. Baie dankie vir hierdie vergelyking. Ek vind dit regtig interessant en leersaam.
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Elna Geringer commented on Liz's photo
"Jou seun kon maar trots wees op sy Mamma. Lieflik Liz"
37 minutes ago
Hennie Cronjé commented on Liz's photo
"Skitterend! Daar is 'n kunstigheid aan hierdie foto wat dit iets besonders maak. Dit het te doen met die ontwerp van die ronde oë wat vaagweg herhaal word deur die vlerke agter. Mooi skerp met pragtige kleure. Baie mooi! Dankie vir die bietjie…"
55 minutes ago
Liz posted a photo
Insekte is'n wonder wêreld voorwaar...
1 hour ago
  • Elna Geringer Hmmmmm, Rooi Perdebytjies????? Seer steek sake hierdie
    39 minutes ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n baie mooi toneeltjie met mooi kleure en 'n goeie komposisie. Die skerpte van die fokus op die miere kon 'n fraksie beter gekom het, maar verder baie mooi.
    50 minutes ago
Magda van der Merwe posted a photo
Ek het op hierdie paddatjie af gekom in Umtintweni waar ons gekamp het.Ek het amper aan hom gevat, hy was net daar.
1 hour ago
  • Elna Geringer Ekhou van die sagte verwerking Magda. Dis Reënpaddatjies
    38 minutes ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig en baie goed gefotrografeer! Baie mooi skerp met 'n goeie komposisie en mooi kleure. Baie mooi!
    52 minutes ago
  • Liz Die fokus op die outjie met sy kleur voetjies is goed afgeneem. Komposisie hou ek van!
    1 hour ago
Magda van der Merwe commented on Liz's photo
"Liz dis pragtig. Jammer oor jou verlies. Ek het my man verloor die 5de Jan. 2021"
1 hour ago
Josef Steyn posted a photo
'n Branderfoto van een van Stilbaai se fotograwe wat ek gezoom het. Sluiterspoed was 0,4 sek.
1 hour ago
  • Elna Geringer Ek kry ook die "burst" gevoel. Puik gedoen Josef
    38 minutes ago
  • Liz Dis amper’n burst en so kunstig. Geluk!
    47 minutes ago
  • Hennie Cronjé Uitstekend! Dis nou 'n pragtige kunsfoto. Baie goed gedoen!
    53 minutes ago
  • Magda van der Merwe Briljant gedoen Josef. Hou baie van jou foto
    1 hour ago
Josef Steyn commented on Liz's photo
"Pragtige foto Liz. Ek is jammer om te hoor van die groot hartseer."
2 hours ago
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit.  Port Edward se elekrisiteit is al vir ure af en skoot rekenaar se battery het min tyd oor. Ek sal later kom krit as ons weer elekrisiteit het Canon 7D MK I : Canon 18-200 mm…
2 hours ago
  • Liz Hou van die fokus en komposisie. Kleurvol en wow.
    45 minutes ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto! Die ranskikking so op 'n vae diagonale lyn is baie goed met die blom as primêr en die geel knoppe die sekomdêres. Die swart agtergrond doen baie vir die foto. Baie mooi!
    53 minutes ago
  • Magda van der Merwe Ek stem met Josef, 10 uit 10 vir die foto Elna dis pragtig
    1 hour ago
  • Josef Steyn Dis nou 'crisp' verby. Pragtige foto Elna met baie detail en treffende kontras.
    2 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Gedurende ons rondryery is ons getrakteer op hierdie toneel (naby Bethlehem). Dit was baie reënerig en mens se natuurlike neiging sou wees om in die huis te bly. Kyk net wat lewer die trotsering van die elemente op!
4 hours ago
  • Elna Geringer Lieflik Hennie
    35 minutes ago
  • Liz Die hoepel reg in middel is besonders. Once in a lifetime photo! Die fokus en kleurespel is great .
    43 minutes ago
  • Magda van der Merwe Dis n lieflike foto Hennie.
    1 hour ago
  • Josef Steyn Besonder treffend. Dit lyk amper asof die reënboog 'n skerm teen die donderwolke vorm. Pragtig Hennie.
    2 hours ago
Johan Ayres posted a photo
15 hours ago
  • Elna Geringer Bidsprinkame hou jou besig en ek hou van al die foto's. Puik gedoen Johan
    34 minutes ago
  • Liz So waar’n wenner met die fokus en details!
    42 minutes ago
  • Josef Steyn Ek verstom my net. Pragtig gedoen Johan.
    2 hours ago
  • HERMAN Pragtige detail,baie mooi skerp .
    Lyk my sy het steeds nie "gekraam " nie
    8 hours ago
  • Hennie Cronjé Skitterend! Die beste van almal. Dis ‘n besonder mooi foto met net die regte opskrif. Baie geluk hiemee - dis ‘n fees vir die oog!
    8 hours ago
Magda van der Merwe posted a photo
Dis een van Freek se foto's, wat ek verwerk het met n waterkwas.Baie dankie vir die mooi komplemente op my foto's, waardeer baie julle.
19 hours ago
  • Elna Geringer Baie goed gedoen Magda. Jy mag maar die tioe verwerkings hanteer
    34 minutes ago
  • Liz Kan amper Alfred Hitchcock hier sien direct!
    Of selfs die aksie van Wolraad Woltemare sien!!
    40 minutes ago
  • Josef Steyn 'n Goeie foto met topklas verwerking om baie drama in te bring.
    2 hours ago
  • Hennie Cronjé Jammer oor die kommentaar hieronder. Dit was vir Johan de Beer bedoel. Ek weet regtig nie hoe dit hier geland het nie. Nietemin, jou foto is pragtig. Dis ‘n baie suksesvolle kunswerk met ‘n goeie komposisie. Beide die lig en kleure is pragtig. Baie…
    8 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Jy het ‘n sterk voorgrond ingebou met treffende diepte agtertoe. Die lig val baie mooi op die toneel met ryk kleure. Mooi skerp ook regdeur. Baie mooi en goed gedoen!
    8 hours ago
JOHAN DE BEER posted a photo
Vreedsaam net voor sononder 
19 hours ago
  • Elna Geringer Rustige harmonie en goeie balans maak die foto 'n wenner. BGG Johan
    33 minutes ago
  • Liz Dit lyk so rustic en rustig. Die sondtrale speel pragtig saam.
    39 minutes ago
  • Josef Steyn Die pragtige lig en sterk voorgrond maak die foto Johan. Baie mooi eenvoud ook.
    2 hours ago
  • HERMAN Rustige atmosfeer,mooi kleure
    8 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Jy het ‘n sterk voorgrond ingebou, wat treffende diepte gee agtertoe. Die lig val baie mooi op die toneel met mooi ryk kleure. Ook mooi skerp regdeur. Baie goed gedoen!
    8 hours ago
  • Magda van der Merwe Johan dis presies wat jou foto deur gee, pragtige foto
    19 hours ago
Liz posted a photo
Crab spider eating his catch 
21 hours ago
  • Elna Geringer Uitstekend Liz
    32 minutes ago
  • Josef Steyn Uitstekende makro Liz.
    2 hours ago
  • Magda van der Merwe Sjoe dis baie mooi en goed geneem
    19 hours ago
  • JOHAN DE BEER Pragtige makrofoto
    19 hours ago
  • Hennie Cronjé In haar ander foto het ek aan die Fotoskolers gesê Liz het insek fotografie ongeveer 9 jaar gelede hier op Fotoskool begin. Hierdie foto toon 'n besondere gebeurtenis waar die spinnekoppie sy prooi geniet. Die komposisie is goed sonder enige…
    20 hours ago
Liz posted a photo
Laat middag Son sak
21 hours ago
  • Josef Steyn Welkom terug Liz en met 'n pragtige foto!!
    2 hours ago
  • Magda van der Merwe Baie mooi foto
    19 hours ago
  • Hennie Cronjé Welkom terug Liz! Net vir die Fotoskolers: Liz het insek-fotografie op Fotoskool begin ongeveer 9 jaar gelede. Hierdie foto is pragtig, met mooi kleure. Aangesien die voorgrond taamlik groot is, kan jy oorweeg om bietjie onder en links af te sny.…
    20 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
21 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Op 'n naburige plaas het ons hierdie komberse gesien by werkershuisies - in die reën!
yesterday
  • Elna Geringer Dit verbaas my altyd dat hulle so getrou komberse was, al is water so 'n groot probleem by hulle. Dankie dat jy wys Hennie
    31 minutes ago
  • Josef Steyn Wat 'n kleurvolle foto. Geluk met die manier waarop dit saamgestel is. Baie mooi Hennie.
    2 hours ago
  • Johan Ayres Kleurvol - die foto, die blomme en die komberse. Baie mooi raakgesien.
    15 hours ago
  • Magda van der Merwe Kleurvolle foto Hennie
    19 hours ago
  • JOHAN DE BEER Baie mooi en kleurvol
    19 hours ago
  • Liz Baie interessante kombinasie! Prag fotos en rerig mooi kleurvol
    21 hours ago
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html